Ag Liewe Jesus, gee asseblief dat ESKOM nie vanaand 4 ure se krag steel i.p.v. twee ure nie. Veral omdat hulle gister aand vergeet het om af te sit…
MNET se nuwe reeks, Feast of the Uninvited, begin vanaand. Ek kan nie wag nie. Ek is vreeslik erg en TROTS op my Volk se geskiedenis, en wil graag sien wat PG du Plessis en Katinka Heyns daarmee gemaak het.
Anna-Mart verklaar in ‘n ‘The making of’, gisteraand op MNET, dat sy sukkel om met haar karakter se swart en wit sienswyse, en regiede menings ‘n manier kry om die vrou se karakter, hare te maak. En ek gaan sit later buite en dink oor die regiede swart en wit.
PG du Plessis benadruk dat die Anglo Boereoorlog erger was as wat ons onsself kan indink. Hoe kan jy jou in elkgeval sulke honger indink? Honger terwyl jy aan jou designer pizza sit en eet. Honger wat mense laat gras eet, of kinders so verswak, dat hulle benerige liggaampies ‘n laaste rukkie in die arms van ‘n moedelose ma gee.
Of siekte, terwyl die dokter ‘n oproep ver is. Of die apteek om die draai. Siekte wat as ‘n omgekrapte maag begin, omdat die water wat jy in die kamp kry, miskien uit ‘n stroompie kom waarvan die kamp begrafplaas bietjie hoer op teen die skuinste sit. Of waar staande water wat al vrot, al is om die stukkende droe lippe mee nat te maak.
En so kan ek aangaan. Ons ken almal die stories. Of nie.
Jana Cilliers se dogter se sy het nie juis van die ABO geweet tot sy die rol gekry het nie. Sies Jana, en jy het noudie dag nog in Arende gespeel. Het jy jou kinders dan nie van hul wortels geleer nie?
Terug by Anna-Mart se sukkel om te verstaan. Dit is vir ons, met ons tegnologie, ons shopping malls, kos deli’s en instant pudding, en af en toe elektrisiteit, bitter moeilik om onsself in te dink hoe, wat ons verdag as ‘eenvoudige’, of ‘agterlike’ mense sal afmaak, die sienings en menings en rigiditeit gehad het, om te wees soos hulle was.
My antwoord op sulke vrae: hulle het nie gehad wat ons vandag het nie. Hulle menings is gevorm uit hulle kleine wereld, sommige so wyd soos die Heer se Genade, maar met nie ‘n mens in sig nie. Ander het darem af en toe besoek van die dominee gehad, en die ouderling, en met daardie bietjie interaksie, of die Sondae se nagmaal saamtrek, moes mense ‘n beeld vorm van die wereld daarbuite.
Hou op om ons voormense te verkleineer, salueer eerder elkeen wat met die HANDE hierdie land van woesterny help omskep het, in Utopia vir ‘n gemaksugtige.
Ek hoop dit gaan goed wees, en dat mense sal sien dat ‘n Volk ‘n land kan opbou, sonder om treine te plunder wanneer dinge nie volgens hul wil gaan nie.
Ek het AMPER AMPER vergeet van Feast…………………. fanks virrie reminder!
En…………. toe vang my oog nou weer jou ‘kos-goeters’ hier onder… dit voel of ek gaan vergaan vannie honger…. *SUG*
Ek kyk nie graag so baie TV nie, maar dis tempting! Gelukkig is ek slaggereed om my generatortjie op te wen!
Julle wat krag het, moet maar tape. As ek die volgende more ‘n gil laat vir gisteraand se program, soek ek darem ‘n positiewe reply van iemand af!!
Ai Platt, sou my pasta slaai met jou gedeel het, maar jy sit maar heluit ver. Krimplien rokkie en al…
Skoor, ek het jou raakgelees daar by die 7 kleure van gygeit….
Toe kom loer ek by jou…weer…
En daar het jy iets oor die boere-oorlog en oor die Feast of the Uninvited. As jy lus het om te loer ek het ietsie geskryf, ware verhaal van hoe my agter-ouma ‘n kakie met ‘n opgerolde laken geslaan het daar op my blok.
As die land se krag vanaand afgaan dan gooi ek (ook) klip.
Baai
X
Synde dat ek hier in die verte verkeer, weet ek glad nie van hierdie reeks nie. Kan jy dalk bietjie agtergrond vir my gee?
Boer, met liefde, maar laat ek net eers my oe vanaand ingestel kry, dan praat ek weer met jou – gisteraand met ‘the making of’ was my aandag verdeeld, maar ek kan jou se MNET het geld beskikbaar gestel, die reeks is in Ingils – sodat meer mense kan sien waaroor dit gegaan het? – PG du Plessis het dit geskryf, en Katinka Heyns het dit gemaak.
Groot name soos Marius Weyers, Anna-Mart vd Merwe, Rika Sennet, Cobus Rossouw, Jana Cilliers, en haar dogter, en hope meer speel daarin. Gaan oor die gebeure gedurende die ABO, 1899, en die gesin van Wyk, en ek dink die bywonders op hul plaas.
Rosa, welkom – ek gaan netnou loer, belowe, dit klink very goods! Se gou, het ouma die Kakie op jou blok geslaan? 😉
Ek gaan ook nou klippe soek, maar my ‘opvoetering’ weerhou my daarvan om hulle te gebruik…
Ek wonder of dit hier by ons sal wys? (Dstv West Africa) Sal gou gaan kyk. Klink goed.
As jy MNET kan kry of daai DSTV, dan is jou kop deur. Ek reken darem dit sal een of ander tyd op DVD ook beskikbaar wees, en ek sien vir die wat dit vanaand misloop, daar is Sondag middae ‘n herhaling op MNET.
Jy’t gewen Skoor, ek het dit begin kyk. Nadat Rosalind ook nog ‘n bypassende stuk op haar blog gaan sta’ skryf het, kon ek nie anders nie!
Ja, nou moet jy nog net seg dit is flippen goed!
Die idee om ‘n dokumenter daaroor te maak, verweef in ‘n TV reeks, is ‘n briljante idee – ek sukkel net soms om te hoor wat daardie wonderlike oom Cobus Rossouw vertel. Nee wat, hierdie is uitvoer materiaal!
Ek dog dis net my ore wat gefok is, want ek het ook gesukkel om te hoor wat die oom seg.
Laasnag het ek gou ingeloer en gesien jy praat van die storie. Ook maar goed so, want anders sou ons dit gemis het en sou Pips baie onsteld gewees het.
Ek hou van die angle, dat oom Cobus so terugloop in tyd en bietjie met hulle chat. Voel soos ‘n quantum leap of iets.
Ons het Arende slaafs gekyk en dit opreg geniet. Dink hierdie gaan ook ‘n wenner wees en hopelik baie rou. Sugar coated werk net in Mills & Boon romanse mos.
Al wat vir my bietjie kakkerig was, was dat die ouer Captain Whatever en ouer Daantjie se make-up gelyk het soos dié van ‘n skool konsert. Drie wyse Sub-A’s met watte baarde by die krip. Dit het nie vir my gewerk nie.
Ja, Sloet Steenkamp was ‘n held in ons huis! As ek daai tyd ‘n nuwe hond moes kry, sou sy naam Sloet wees. Al was dit ‘n dogtertjie hond.
Ons het laasjaar weer vasgenael gesit toe hulle Arende op Kyknet herhaal het. En weeer snet en trane gesit tjank. Ek dink as ek toe ‘n hond moes kry, sou dit weer nie moeilik gewees het om ‘n naam te vind nie…
In ’91 was ek in Augrabies toe hulle by die valle en omgewing aan die laaste Arende reeks geskied het.
Dis toe daar wat Jana wil he ek moet vir haar die kameel van die een set ry na ‘n ander (nuuskierige omstaanders moet besig gehou word, of so iets), en ek summier in ‘n kopskud – heen en weer – uitslaan, want daai ding is hooooog. En hulle byt.
Daai kamele op die Arende stel was geniepsige goed. Ek onthou een plek waar dit redelik emosionele dialoog was, en sal die verdomde kameel nie vir Amanda Strydom byt nie. Dit het take 2 en 3 en 4 geneem om die toneel reg te skied, want skok, ongeloof en giggels het die emosie van die oomblik bietjie omver gewerp.
Die snaakste was egter dat die woord ‘koes’ gebruik is om die lot te laat kniel. O bloed, hardkoppige woestyndonkies wou soms nie ‘koes’ nie, en dan het oom Dirk de Villiers (die regiseur), hulle woorde wat rym, toegesnou! Gelukkig het ek op ‘n plaas grootgeword, so ek het woorde geken ‘voor hulle dorp toe gebring is’!
Jy praat ‘n waarheid oor die grimering. Ek het gehoop ons grimeerkunstenaars sou nou al bietjie meer gevorderd gewees het in hulle vermoens om mense oud te laat lyk, maar dit lyk my dit is maar steeds die geval van Johnson’s babapoeier. En die gesig word ook sommer gepoeier, wat die saak bietjie spookagtig en ongeloofwaardig laat.
Boer, ek het gistraand gedink, sou jy belangstel, en dit kom op DVD uit, sal ek vir jou die reeks pos. Sal maar sien of dit reguit argiewe toe gaan, en of hulle dit op DVD sal uitbring. Met die krag tekorte, volg mense maar die pad van minste weerstand!
Nah, dit wys nie by ons nie!!!
Ek sal maar ‘n posdiens begin later die jaar vir al julle mense wat nie weet van beurtkrag en gate in eens perfekte paaie nie…
‘n Baie goeie vriendin van my se ma was destyds die editor vir Arende, en nou weer van Feast…dis nogal amazing hoeveel navorsing in die laasgenoemde reeks ingegaan het – baie intensiewe argief en histories!
Het die episode gesien…ek sien uit na die reeks…wat ‘n amazing geskiedenis…ons’sn – ek was nog altyd baie lief vir dir Anglo-boereoorloë geskiedenis.
Het jy die dokumenter “Verskroeide Aarde” al gesien. Dit is aangrypend! Doen jouself ‘n guns (dit het ‘n tyd gelede op Kyknet gewys). Groete
Jammer dat ek nie die stuk sal kan volg nie!! Baie waar wat jy se oor die Boere-oorlog…ons kan daardie lysie baie langer maak! Hopenlik sal ons kleinkinders en agterkleinkinders nog weet van daardie geskiedenis en nie se soos Jana se dogter se nie!! Die Engelse moenie se dit was nie so erg soos Hitler se gaskamers nie! Ek het ‘n boek gelees so paar jaar terug oor wat hulle deurgemaak het in die kampe – baie erg!
Ja Duskant, ek het Verskroeide aarde op video. Ook die boek. Eintlik het ek so ‘n semi biblioteek oor my Volk se Geskiedenis. Ek is mos nie skaam daarvoor nie. Ek hoop en vertou eintlik dat hierdie reeks ‘n soort van ‘wekroep’ vir ons jongmense sal wees, om oe oop te maak, en te sien dat ons vreeslike sterk wortels het.
Nie die hype van de la Rey se song nie, maar ‘n rustige besef wat sal ontwikkel tot selftrots.
Hier loop, volgens my, hopeloos te veel whimps sonder rigting of doel rond. Dis tyd dat die trilling van die grond hulle voete wat vertroetel raak in ‘n ‘labled shoe’, tref, en die son hulle ipods in hulle ore smelt, sodat hulle die roep van die visarend kan hoor.
Jy weet mos, jy’s mos ook ‘n grondklonkie!
Ek stem saam met julle oor die grimering! Dit het ‘n groot frons voor my kop gesit! En Oom Cobus praat bietjie onduidelik! Ek het sommer vroeg-vroeg agtergekom dis ‘n storie waarvan jy nie een woord wil mis nie! Ek hou daarvan dat hulle die storie ook so bietjie uit die Engelse se kraal vertel, mens is so verdiep in jou eie mense se pyn en lyding, dat jy maklik vergeet dat dit ‘n MENS se hand is wat die vyand se wapen vasgehou het!
Net nog een ietsie wat my pla – die Ingels!! Eish, dis moeilik om ‘n stoere Boer in engels te hoor praat – mens sal dit seker gewoond raak!
Ek hou van die bywoner gesinnetjie – die Minters – en kry hul uit die diepte van my hart jammer! Die arme mense is darem maar baie hard behandel!!
Ek dink hierdie gaan ‘n treffer wees! Kom ons hoop Eskom is aan ons kant vir die volgende 6 episodes wat voorlê!
Ai ek het ook van Arende gehou… Michelle Botes was so-so mooi daarin. (njam)
Ek hou van Feast sover….hou van die manier hoe hulle die agtergrond geskep het. Die rede vir die oorlog gegee het goud (geld).
Vreemds hoe baie mense, skaam is vir daardie deel van die geskiedenis? Ek wonder hoekom. In my hele familie (aan al wat ‘n kant is het dit helse emosionele en finasiële skade destyds gelaat. Hoekom moet ek skaam wees vir ‘n oorlog wat net seer gebring het.
Soms verstaan ek mense nie.
Ek dink dit Ingils is om dit meer toeganklik te maak. Maar selfs die rede rus swaar aan my bors, goeie “foreign films” maak tog gebruik van die oorspronklike taal en byskrifte?
Ek het ook bietjie gesukkel om die oom te hoor, maar ek sukkel oor die algemeen om daai taal gehoor te kry, een rede hoekom ek so min fliek en TV kyk. Ek stem saam oor die taal (Rosalind), daar kon onderskrifte gewees het. Dis vir my verstommend dat selfs DsTV (Die D staan mos vir Digitaal) nog nie digitaal dink nie – met die OpenTV “middleware” wat in die dekodeerder is, is dit heel moontlik om onderskrifte te hê wat die kyker self aan of af kan skakel, soos op ‘n DVD.
Skoor, ek hou van daardie “rustige besef”!
[…] van julle wat in die buiteland sit, of wat Feast of the Uninvited gemis het, jou kans om dit in roman vorm te verslind, het gekom. Die grootse boek is op die […]
Ek sou graag ‘n volledige lys van die spelers is Feast wou sien nou dat ek die boek lees.
Cecile, jy sal dit seker kan Google of op MNET se werf argiewe kan gaan soek, maar ‘n op en wakker video/dvd winkel behoort dit te he.
Ek het dit noudie dag op ‘n videowinkel hier naby my, se rakke opgemerk.
As ek moet begin opnoem, gaan ek verseker iemand uitlaat, en dit sou onregverdig wees. Die akteurs was wragtag almal ‘handpicked’ vir die rolle.
Lees bietjie die ander inskrywing oor ‘Feast’ wat ek 2 maande terug gemaak het op die blog.