Is mens nie net veronderstel om te ontspan as dit vakansie is nie? Of is jy effe meer oplettend, en dra jy vol aan die sak van herinneringe en lesse na so ‘n wegbreek van die werk?
Ek het ‘n paar gewaarwordinge gehad die vakansie:
Jy staan makliker om 05:00 op (vir ‘n hele week) as 07:00. Die verskil tussen die twee tye – die vroegere een is om reg te maak vir gaan duik. Nie 2 ure later, waar jy moet klaarmaak vir werk nie!
Dit is wys om NIE op 1 Januarie van enige jaar, die kuspad deur Gordonsbaai te ry nie. Dit neem jou ongeveer 25 minute om 4 kilometer te vorder, en op ‘n warm dag is die gevolge vir jouself en jou voertuig minder aangenaam. Dit is egter wys om jou kar se engine nie aan die gevaar bloot te stel om te oorverhit nie. Sit dus die kajuit lugreguleerder op sirkuleer, stel die hitte op maksimum, en sit die waaier volspoed aan. Sodoende forseer jy die water om deur die engine te sirkuleer, wat die temperatuur sal afbring, en skade kan verhoed of beperk. Wat egter met jouself binne-in daardie hell hole gebeur, is ‘n storie vir ‘n ander dag!
Jy tan verskriklike snaakse, onverklaarbare strepe van net bo jou enkels tot op jou hak. Die teenoorgestelde word ‘n “Boere tan” genoem, waar die sokkies gewoonlik in die ou dae hoog opgetrek is, en dan ‘n wit enkel en voet tot gevolg gehad het. In my geval is dit egter die ure ‘afloat’ in die see, met die duikpak broek wat bo my enkels eindig, en die flippers wat my hak toemaak. Vreemde, vreemde tan wat ek oor het van my heerlike dae! So ‘n donkerbruin streep oor my haksenings! (een manier om my tans te identifiseer)
Jy kan uitgeeet raak aan kreef, al het jy die somtotaal van 1 gehad die hele vakansie. Ek weet nie of dit al die gekook is wat na die duik moes gebeur nie, maar my lus is tans met vakansie. Ek hoop darem dit is teen die naweek terug, want die vrieskas soek nog voorraad, en so ‘n krefie op die kole klink nou vir my lekkerder as om vanmiddag te gaan slaap.
Gepraat van. Moenie jou lyf gewoond maak om na 2 in die middag ‘n bietjie te gaan skuinsle nie. Hou aan, bly wakker. Want die eerste dag by die werk is HEL!
Zone Reality het VREEMDE VREEMDE programme.
Jy kan BAIE episodes van Prison Break in een dag inpas. Moet net nie skrik as jy klaar gekyk het, en dis skemer buite nie. Dis ‘n gegewe dat die tyd sal vlieg.
Die Boereraad van klapperolie in jou kopvel en hare inmasseer na ‘n seevakansie, werk nogal. En dis nie so moeilik om van die olie ontslae te raak nie. Gooi sommer ‘n paar druppels laventel olie ook by vir oemf!
Daar is NIKS wat ‘n Kaapse grasperk so mooi groen laat soos ‘n somerreentjie nie.
Mental note to myself: bly weg uit die Waterfront op 26 Desembers… Maar as jy daar is, moenie nalaat om ‘n Forrester’s Draught te drink vir brekvis nie. Hou egter by een. Jy wil nie opstaan en voel of jou bene aan die stoel vasgegroei het nie!
Die mees Goddelikke plek, waar vrede en harmonie absoluut in een vloei, is in die water, deur die lens van jou duikbril. Geen selfone, geen stemme, geen geraas. Here, dis mooooi.
Het ek al gese dat Zone Reality vreemde programme het?
Dagse Skoor
Klink vir my die vreemdegeit van ‘n duik vakansie sit nog vol in die lyf daar by jou. 😉
Groete
Daar is darem niks lekkerder as lekker nie! Ons het darem so bietjie gesnorkel die vakansie, (net jammer kus-langs is al waar voorheen lewe was, uitgeroei…), ek het die rugstut so skelm-skelm afgehaal!
Ek kannie duik nie 😦 – ek kry waffer angs mens dit nou ookal noem, maar ek hét probeer (twee keer), want die droom bly… maar ek snorkel te pragtig – agterkoppie en boude in die son en die wete dat as ek my kop oplig daar propperse asem sal wees maak dit ‘n heerlike ervaring vir hierdie waterbaby.
LOL @ jou haksening-tan!!
/me maak nota vir daai Forrester’s Draught – sal Helge moet Waterfront toe sleep vir daai een!! (ek kom kuier daar by julle vroeg in Februarie!!)
Tersia, dis om van woedend te raak. En kan jy glo, die afgelope 9 keer wat ek met my kwota huis toe is, het ek nie 1 padblokkade teegekom nie. Hoeveel mense is met onwettighede huis toe? Die SAP is ‘n bondel patete wat almal vingers in die paai het. My standpunt. Niemand worry oor bewaring nie. Stroop is die ‘in’ woord.
BB, lol, jy duik reg man, daai is die lekkerste duik. Jy kies ook die warmste maand in die Kaap om te kom bier drink! Maar nou ja, ten minste is dit die Kaap, ne. Min plekke so mooi. Geniet. Ek sal kyk vir ‘n blond met ‘n reus aan die hand, sou ek in Feb dalk die Waterfront tref!
Jinne soos ek nou hier lees, knik my kop sonder onwillekeurig en begin ‘n glimlag om my mondhoeke krul…
Dis so waar!!!
Nie ‘sou’ nie – TREF hom suster!! Ek sal mos iets allerverskrikliks ini gesig gevat wees as ek moet uitvind jy willie at least kom ogies wys nie!! Maar my!! Of issit 2 dagreise te perd van waar jy bly?? dan skuif ek mos die venue – eeeehhhm wat van Century City (is daar ‘n nice coffeeshop??) of Cavendish Square?? Ek wil regtig almal sooo graag sien – maar ek issie van ‘daar’ nie, so iewers moet iemand vir my vertel wat mees sentraal is en waar almal darem kans voor sien… Hmmm Skoor??
Nee BB, ek is mos ‘n introvert en ek hakkel vreeslik. So ek sien nie eintlik mense nie. Hierdie is maar my manier van kommunikeer.
Maar as jy jou reisplan stuur na my epos addy, kan ek dalk ‘n plan maak.
JipJip!!! Jy kan ook net kom en tjoepstil bly – ek sallie praatwerk doen, dan kan jy briefies onder die tafel aanpass?! Og, Helge is okkie ‘n public speaker nie – stotter ook maar soms lekker erg!! Wag laa’k jou epos!! xx
Ja jislaaik, ek begin so sweet en my naels raak so ‘n dof blou as ek mense moet ontmoet, en die ander dag het ek so gestotter, my glasoog het uitgeval!
Was dit nou vir jou ‘n ding. Want toe trap die waiter op die oog, en glas skuur mos maar.
Nou loop hier so ‘n vaal streep verby my pupil!
Maar dit pla my nie, ek sien niks van die kant af nie.
Mense is wel confused. En dan vra hulle my wat gaan aan met my oog. En dan begin ek stotter, maar gelukkig het ek nou geleer as ek stotter, hou ek my hand in ‘n bakkie onder my oog. Net ingeval.
Al is my regterhand se middelvinger af, sal die oog darem nie sommer deur daai gap val nie!
En dit alles oor ek ‘n skaam introvert is. Dit voel of ek dubbel gestraf word.
Sorry Merriemuis, sien wat maak een oog – dit laat jou soms mense miskyk. En dit wil ek nie.
Welkom in die blogsfeer!
Skoor!!!! Nou wil ek jou EERS sien!! EK het nog nooit iemand met ‘n glasoog geken nie – hmmm ek ken darem iemand sonder ‘n middelvinger – en my ma het net ‘n halwe middelvinger- tel dit?? Oh come on, toe ‘samblief man?? Sal jy kom?? Sê tog ja?! (voel of ek besig is om ‘n song te skryf
LOL!!) Waffer plek pas jou?? Ek sal ook plan en tyd maak en jou alleen kry iewers in ‘n parkeergarage 😉
Jy wil my NIE iewers alleen in ‘n parkeer garage kry nie! Kyk jy nie movies nie? Dis dangerous plekke, parkeergarages. En dis net weird mense wat daar uithang…is jy weird, he?
Ek verskyn darem in die openbaar – die glasoog en af middelvinger is my enigste sigbare defek, tot ek my mond oopmaak, natuurlik.
Ek wag nog vir jou reisplan in my inbox. Het jy alweeeeer my email addy verloor? 😉
Dankie man… ek geniet dit vreeslik baie!!! Ek “blom” omtrent omdat ek uiteindelik ‘n spasie gekry het om bietjie die kreatiwe sappies te kan laat vloei!!
Net so vir ‘n nagedagtenis, MM: ‘n goeie lover sal ook die creative juices laat vloei! Moenie dink dis beperk tot blogging nie…
🙂 🙂 😉
jy’s reg 😛
… maar … vir iemand wat bietjie ‘n (kom ons stel dit mooi) “teleurstelling” gehad het so wat 2 weke terug… gaan ek vir nou eers net my by die blogging beperk
Dan sal ek nie verder onsensitief wees en wildhede voorstel nie.
Sterkte met die heelword!
Ek het net een stuk raad vir vakansies: Gebruik sonskerm. Genoeg.
I’m usually gentle and kind and forgiving
but touch my sunburn if you’re tired of living!
Ek ken daai een. Dis van dit ignoreer, dat ek laasjaar ‘n post moes doen oor sonbrand!
🙂