Kyk, ek doen mos nie krismis en die hele hype nie. Gelukkig het ek nie kinders wat my mal maak met sinnelose geskenke nie, en ja, die hele gedoente steek my dwars in my krop en die liedjies wat baie binnekort weer gaan weergalm deur die crazy shoppingcentres gaan my spiere beproef.
Maar dan lees ek wenslysies van oumense en kindertjies, en my hart raak sag, en ek deponeer iets om ‘n paar behoewendes se dag ligter te probeer maak.
Ja, hier gaan Skoor alweer. Vra en smeek gaan ek nie, ek laat jou self lees, voel, en dan besluit…
‘n 66 jarige man vra: ‘n Figuursaagie of skuurder – ek wil graag weer houtspeelgoed maak of ‘n koopbewys by Game of sommer enige iets asb
‘n 84 jarige oom vra: Toiletware of sommer iets wat lekker is asb
‘n 70 jarige oom vra: Elektriese boor – of ghrinner – of stel boore asb
‘n 68 jarige man vra: Plakkies nr 10 – of Onderbroeke large – of Mum for men spray en aanrol asb.
‘n 72 jarige oom vra: Mach 3 skeermeslemme – of deodorant – of seep asb
‘n 75 jarige oom vra: Hegpleister en sakdoeke – of toiletware – of pantoffels nr 10 asb
‘n 69 jarige man vra: Kouse – of naskeer middle – of ‘n handoek asb
‘n 68 jarige man vra: Klein radio – of kruideniersware – of broek nr 36 – of skoene nr 9
‘n 77 jarige oom vra: Enige koopbewys – of boorpunte – of pantoffels nr 8 asb
‘n 72 jarige oom vra: Enige iets wat ek kry sal ek voor dankbaar wees dankie.
‘n 63 jarige dame vra: Enige iets – of dove seep produkte asb
‘n 70 jarige tannie vra: ‘n Badkamer matjie – of sonbrandolie nr 3 en hoër – of gesuikerde vrugte en lekkers asb.
‘n 75 jarige tannie vra: Baba poeier – of sjampoo (appelgeur) – of dawn handeroom
‘n 73 jarige tannie vra: Vleis – of eetgereg – of enige iets van waarde asb
‘n 67 dame vra: Dagboek met dagstukkies (Solly Osrovich) DVD van Juanita du Plessis – of suikervrugte en sjokolade asb.
‘n 72 jarige tannie vra: Dove produkte – of ‘n badhandoek – of kombuis vadoek asb
‘n 68 jarige dame vra: Toiletware – of lekker eetgoed – of handoek en waslap asb
‘n 59 jarige dame vra: Dubbelbed lakens – of badhandoeke – of ‘n elektriese klitser asb
‘n 63 jarige dame vra: Ultra Lift Pro-X (om plooie weg te vat) of – ‘n elektriese klitser
‘n 60 jarige dame vra: ‘n Blokkiesraaisel woordeboek, sakdoekies – of badolie – of lekkerruik seep.
BY DIE KINDERS:-
7 jarige seuntjie vra:- Remoud karretjies of ‘n rappie bal of ‘n riemoud bootjie asb.
- 12 jarige seun vra: Skytbord of nr 6 skoene of arem horlosie asb
- 8 jarige seuntjie vra: Skone size 11 of speilgoed of ‘n fiets asb
- 2 jarige outjie vra: Swemtjoep met ‘n frokkie of groot trok of groot speelbal asb
- 11 jarige seuntjie vra: Fiets groot asb of ‘n rugby set die bal met ‘n place bakkie asb
- 10 jarige seuntjie vra: Christelike DVD of klere of DVD met kinderstories groot asb
- 11 jarige seun vra: Boycikel (fiets) of ‘n groot truk of ‘n sakerball (Sokkerbal)
- 17 jarige seun vra: Sharks trui medium of sharks duvet stel vir enkelbed asb
- 9 jarige dogtertjie vra: Baby born of baby born se prem asb
- 5 jarige dogtertjie vra:- Pop wat praat en ‘n opblaas swembadjie asb
- 8 jarige dogtertjie vra: Baby born wat kan piepie en praat of ‘n prem vir die baby pop!
- 8 jarige dogtertjie vra:’n New born baby of ‘n Bratz poppie of enige lekker badgoedjies
- 10 jarige dogtertjie vra: Barbie pop of badgoedjies of hare goed asb
- 16 jarige meisie vra: Horlosie wat sal hou, juwele en haarknippies en alyceband asb
- 16 jarige meisie vra: Gremering (stel) of Hip-hop cd (Chris Brown) Naelstel (tips)
- 7 maande dogtertjie: Prem of tedbears of ‘n pink towl asb
BELANGRIK
Dit maak egter nie saak wat/hoeveel ‘n persoon skenk nie – elke geskenkie is bitter welkom en gaan ‘n hartjie baie bly maak. Ons verpak die geskenke in mooi kleurvolle plastieksakke. Dit is baie handig en ons vul dit meeste van die tyd nog met lekkers en somtyds ook kruideniersware op. Die bedrag per geskenk is R80.00 asb. Ek glo dat mens hiermee ‘n lieflike geskenk vir elkeen kan koop. Ek wil nie graag skryfboehoeftes vir die kinders gee nie, dit doen ons aan die begin van die nuwe skooljaar. ‘n Kersgeskenk moet ‘n heerlike bederfie wees!!! ‘n lekker “nice to have”!!! Ons gaan ook massas eetgoed, lekkernye, koeldrank ens. moet insamel. Bystand hiermee sal ook waardeer word. Ek gaan weer individuele funksies hou. Verlede jaar se funksies was ‘n reuse sukses en baie meer persoonlik omdat daar kleiner getalle was. Ons het ook ‘n hele paar Kersvaders nodig!? Indien u ‘n geskenk wil borg, kan die betaling direk in ons rekening gemaak word met die vewysing: Kersfees 2008 asb . Dan weet ons waarvoor om dit aan te wend
Bankbesonderhede:Danville Hulp Projek
FNB – Brooklyn Takkode:- 251 345 Tjek rek: 620 546 34128 Swiftkode: FIRNZAJJ926 |
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551 E.pos – elecnet@mweb.co.za Webwerf: www.danvillehulp.co.za PS Bel asb voor jy ry |