header image
 

Vir die koue dag

Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die Kaapse mark te gaan kyk vir ‘n plaasvervanger.
Daar aangekom, kry hy vir Gatiep wat ‘n haantjie te koop aanbied.
“Hierdie haantjie is soos Outsurance - hy dek alles” beduie Gatiep,en Boer koop hom toe.
Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi, en soos Gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in ‘n oogwink draf hy al die henne deur.
Toe boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene, en boer is sommer baie tevrede met sy kopie.
Toe hy later gaan melk kry hy sowaar vir haantjie by die koeie doenig.
Toe die skape later kraal toe kom, vaar hy tussen hulle in.
Die boer is sommer baie in sy skik met hierdie haantjie. Maar die volgende oggend kom ou Simon by die boer and deel hom mee dat haantjie dood le in die veld. Hy wys na waar die aasvoels dan ook reeds al draai.
Die boer is sommer baie hartseer, en hy en Simon stap soontoe om vas te stel wat met haantjie gebeur het.
Toe hulle naby kom, lig haantjie sy kop en fluister: “Gaan weg, ek’s OK. Ek wag net vir daardie aasvoels om te land…”

 

Die nuwe ingilse juffrou op Porterville, stap die klas binne.  Die kaalvoet klas sit en hou haar semi-verskrik dop. 

“Good morning class” se sy.  Net een mannetjie met so ‘n koeilek-kuif spring op, en se terug:  “goed mornieng mus” 

“Why are you the only one to greet me?” vra die juffrou verbaas.

 ”biekoz i ies die ounlie whan wiv de nym Klaas, mus’

 

 Wat het ‘n krismis boom en ‘n priester in gemeen?

Beide het balle vir dekorasie.

  

How do you find a blind man in a nudist colony?

It’s not hard!

 

 Teacher:  Sipho, your composition on MY DOG is exactly the same as your brother’s composition.  Did you copy his composition?

 Sipho:  No madam, it’s the same dog!

 

Message from dating service on man’s computer:  Your ad has been running for 6 full years now, without any response.  Would you like us to try it for one more week without the photo?

 

Kind by die dieretuin:  Juffrou, wat maak daardie twee apies?

Juffrou:  Hulle maak ‘n baba.

Kind:  Wanneer kom die baba, juffrou?

Juffrou:  Eers oor nege maande.

Kind:  Nou hoekom is die agterste apie dan so haastig?

As mens doodgaan

Dinge gebeur in drie.  Dis sowaar soos ek leef. 

En drie is ook my gunsteling getal.

Twee mense wat ek geken het, is begrawe vroeger die jaar.  Die derde, ‘n suster van my ouma, is Donderdag nag oorlede.

Ek onthou haar vir 3 dinge.  Daar was iewers in haar huis in Paul Krugerstraat, ‘n poster van ‘n kind op ‘n hoop piesangs.  Dit het my altyd fassineer.  Die vreeslike klomp piesangs. 

Verder het ek soms na skool daarheen gegaan om vir my ma te wag.  Sally, die bediende, het die rooi voorstoep altyd so glad gepolitoer, en mens moes oordeelkundig trap, om nie op jou stert te gaan sit nie, en in die somer was die huis koel en donker, en sy en die oom het vir ‘n middag slapie gegaan terwyl ek huiswerk gedoen het, of deur haar boeke geblaai het.  (Sy en MER was vriendinne)

En dan was daar die blink blikke met die semelbeskuit.  Altyd was daar semelbeskuit in daai blink blikke.  Vierkant blikke met sulke ronde deksels.  Sy’t altyd gese daar was eens op ‘n tyd, roomys in daardie blikke.  Romerige vanilla geur, binne-in ‘n plastiek sak.  Binne-in die blik.

Nou is sy ook op ‘n rype ouderdom dood.  ‘n Vol, betekenisvolle lewe gehad.  ‘n Beminde mens gewees.  Sommer ‘n ouma vir my, want ek maak oumas en weggooi katte bymekaar.

Ek wonder wat van ons word as ons dood is.  Op aarde sien ons altyd so uit om weer ons geliefdes in die hemel te sien.  Maar gaan jy na jou ouers toe, of na jou man/vrou/kinders. 

En jou ouers?  Sou hulle na hulle ouers wou gaan?  Die siklus van kind na grootmens na oumens na kind, het ek al baie waargeneem.  Waar oumense naby hulle einde, weer van hulle ma en pa praat.  Asof hulle nooit ‘n patriarg of matriarg was nie.  Asof daar nie kleinkinders met hulle bloed en hulle name rondloop nie.

Of loop ons by mekaar verby, almal met eternal smiles, en iewers in jou agterkop, wil-wil die persoon vir jou bekend lyk.

MISKIEN OOK SAL ONS STERWE

Miskien ook sal ons sterwe

en iewers ruggelings stort,

dat hierdie helder aarde

in ons verdonker word

 

Miskien sal niemand later

mooi dinge van ons weet,

en nerens sin te kry wees

in al ons stryd en leed,

 

sal elkeen as hy magtloos naby die sterwe le,

net hierdie eensame wete

uiteindelik nog he:

 

dat ons nie kon gebuig word

soos hul geweld dit wou,

en dat ons hoog kon lewe

net aan ons bloed getrou.

-NP van Wyk Louw

 

Rus sag, almal wat ek geken het.  Maar dit is nou soort-van genoeg mense verloor vir een jaar. 

Dis alweer Anna Davel. En Sarah Theron.

Saterdag se rugby het ek onder die duvet gekyk.  Met sluimerslapies in die eerste half.  Dis hoe absoluut lui ons was voor die naweek vlamgevat het.

Vrydag in die Spar sien ek vir Anna D op die cover van ‘n magazine.  (kom ‘n deel van die sin nie uit ‘n song nie?  Die wind waai my sinusse toe vanoggend;  ek kan nie dink nie.)  Anna pryk op De Kat se voorblad.  Die tydskrif wat ek belowe het om NOOIT weer te koop nie, want meer as 50% van my subs het ‘verdwyn met die 1999/2000 oorgang’ - dit was hulle verskoning op my navrae.  So, De Kat was die enigste instansie wat geraak was deur die millenium oorgang.  En Skoor besluit:  fok hulle, ja, ek was moerrrrrig, ek sal dit nooit weer koop nie, en mense afraai sover ek gaan.

Dis mos maar wat mens doen as iemand jou geld steel.  En dit was wat De Kat gedoen het.  Ek het betaal, en nie die produk gekry nie.  One very unhappy customer.  En hellopeter.com het toe nognie bestaan nie.

Anyway, hier is Anna op De Kat, en ek neem die boek op, en lees van hoe sy konsert gehou het vir die arm witmense in plakkerskampe, en ek sien prentjies van ‘n ou tannie wat in ‘n watertenk woon, en blonde dogtertjies met vuil gesiggies.  En ek dink aan my braai brief op my blog, en net daar koop ek die De Kat!

Net sodat ek seker kan maak ek komplimenteer die kunstenaar nie verniet, of miskien te min nie.  Here goes:  Dankie A.  Ek het altyd gedink jy het ‘n special hart.  Nou het jy dit gewys.  Welgedaan.  En dankie dat jy nie skaam is om jou deel te doen vir die blanke armoediges nie!

(Ek soek die vorige uitgawe van De Kat asb.  Blykbaar het die storie daarin begin.  Enigiemand?)

Dis nie te laat om te help nie mense, die getal blankes wat in plakkerskampe woon, is oor die 400 000.  Die regering gaan NIE na hulle kyk nie.  Die armblanke vraagstuk gaan nie deur groot name soos M.E.R. geopper word nie.  Laat ons hulle nie verstoot en vergeet nie.  As ons honger is, gaan eet ons uit, of maak die yskas oop.  Wat doen ‘n ou tannie wat in ‘n donnirse watertenk woon??  Gee jou ou klere, komberse, meubels.  Dit flippen help iemand wat niks het nie.

Saterdag, na die rugby en voor die slaap, moes ons Sarah Theron gaan kyk.  Nie moes nie, ons het kaartjies gehad.  Maar Skoor was maar sleepvoet.  Ek was nie regtig lus nie.

SARAH THERON ROCKS!  Wat meer kan ek se.  Sy laat die ys in my Jack vinniger smelt.  Sy sing ‘n poort deur die koue.  Die sterre skyn helderder en die reen val sommer met nuwe ritmes.

Haar vertolkings van ‘Dankie, Fire, en I can see clearly ‘(met ‘n Negro Spiritual aanslag) was stunning.  Ek is ‘n Laurika fan, en haar song saam met Wouter van de Venter, Soos ou vriende, was altyd vir my vreeslik lekker om na te luister.  Toe kom Sarah, en ruk die song uit haar hoed, en ‘move over Laurika’, hier is SARAH!  Jis, dit was so goed gedoen.

Maar.  Prince se Purple Rain het nog nooit, en ek meen NOG NOOIT so goed geklink soos gesing deur hierdie vrou nie.  Selfs hy kan gaan slaap.  Dit was ongelooflik.  Ek is gerob van my woorde.  Ek was op my voete toe die song eindig.  WOW!

Sarah, asseblief, google jou eie naam, en lees hier dat ons hierdie songs op CD soek.  Asseblief, iemand wat met haar kontak het, laat sy hiervan kennis neem!  Die vrou kan sing.  Dis nou maar so.  Sy hoort op wereld stages.  Sy sal die manne laat kriewel, en die vroue jaloers maak. 

Flippen Amazing, Sarah Theron.  Flippen Amazing, Anna Davel.

Julle rock!  (Moet tog nou netnie pregnant staan en raak en baby songs op julle albums sit nie, want dit sucks)

 

 

 Your face on the cover of a magazine - Roxette.  How do you do.  Die kop werk nog.  Soms.

Melk in die Groentewinkel

Eergister stap ek in Fruit & Veg, op soek na vars tamaties, sodat ek my eie tamatiesous kan kook.

Nou daai plek neuk met die gewone mens se brein, want jy sien hoe reageer mense op hulle specials van 3 for R10.  Maar jy het regtig net 1 nodig.  Maar die advertensie skree 3 for R10, so jy laai 3 in en mors R6.6666 in die proses. 

Voor my in die gang staan ‘n gestremde persoon - Huis Horison op Stellenbosch, is hulle tuiste.  Daar waar die spesiale mensies woon, werk en bestaan.  Hulle gaan gereeld dorp toe om iets lekkers en die nodige dingetjies te gaan kry.  Inwoners sien hulle gereeld in die dorp beweeg.  Hulle sal jou altyd as ‘tannie’ of ‘oom’ aanspreek, al is jy soms twee maal jonger as hulle.  Verlede week het twee netjies gekleede swartmans een van hulle aangeval, terwyl hy op pad was terug na die tehuis.  Hy is verskeie kere met ‘n mes gesteek.  Hoeveel meer traumaties moet so ‘n ervaring nie vir ‘n persoon soos hy gewees het nie.  Wat nie verstaan nie.  (Nie dat ons verstaan nie…)

Die outjie staan met ‘n vreeslike frons.  Die bord se R10.  Buy 2 get 1 free.  Sakkies melk.  En hy wil melk he, maar die bord neuk met sy brein, en die rakpakker help nie juis nie, want sy dring aan hy neem 2.  Ek stap nader en skertsend vertel ek hom dat melk goed is vir hom, en as hy lus is daarvoor, moet hy nie huiwer nie.

‘Maar tannie, ek het net R5′

Tannie haal R5 uit haar beursie, die man kan nie glo dat die tannie hom gaan help nie.  ‘Gaan tannie regtig vir my R5 gee?’  Sy gesig straal.  Ek help hom die melksakkies kies - volroom of lae vet?   Hy ken nie die verskil nie. 

Hy is so verbouereerd oor my hulp, hy storm na die ingang om te betaal, vlieg om toe hy sien sy roete loop dood en gaan na die teller.

Ek sien hom inklim in die bussie, hy klou sy 3 sakkies melk vas.  Amper asof hy ‘n babatjie dra.

En ek hoop hy deel die melk.  Of het ‘n yskas in sy kamer.

Aankope op die internet. Duo.

So ‘n tyd gelede het ek geskryf oor internet kopies.  Hierdie is ‘n opvolg oor die gevare wat kan gebeur op die net.

Skoor is ene vir gadgets.  Nie seriously verslaaf nie, maar ek hou daarvan om te speel met tegnologie.  Terwyl sommige dinge my heeltemal verstom, en te rond is vir my plat brein, is daar ander goed wat my laat smaail, soos as ek my eie resepte kook, en net nodig het om met die sel na skoorkos te gaan om seker te maak van wat ek gebruik het om die skeppings eie te maak.  Behoede my voormense wat alles in ink neergeskryf het in die eie resepteboek van lyntjies.  Soos ‘n klaswerkboek.

Veilige webwerwe soos amazon.co.uk, en bidorbuy.co.za en kalahari.net, beskerm die verbruiker in ‘n mate teen skelm bliksems wat le en wag vir die dom verbruiker.  Maar webwerwe wat werk soos die Cape Ads koerant hier onder by ons, dit is die spasies waarvoor ‘n mens moet ligloop.

Ek is nou al ‘n geruime tyd agter die gadget:  Apple iphone, en het links en regs geswerf op soek na ‘n behoorlike kopie.  Hierdie outjie kan jou sak lekker ruk as jy nie weet dat jy kan rondshop nie.

So kry ek dan ook op gumtree.co.za ‘n hele boks vol van die fone.  En van die kopies is net te goed om waar te wees.  Een kwoteer in US Dollars, maar die location se Kaapstad, so ek stuur ‘n mail.  Iemand antwoord my, met ‘n epos adres wat bestaan uit nommers en @yahoo.co.uk.  Maar vertel my hulle is in Amerika.  Die hele brief is nie die tipe korrespondensie wat mens van ‘n maatskappy verwag nie, en hulle wil net so gou moontlik my adres he, sodat hulle hierdie wonderlike foon kan verpak en regkry vir pos.

So is Skoor hals-oor-kop aan die mails forward, dat ek reply druk, ipv forward, en die feit dat ek ‘n pel se epos moet insit, is net nie in die denke raamwerk op daardie stadium nie.

Ek maak ‘n comment.  Iets soos:  dis vir my vreemd dat ‘n maatskappy in die VSA, VK epos adresse gebruik, of is die Boerehart nou net weer te suspisieus teenoor die Pommies.

As hierdie epos aan ‘n rou Soutie gestuur is, sou dit soos Chinees klink vir die Boer.  Maar, ek kry ‘n reply wat verduidelik dat hulle ook ‘n afset het in die VK, daarom die .co.uk adres.  Wow!  Afrikaans word deesdae wereldwyd verstaan.  En steeds pols sy my nou dringend vir my epos adres - die laaste skip gaan binnekort vertrek.

Ek vra vir ‘n webadres.  Ek kry ‘n adres, maar die site is ‘onder konstruksie, want hulle berei voor vir ‘n promosie’ aldus die kuber gesprekvoerder uit die VSA.  Of is dit nou VK?  Maar ek moet asseblief SPRING met my adres, want hulle MOET die pakkie dadelik stuur.

Ek vra oor die betaling.  Sodra ek betaal, gooi hulle die pakkie in die pos.  Tjop-tjop. 

Ja, tjop-tjop is ek minus my geld, en hulle kan nie getrace word nie, want enige skelm kan ‘n epos adres opmaak.  Ek dink terug aan Stoutsus se storie met die Nigeriers (of was dit Somaliers?) wat haar amper so gevang het met haar selfoon se verkoop.

Daar is baie wolwe wat wag vir suckers wat mense goedsmoeds vertrou.  Wees maar bedag daarop.  Sal dit beter wees om R2000 meer vir iets te betaal, as om R5000 sommer eensklaps te verloor?

Die dobbelaar in my is lus om R2000 te spaar, maar dan wil ek nie regtig my kop stamp met skelms wat die Boer vir ‘n ride vat nie.

Pas maar op.

NS:  is daar van julle wat my kan se of die iphone al die moeites werd is?

Die dag toe ek my eie hare gesny het

Toe ek twee maande gelede my laaaang hare afgesny het, die eerste keer in 5 jaar, het ek hierdie storie onthou.  Met deernis.  Terugverlang na die dae toe kaalvoetloop en paddavissies vang, was soos om asem te haal.

Ek sien nie meer skoolmeisies met kort hare nie.  Is dit ‘n mode ding?  As ek terugdink aan my matriek klas, dan was daar ongeveer 1/3 met lang hare.  Die res van ons is kort-kop deur die lewe.

Ek het anyway sulke spriete vir hare gehad toe ek klein was, die haarkapper het vir my ma gese om dit kort te hou, en dit sou regkom.  Ek weet nie of daar waarheid in is nie, maar DIT HET reggekom.  Ek sit met ‘n bos, en as die weer of die mood net reg is, is daar ‘n ontembare kinkel in die kop.

Ek weet nie of dit ‘n landswye tendens was nie, maar hier in die middel 80’s, was die ‘mushroom cut’ vreeslik mode.  Oe, ‘n meisie in my klas het blonde hare gehad, en as die snit pas gedoen is, was dit die mooiste ding om te sien.  Die skakerings van blond, bo die donkerder paddastoel stingel!

Ek wou so graag blond wees.  Ek het vakansies omgeloop met Sunlight liquid in my kop.  As my ma dit geweet het, kon sy my onderstebo deur die skottelgoedwater trek (na my pakslae) en stapels borde reinig.  Ek het ure in die son gesit, hare vol suurlemoen, drome van songebleikte hare en ‘n lekker tan.  Laasgenoemde het ek gekry, maar die songebleikte hare van my drome, het my bly ontglip.  Desembervakansies is ‘n aspirant haarkapper vriendin gewoonlik nader getrek om highlights toe te dien.  ‘n Pynlike ervaring - daai stuk kep, en die hare wat met groot getrek, met ‘n hekelpen na buite, en na die borrelende bleikmengsel gehelp word. 

Na die vakansie is die kop kort gekap, want sulke style en kleure is nie in die skole toegelaat nie.

Wat my terugbring by my eintlike storie. 

In ons huis was daar so ‘n pienk driehoekige gadget van plastiek.  As jy die onder en die bo-kant van mekaar wou kry, moes jy dit in teenoorgestelde rigtings druk.  3 Minora lemmetjies is dan ontbloot.  Mooi gepas tussen kammetjies van verskillende groottes.  Vir ‘n exploring child, was dit ‘n wonder ding!

So kom Mardene eendag met haar nuut gesnyde mushroom cut skool toe, en net daar besluit ek dat Skoor se koppie vanmiddag in is vir ‘n mushroom cut.

Nou, omdat ons plaasjapies was, selde dorp toe is, en geld maar skraps, het ma almal op ‘n ry sitgemaak, en so goed soos sy kon, ons hare getem.  Die odd geleentheid wat ons in die dorp was op ‘n Saterdag, en as daar ekstra geld was, is ons by die eerste, enigste en laaste barbier winkel, van daai met die wit en rooi paletjies voor die winkel, sitgemaak, en het oom van der Linde sy bes probeer om hierdie dogtertjie soos een ander kant uit te stuur.  ‘Short back and sides’ vir die manne, minder short vir my.

Na skool stap ek met doelgerigte tree die pad deur die veld, huis toe.  Omdat ma nie tuis was nie, was dit ding nie gejaagd nie, en kon ek my tyd vat.  Ek het voor die spieel gaan staan, pienk gadget, gelaai met die skerpste Minora’s wat ek kon vind, langs my. 

Ek oefen.  My hand gly links bo die oor in, agtertoe, net na die middel, uit.  Ander hand.  Regs bo die oor in, agtertoe, net na die middel, uit.  Toe ek die bewegings reg het, en ek seker is my hande weet wat om te doen, tel ek vir pienk gadget op. 

Links bo die oor in.   Giiiirts se die Minora tussen die tande van die gadget.  Doef, klop my hart.  Die eerste hare val.  Ek ruil hande.  Sny regs.  Die hare val.  Ek hou aan.  Link, regs, links, regs.  My mushroom cut neem vorm aan.  Twee ore staar vir my terug in die spieel.  Weg is die hare om hulle.

Ek het hare opgetel en weggegooi, en met die gebrek aan ‘n klein spieel om te sien hoe die resultaat aan die agterkant lyk, het ek bly voel-voel oor my mushroom, so deur die spelery deur.  Heel middag.  En toe die son begin water trek, het ek begin spyt kry oor my poging.  Want ma is op pad huis toe, en ek kan nie sien hoe dit agter lyk nie…

Sy’t my sitgemaak tussen kosmaak, kinder-dinge en skoolstories.  My kop met ‘n ’short back and sides’ getref, en die pienk gadget weggesteek.  Want reeds, onder haar sker, het ek begin wonder of ek dit nie liefs anders moet aanpak nie.

Ek het nie weer na oom van der Linde se barbier winkel gegaan nie, ek is na ‘n regte salon geneem.  Waar ek trots met my eertse van vele, mushroom koppie, uitgestap het.

Ek het weer probeer hare sny.  My sussie se lang hare in ‘n bob.  Die haarkapper het ontsteld vir my gese dit is dalk beter as ek NIE hare sny nie.  Toe my broer en my boyfriend s’n.  In een aand.  My broer is nou nog kwaad daaroor.  Vir boyfriend het ek net gesoen en gese hy is die sexieste man in die omgewing, en hy het my geglo.  Maar hy’t my nooit weer gevra vir ‘n sny nie, en die verhouding is ook kort daarna, verby.  Maar dit was darem nie oor die haarsny nie!

Ek het nooit blonde hare gekry nie.  Wel grys met die verloop van jare, maar dit is blykbaar wysheid.  En ek is nou wys genoeg om nie weer my hand aan ‘n sker te slaan nie!

Die Babafoto

Net sodat Son en Wille Rosa kan sien ek bestaan, en ek het foto’s om dit te bewys!  Mensig, die is donkiejare terug, maar ten minste het die kiekies al in kleur gekom (ne tannie Son).

Die Rok en inkopies op die net

Liewe Wille Rosa -

jou beroep om ‘n rok kiekie het op dowe ore geval, maar toe oorval die nuuskierigheid vir my vroeger jare se lyf my vreeslik, en ek loop soek daai album.  Tot my spyt is dit in storage.  So rest my soul, en rest my case, ek het eens op ‘n tyd rok gedra - vele jare terug, maar die kiekies le iewers en stof vergaar.

Groete

Skoor

 

As jy ‘n impulsiewe shopper is op die net, iets waaraan ek so byna-byna raak, dan gee ek jou graag die stukkie info vir jou toekomstige koop klieke.

Ek shop graag op amazon.co.uk - dit is veilig, en daar is gewoonlik, veral by boeke, tweedehandse kopie ook beskikbaar.  Vir boggerol geld.  Die duurste is die posgeld.

Let wel… amazon.com in Amerika, hou meestal dieselfde produk aan, maar hulle posgeld is hond duur, en die item kan jou sommer baie meer kos as jy dit van die Amerikas af kry, as van Pommie land.

Ek shop net op Bid or Buy plaaslik.  Kalahari.net is ‘n absolute ripoff.  Totaal.  Ek het noudie dag ‘n boek probeer kry op Kalahari.  Op die ou end het ek dit vir 1/3 van die prys van Engeland gekry.  Posgeld ingesluit.  Dit wil gedoen wees.  En die wagtyd is gladnie so lank nie.

Doen gerus jou shopping op amazon.  Veral as jy ‘n bank het wat jou se van elke transaksie wat op jou kaart gebeur, het jy gemoedsrus, en is jy flippen verstom oor hoe vinnig en effektief dit buite Afrika kan gaan!

Laat dit vir jou ‘n les wees!

Die muisgesin sit om die tafel en gesels.  Kat kom ingehardloop.

Pa muis skrik hom in sy moer, vlieg op en begin vreeslik blaf.

Kat skrik so groot, hy draai om en hardloop weg.

Toe pa muis weer sit en tot verhaal kom, se hy vir sy kinders aan tafel:  “BESEF JULLE NOU DIE BELANGRIKHEID VAN ‘N TWEEDE TAAL!”

Boererate teen hoes

Die tyd van die jaar begin die mense woes kompeteer met die honde van die buurt - dit hoes en proes en blaf, soveel so dat almal begin senuweeagtig raak.

Ek loop noudie dag die raad raak teen hoes, en ek glo die oumense kon die pot nie te ver misgesit het hiermee nie.  So, i.p.v. apteek toe loop en in ‘n lang ry staan, kry die goedjies bymekaar en meng jou eie middel!

1 Bottel heuning

2 Botteltjies Lennon’s Borsdruppels

1 Botteltjie Lennon Pepermentdruppels

Suurlemoensap na smaak

Meng die bostaande in ‘n fles saam, en gebruik wanneer die lus vir blaf jou oorval!  Deel sommer in die buurt uit - gelukkig kom daar nie brandewyn in nie, anders is dit ‘n klomp tipsy blaffers!