Oooops!

Skoor het opgepak en getrek.

Dis nou sommer net HIERwaar jy kan kliek en op skoor.wordpress.com uitgespoeg word.

Net Skoor.  Soos altyd.

Sien jou daar!

whyOf vader Krismis het vir sommige bloggers ‘n ‘Protected Blog’ gebring, of daar is steeds ‘n paar verbitterde ou tannies wat agter die skerm sit en probeer om die blogsfeer te beheer soos vroeger in 2008!  Self aangestelde klaskapteine!

Maar waarom jou blog loop protect as dit die bymekaarkom plek van bloggers was om saam te gesels? 

Soos ‘n blogger my gese het, toe ek verlede jaar my blog summier wou delete:  vat dit van die tipe mens van wie dit kom.  Jou blog is JOUNE. 

Daarom, aan elkere blogger wat wonder of die blog delete moet word, of gesluit moet word, oor simpel blog bekgevegte:  dit is JOU blog.  Jou monument.  Hou dit daar en wys vir die wat jou dwing tot sulke gedagtes, dat hulle net in beheer is van hulle eie klein wereldjie. 

Nie van joune nie!

Is mens nie net veronderstel om te ontspan as dit vakansie is nie?  Of is jy effe meer oplettend, en dra jy vol aan die sak van herinneringe en lesse na so ‘n wegbreek van die werk?

duikEk het ‘n paar gewaarwordinge gehad die vakansie:

Jy staan makliker om 05:00 op (vir ‘n hele week) as 07:00.  Die verskil tussen die twee tye – die vroegere een is om reg te maak vir gaan duik.  Nie 2 ure later, waar jy moet klaarmaak vir werk nie!

Dit is wys om NIE op 1 Januarie van enige jaar, die kuspad deur Gordonsbaai te ry nie.  Dit neem jou ongeveer 25 minute om 4 kilometer te vorder, en op ‘n warm dag is die gevolge vir jouself en jou voertuig minder aangenaam.  Dit is egter wys om jou kar se engine nie aan die gevaar bloot te stel om te oorverhit nie.  Sit dus die kajuit lugreguleerder op sirkuleer, stel die hitte op maksimum, en sit die waaier volspoed aan.  Sodoende forseer jy die water om deur die engine te sirkuleer, wat die temperatuur sal afbring, en skade kan verhoed of beperk.  Wat egter met jouself binne-in daardie hell hole gebeur, is ‘n storie vir ‘n ander dag!

Jy tan verskriklike snaakse, onverklaarbare strepe van net bo jou enkels tot op jou hak.  Die teenoorgestelde word ‘n “Boere tan” genoem, waar die sokkies gewoonlik in die ou dae hoog opgetrek is, en dan ‘n wit enkel en voet tot gevolg gehad het.  In my geval is dit egter die ure ‘afloat’ in die see, met die duikpak broek wat bo my enkels eindig, en die flippers wat my hak toemaak.  Vreemde, vreemde tan wat ek oor het van my heerlike dae!  So ‘n donkerbruin streep oor my haksenings! (een manier om my tans te identifiseer)

Jy kan uitgeeet raak aan kreef, al het jy die somtotaal van 1 gehad die hele vakansie.  Ek weet nie of dit al die gekook is wat na die duik moes gebeur nie, maar my lus is tans met vakansie.  Ek hoop darem dit is teen die naweek terug, want die vrieskas soek nog voorraad, en so ‘n krefie op die kole klink nou vir my lekkerder as om vanmiddag te gaan slaap.

Gepraat van.  Moenie jou lyf gewoond maak om na 2 in die middag ‘n bietjie te gaan skuinsle nie.  Hou aan, bly wakker.  Want die eerste dag by die werk is HEL!

Zone Reality het VREEMDE VREEMDE programme.

Jy kan BAIE episodes van Prison Break in een dag inpas.  Moet net nie skrik as jy klaar gekyk het, en dis skemer buite nie.  Dis ‘n gegewe dat die tyd sal vlieg.

Die Boereraad van klapperolie in jou kopvel en hare inmasseer na ‘n seevakansie, werkduik2 nogal.  En dis nie so moeilik om van die olie ontslae te raak nie.  Gooi sommer ‘n paar druppels laventel olie ook by vir oemf!

Daar is NIKS wat ‘n Kaapse grasperk so mooi groen laat soos ‘n somerreentjie nie.

Mental note to myself:  bly weg uit die Waterfront op 26 Desembers… Maar as jy daar is, moenie nalaat om ‘n Forrester’s Draught te drink vir brekvis nie.  Hou egter by een.  Jy wil nie opstaan en voel of jou bene aan die stoel vasgegroei het nie!

Die mees Goddelikke plek, waar vrede en harmonie absoluut in een vloei, is in die water, deur die lens van jou duikbril.  Geen selfone, geen stemme, geen geraas.  Here, dis mooooi.

Het ek al gese dat Zone Reality vreemde programme het?

Dit help nie jy probeer vergeet nie. 

Want jy bly onthou…

2005_0710jun050104

 

Lees meer oor die Slag van Magersfontein hier

stick1IRB Sevens.  Oftewel Sewes Rugby, soos gewen, vir ‘n tweede agtereenvolgende naweek deur die BlitsBokke, is pas agter die rug.

Gebeeldsend, al die pad uit George. 

Geluk aan Mzwandile Stick en sy Bokspan.  Ook aan die Ebersohn jongman wat as beste speler aangewys is. 

Jammer Stick, maar ons ‘Stokkies’ jou sommer in die huis.  Dis maar ‘n Boere-ding, die heg van Afrikaanse woorde aan iets ingils.  Jy moet hoor hoe lekker gil die woord ‘Stokkies’ as jy aan die bal vat!  Welgedaan. 

George!  Asseblief, hoekom tog George?  Waar niks aangaan nie, en die stadion soos ‘n plattelandse dorp se skougrond pawiljoene lyk.  Ek sien hulle adverteer ‘City of George’, maar dis ook maar net omdat die plakkerskamp vreeslik groot is, anders was dit maar ‘n dorp.

Die indruk na verlede naweek se Dubai skouspel (die stadion is spesiaal gebou vir die Sewes Toernooi, gepak met 50 000 toeskouers) tot hierdie naweek se George poging, was belaglik, om die minste te se. 

Die TV kyker kyk TV omdat daar iets aan hom gebied word.  Met die Dubai uitsending, het ons sommer in high spirits TV gekyk – dit het geklink soos ‘n 20/20 krieket game met jolige musiek, en toeskouers was uit hulle nate uit.  Mense het opgedress en solo-vertonings gelewer as die kamera op hulle was – te lekker om voor te lag.

George.  Boring!  Swak kamera werk.  Die lig val sleg op die veld, en die kamera het gesukkel om die donker en lig van die veld te prosesseer. 

Ek is seker dit is ook ‘n tweederangse kameraman wat gebruik is, want tegnologie moes seker al hierdie soort van pyn geabsorbeer het?  Die klank het bestaan uit die vervelige ingilse stemme wat uitgesaai het, met pogings om die skare se klank ook by te kry, wat later laat staan is by tye.  Atteljee-klanke.  In surround.  Boring en amateur agtig!

Die skare was boring – niks snaaks om na te kyk nie, niks lekker saamsing en massa gees nie.  Die wereld het seker maar net so verveeld sit en saam kyk na boring George.

En hoekom nie die laaste twee wedstryde in die aand speel nie?  Dit is net soveel meer opwindend en lekker om in die aand te kyk.

Mag die organiseerders die volgende Sewes in ‘n beter stadion huisves.  Deur GENOEG media dekking voorafgegaan, sodat die res van die inwoners van die land ook kan weet dat daar magic rugby op TV gaan wees, en dat hulle die Nasionale span kan ondersteun.  Dit is ‘n skande hoe hierdie sport aan die agterspeen moet suig.

Ek weet ek het nou baie die woord ‘Boring’ gebruik, maar vergelyk die twee naweke, en jy sal verstaan dat dit frustrerend is om ‘n Witvrou in Afrika te wees.  Hierdie is allermins ‘n boring spel, met 10 minute aan ‘n kant, is jy gewaarborg om baie meer op jou voete te wees.  En dit is nie omdat jy die ketel gaan aansit nie.  Dinge gebeur vinnig in die spel!

cat2Ek het die ander dag vir JacoWosonki gese ek het ook vrae wat knaag, maar op daardie stadium was dit stupid goed soos hoekom afgetrede mans dag in en dag uit dieselfde klere dra, en later soos ou bokram ruik.  Sulke goed waarop ek tog anyway nie die antwoord sou kry nie.  Maar miskien sou manne wat dit raakgelees het, dit onthou het, en eendag as hulle afgetree is, elke dag stort, gereeld hare was, en die onderbroeke op ‘n daaglikse bais omruil, en die klere darem nie vir 14 dae aan-een aantrek nie.  YUK!  Die Bosparras het ‘n prentjie van ‘n gesiggie wat opgooi.  As jy daar comment, moet jy :luke: intik, en as jou comment verskyn, is dit ‘n opgooi gesiggie.  Nou ja, sulke manne laat my lus voel om te :luke:  !!! 

Of ‘n vraag soos hoe de hel ‘n gesonde verhouding, oornag kan verbrokkel dat albei partye wil handdoek ingooi.  Hoe gesond moet ‘n verhouding wees om die druk van buite te deurstaan.  Of is ‘n verhouding se raklewe oor maar net X aantal jare, en dan beweeg jy aan?

Maar, dis nie my post nie.  My post gaan oor diere.

Eergister is ‘n bruin seuntjie voor my verby met ‘n katjie waarvan die ogies noudie dag eers oop is, al cat3swaaiend en beangs in die kloue van die klein barbaar.  Toe hy verby ‘n ander groep van sy soort is, skree een vir die kat, en hy slinger die stukkie diertjie na hom.  Om ander daarmee rond te jaag.

Ek het die diertjie probeer afneem, sy hartjie was wild, sy ogies wydgesper.  Maar jy kan nie net iets afneem nie.  Jy sal ‘n rassis of ‘n dief genoem word.

Toe sms ek maar die DBV hier bo my, en twee uur later het hulle die kind en die kat opgespoor.  Behalwe dat kind nognie 10 is nie, en reeds berug is vir inbrake in die omgewing, het hy ook vroeger vanjaar ‘n kat se kakebeen afgeskop.  Die DBV mense haat hierdie monster.

Ek het netnou gaan kyk na die klein katjie by die DBV – hy is rustig en hou van skouer sit.  Nee, ek kan nie nog ‘n kat aanneem nie, dit is ‘n uitgemaakte saak.   Maar ek moes net gaan seker maak dat sy hartjie rustiger klop.

cat2 Ander katte wat op dieselfde dag as hy gered is, is verder gered deur Hemel toe te gaan.  Hulle is uitgesit nadag hulle verwyder is van hulle huis die naweek.  ‘n Babakat is teen ‘n muur vasgeslaan dat die voorbene, borsbene en ingewande gebreek het.  Die ander katte is veiligheidshalwe uit die huis verwyder.  Ook bruin mense.

Dit is soos diere wat diere aanhou.  En nie weet hoe om met ‘n dier te werk nie.

Hierdie tyd van die jaar word die DBV oorval met diere.  Studente wat weggaan en diere in die strate aflaai, mense wat met vakansie gaan en diere los of weggooi.

Ek sukkel om uit te figure wat in sulke mense se koppe moet aangaan.

Word mens gebore dat jy slegter as ‘n dier is, of word jy liefde vir diere aangeleer?

Dis my hoekom vir vandag.

‘n Man boek in by ‘n hotel in Pretoria .

Daar is ‘n rekenaar in sy kamer en hy besluit om vir sy vrou ‘n e-pos te stuur, maar hy maak ‘n tikfout en dit daag by die verkeerde adres op.

Intussen kom ‘n weduwee in die Kaap by die huis na die begrafnis van haar
man.

Sy besluit om haar e-pos te lees, verwagtende dat daar pos sal wees van
familie en vriende van ver af.  Sy lees die eerste boodskap, gil, en Val flou.  Die weduwee se seun storm die kamer binne en nadat hulle haar gelaaf het, beduie sy net na die boodskap op die skerm en word weer flou.

Op die skerm lees hy toe die e-pos wat die man van Pretoria geskryf het:

Onderwerp: Ek is hier liefling.

Ek weet jy sal seker  baie verbaas wees om van my te hoor!
Hier is Internet en mens mag boodskappe stuur aan jou geliefdes.  Ek het so
pas arriveer en is nou net ingeboek.  Ek het ook seker gemaak als is in orde
vir jou aankoms oormore.  Ek sien uit daarna om jou weer te sien, en dis
gelukkig binnekort.  Hoop jou reis is ook so rustig soos myne was.

Jou verlangende man.

NS.  Dis vrek warm hier.

blom2Om ‘n link in te sit na die Emma Dixon Projek se webwerf, sou ‘n kliek-mors wees.  ED het besluit om haar blog te sluit.

Sy het ‘n tyd gelede stil op die toneel verskyn, met harde baklei, introspeksie, retrospeksie en monoloog. 

In ons almal is daar seker een of ander tyd ‘n ED wat platgeslaan is deur die ontnugtering van iets wat uitgewerk het anders as wat ons drome daarvoor was.  Met seerkry wat so yna soos ‘n nerf-af arm aan ons kleef.

‘n ED wat glo dat die lewe nooit weer sal reg lyk uit eie oe nie.

Vandag dan ‘n spesiale gedagte vir ED en almal soos sy.  Mag jou pad ‘n Lig op kry wat jou swaar voetval die weg sal wys, sodat, wanneer jy eendag weer buite kom, jy verstom sal staan oor die koor van die natuur in jou ore, en die skielike bruising deur jou are.  blomme

Want jy lewe.  Al voel jy nou dood.  En al voel jy dat jou lewe nooit weer sin sal he nie.

Dankie my Skoorlief dat ek teen jou stam kan terugleun en die suising deur jou are my anker en oor my eelte streel en dat ek weet jy weet wat ons weet.  Ek is maklik lief vir jou.

Ek was standerd 7.  Ons hier in die Kaap het nie geken van grade nie, en net visse het grate.  Dit was die vreemde kinders, of ‘Soppiekoppies’ uit die Transvaal wat in grade was.

My ingilse juffrou was een waarop iedere kind tot ‘n mate verlief kon raak.  Dogter en seun.  Sy was jonk en vol lewe met oe wat op skrefies getrek het as sy lag, en sy het altyd, en haar stem het soos klokkies geklink.

Maar toe besluit haar man hy moet buiteland toe en sy kan nie vir 4 jaar agterbly nie.

Ai, ons 15-jarige harte was stukkend. 

Ek sal nooit die gevoel vergeet toe ons die eerste dag van die nuwe kwartaal vol verwagting ingilse klas toe stap nie.  Watter wonderlike onderwyser sou die skool vir ons uit die mou trek?  Hoe wonderlik moet hierdie nuwe mens wees om op die oue te verbeter?

Sy het langs haar tafel gestaan met ‘n oranje, gebreide pakkie aan.  Romp en bo-stuk.  Oranje.  En sy het so ietwat na Madonna getrek hier oor die wangbene.  En ek kan nie onthou of dit sy was wat die bril opgehad het, of my St. 4 juffrou met die lae hals bloese en die klein brilletjie waaroor sy geloer het nie.  Ek was vir altwee bang.

Ons, soos ‘n meisie klas betaam, het giggelend, skertsend en nuuskierig die klas ingestap.  Gaan sit.  Gekyk.  Gepraat.

En toe maak Cruella haar mond oop, en die slange wriemel op haar kop.  Haar oe het vuur geskiet en uit haar mond het die suur oor ons gespat!

Sy het die vrou geken wat voor haar langs dieselfde lessenaar, soveel wonderlike stories kon opdis.  Sy was seker bewus in watter chaos sy ‘n les kon laat ontaard, dit was immers haar suster se vriendin.

En sy het ons toegesnou:  ‘ek soek nie maatjies nie’.  Haar openingswoorde.  Aan ‘n geskokte, suurdeurdrenkte spul meisies met puisies.

Ek onthou NIKS van my standerd 7 jaar se ingilse klasse nie.  Ek onthou net dat ons skeitbang was vir haar, en dat niemand ooit huiswerk vergeet het, of kanse gevat het nie.

Ek sien haar nog soms in die dorp.  En dan skrik ek my diff so skeef, dit vat 3 minute om weer my hartklop te stabiliseer.

Ek sien die eerste onderwyseres ook – sy is ‘n klient.  Maar ek het nognooit die storie vir haar vertel nie.

Ons begin weer Saterdae ‘surface’ om met rooi oe en dik neuse die Eikestad aan te durf.  Waar nuwe groei en stuifmeel jou begroet terwyl die teerstrate offerhandes van warm stof in jou rigting slinger wanneer ‘n kar daaroor jaag.

Ja, dis lente.  In die Boland.

Die afgelope 2 Saterdae is my voete kortpad na Protea Boekwinkel om eerstens na oom PG du Plessis te gaan luister waar hy oor sy roman, Fees van die Ongenooides, gesels het.  Tot ek die nuusbrief van Protea onder oe gehad het, het ek nie geweet die tranetrekker is op pad rakke toe nie.

Ek ken oom PG van sien op die TV.  Saam met die land se grootste storievertellers.  Totdat die tafeltjie begin leeg loop het rondom hom soos die groot manne ‘kom haal is’.  Deesdae kyk ek nie meer die storie programme nie, want dis vol vet, grillerige mannetjies wat dink hulle is snaaks.  Ek weet ook nie eens meer of daar nog sulke programme uitgesaai word nie? 

Oom Jan Spies en Tolla was mos sommer net snaaks.  Want hulle kon ‘n storie, ‘n pragtige skoon storie, vertel dat oom PG sit en trane afvee, en die Olof Berg in die blikbekers met rukke en stote oor die randjies stort.  En hiermee verklaar ek hulle nie as heiliges nie, nee, ek weet daar is gruwel stories ook oor daardie lippe, maar vir die TV en die groter volk, het hulle die wag voor die mond gesit.

Oom PG het begin vertel van MNET wat ‘n ingilse reeks wou he, en hoe hy die reeks in die taal van die verraaier moes aandurf.  En toe het die boek gekom.  En hy het vertel van die verkragtingskinders, en die tannie wat hy geken het, wat, toe hy ‘n jong seun was, hom die storie vertel het van haar verkragtings, herhaaldelik, deur ‘n paar bastards, en die baba wat sy verwag het.  En hoe sy van die kind ontslae geraak het by geboorte, en toe begin het om ander vroue ook op so ‘n manier te help.  Ek het sit en luister met hoendervleis, want ‘n MEESTER STORIEVERTELLER was aan die woord.  En trane het in my oe gele.

En sy storie van sy oupa en ouma…ek dink dit is die mooitste verhaal wat ek hom nog ooit hoor vertel het.  My trane het nie meer gele nie, hulle het geloop.  Want die man kan waarneem, en oorvertel.  En die luisteraar hoef nie prentjies te maak van sy woorde nie, hy bied dit in kleur met surround sound vir jou aan.

Ek is huis toe met die boek.  Voor-in het hy geskryf:  ‘maak jou reg vir ‘n skok’.  Yea right.  Ek lees al jare ABO verhale, ek het sit en snot en trane by Feast op TV, wat kan my nog skok?

Tot in die helfde van die boek het ek gese dit is die TV reeks se storie (dit is) en wat ek besef is dat die akteurs hand picked was vir hulle rolle.  Elke nuanse is oorgedra deur ongelooflike toneelspel.  Gewoonlik is die boek mos ver beter as die skerm.  Maar hier is ‘n bewys dat ons akteurs maar kan.

Toe begin die storie onder die TV skerm uittrek, en gisteraand laat het ek vol trane my lig afgesit.  Want hierdie boek vertel op soveel maniere, van soveel uiteenlopende mense se pyn, dat dit vir die leser byna ondraaglik raak.  En onmoonlik om onaangeraak deur hierdie verhaal, die boek neer te sit.

Almal van julle wat in die buiteland sit, of wat Feast of the Uninvited gemis het, jou kans om dit in roman vorm te verslind, het gekom.  Die grootse boek is op die rak.  Laat jou mense dit vir jou aanstuur.

 

En toe tref Antoinette Pienaar en Oom Johannes Willemse die Kaap.  Teen 10km per uur in haar rooi Colt, Dapper.  En Protea is stampvol, die boek vlieg nie van die rakke af nie, dit LAND nie eens op die rakke uit die boks in die uitgewer se hande nie!

En ons word getriet deur vertellings en stories en kruie-waarhede en die tyd vlieg te vinnig verby vir hierdie oopmond dorpsjapies wat sit en indrink wat hierdie twee te vertelle het.

Die vrou wat van kruie leef, en wat haar lyf met uitgebraaide skaapvet insmeer teen die son se strale, en die dag se skurfheid, het die gehoor aan haar voete.  Net so entertaining as wat sy Vrydae middae 16:30 op RSG met Amore Bekker klets en giggel, nog meer entertaining is dit om die full monty te kry!

Die boek, ek kon darem betyds my kopie kry, is ‘n fantastiese stuk vertellings, stories, staaltjies en kruie rate.  Van ‘slapstingelstres’ rate, tot raad vir mense wie se ‘vleis geskrik het’!  Ek het die boek vinnig deurgelees, lekker gelag en het ‘n interessante verwysingsdokument, met foto’s van haar kruie, vir toekomstige probleme.

Hierdie twee wys eintlik vir ons wat so alles het, dat ons regtig niks het nie.  Want hulle het alles wat nodig is.  En die veld.  En die uitsig!  En hulle het ‘n es waarin hulle vuur maak.  Ek is so jaloers, ek kap sommer ‘n es op die teer.

Gaan koop vir Kruidjie Roer My, gee dit vir jou mense present, want dit is ‘n Afrikaanse juweel!