Of vader Krismis het vir sommige bloggers ‘n ‘Protected Blog’ gebring, of daar is steeds ‘n paar verbitterde ou tannies wat agter die skerm sit en probeer om die blogsfeer te beheer soos vroeger in 2008! Self aangestelde klaskapteine!
Maar waarom jou blog loop protect as dit die bymekaarkom plek van bloggers was om saam te gesels?
Soos ‘n blogger my gese het, toe ek verlede jaar my blog summier wou delete: vat dit van die tipe mens van wie dit kom. Jou blog is JOUNE.
Daarom, aan elkere blogger wat wonder of die blog delete moet word, of gesluit moet word, oor simpel blog bekgevegte: dit is JOU blog. Jou monument. Hou dit daar en wys vir die wat jou dwing tot sulke gedagtes, dat hulle net in beheer is van hulle eie klein wereldjie.
Nie van joune nie!
😆 Voorspoedige nuwe jaar Skoortjie. Mwa!
lekker vrydag agie
:)))
Ja Roer. Jy ook. Voorspoed en baaaie lag.
Vrydag is niks, Katjiepiering, ek het net oe vir Sa’rag!!
wie is die klaskaptein juffrou, vertel tog vir my.
vertel vir hulle Skoor, vertel vir hulle.
Ai, hoe bly is ek dat jy nie toegegee het aan die versoeking om jou blog te delete nie!!!
Hou so aan… asseblief!
Sê ek ook mos!
Rosa, jy is snaaaaks! Ok Maxie, ek is nie vanoggend in die mood vir stry nie – die naweek was te lekker. Vir nou kan jy jou sin kry. 🙂
Dankie Krista. Dat jy nie een van daai tannies is nie. LOL!
Goeie dag!
Hello Ice!
Kry jy koud??
Uh uh waar gaan ek nou sulke lekker resepte kan vra!!! 😆
Die lewe is te kort vir baklei en nonsies!!
Ja Wipneus, waar sou ek my eie resepte gaan bere het, as ek ‘delete’ gedruk het, ne! Dis immers wat my blog is – my eie elektroniese resepte dagboek. Die feit dat ‘n paar groot webwerwe links daarnatoe dra, is ‘n bonus.
En elkeen soos jy wat kom inloer, is ‘n lekker verassing.
Jammer dat sommige dit as ‘n kompetisie en bedreiging aanskou het! Vreeslike volwasse mense, die bloggers.
Ek wil egter beskaafd van jou verskil: ek her-struktureer jou slotsin tot ‘DIE LEWE IS TE KORT OM JOU AAN ONVOLWASSE OUMENSE TE STEUR!’
Kook voort. En bly inloer!
NS: ek sou net my ‘Kranse’ blog delete – Skoorkos was nog nooit in gevaar nie. Ek sal hom hou om al die ‘Eie Ekke’ te irriteer.
Viva!!
Dagse Skoor
Wil vir my voorkom ek het ook iets gemis 😕
Geniet jou blog, dis joune en niemand anders sin nie. 😉
Nee wat White Knight, jy het eintlik niks gemis nie. Ten minste dink jy tans almal is nice en skadeloos en skinder nie 🙂
Ek het probeer antwoorde kry op al die blogs wat skielik net vir die eienaars se oe bedoel is, maar ek het nognie ‘n duit verder gevorder nie.
Miskien het hulle weer die sake oopgesluit, en bedryf besigheid soos normaal. Ek sal maar weer gaan loer…
Partykeer as iemand besig is met ‘n edit aksie op sy/haar blog lyk dit vir die oomblik ‘gesluit’ – en dan net so ‘n uur of wat later issit weer ‘for all eyes’… ah well, ek’s bly jy’s nog hier rond!! Jy kan kook??? 😯 – jy moet bietjie daar vir Rosietjie kuier, sy seg sy kannie 🙄 – maak vir haar ‘n nice printout van 101 floplose reseppies en gaan wys haar hoe om die goed te kook
Nee wat jong, ek lieg deur my tande van ‘kan kook’. ‘n Eier, ja. Maar dis ook met genade!
Nee BeeBee, Rosa intimideer my te veel – sy sal die samestelling van die patat aan my uitle, en sy DNA oopgooi, en al wat ek wil doen is om hom bietjie met olyf olie te masseer, liggies te sout, en verleidelik op ‘n bakplaat neer te le.
Ek kan honestly nie vir slimmes leer kook nie. Tot my melk kook oor sulke tye!
🙂 🙂 🙂
Lekker skinder julle agter my rug. Lekker uitgevang!!!
waaaa is die 101 floplose resepte???
ek wil net se my blog is nie private nie 🙂
ag waarvan praat Skoor nou eintlik? wat het ek gemis behalwe kooklesse?
Nee Rosa, jy het fawkol gemis behalwe die suur melk van die kooklesse nie. Wees gerus. (Ek wil nou nie die hele ou bokslike spul herhaal hier nie)
Oor die 101 floplose kooklesse, kan ek net seg:
#1: sorg dat jy weet hoe jou oond en stoof werk, anders gaan die ander 100 resepte regtig nie ‘n impak he, of ‘n indruk maak nie….
Dankie dat jou blog nie private is nie. Of jou private ‘n blog is nie. Nee gits, sien wat maak hitte aan my brein!
Iemand het die oond se deur in die Kaap oop vergeet vandag – ek wonder of dit nie dalk jou oond is nie!
Ek dink Blog Delete is amper ‘n doodsonde! OK, dit is jou eie monument, maar ander mense het ook minute lank gesit en kopkrap om met pittige kommentare vorendag te kom, wat dan ook daarmee heen is.
(Maar jou monument se punt lyk my bietjie stomp bo – laat hy groei!)
Howzit Skoortjie
Ja nee, ek het al self gedog ek wou delete. Maar dis soos pyprook. Soms vergeet jy van die blerrie ding……maar as jy dit weer ruik, dan vat jy gou weer ‘n trek.
Kop, ek het geleer: wanneer jy niks het om te se nie, bly jy eenvoudig stil. Anders word jy as oppervlakkig en vervelig afgemaak…en ‘n plat monument sorg vir lekker sitplek waarvandaan mens die wereld kan dophou. 🙂
Ou Louwkie, ek was bang jou Twak is dalk nat! Wat ‘n absolute hartseer dag sou dit gewees het. Trek daai pyp boeta, suig hom diep. Van Hunks het sy dunke so gedink. En ek verwag van jou niks minder as erg kreatiewe plasings nie!
/me loer in…..
*tsk* seker al weer g@t oor kop ini diepsee…
Toe nou nie, g@t oor kop kan eintlik alweer ‘n post blog oor Sondag se fiasko, maar daarvoor is daar nie nou tyd nie.
Ek is ‘n wetsgehoorsame burger – ek duik net kreef oor naweke, soos deur die wet bepaal!
🙂
Jy bedoel jy gaan vir my ‘n krefie braai??? Haai Skoortjie, thanks man!!! Jinne, ek’s nou so opgewonde!! Ek sien jou Saterdagmiddag die 7de! You can consider it my b’day present – en as daar nie kreef is nie, stick ek jou (julle) vir ‘n ding sonner pote ook graag!! (die b’day present is jou teenwoordigheid – nie die kreef nie!!)
Nee wat ou BeeBee, ek was mos erg brekgat die ander dag oor ek dan nou kwansuis die meeste kreef al die seisoen uitgehaal het.
Sal die lewe my nie laas Sondag sy alie draai, en ek haal nie een size uit nie, wyl Skoorlief sommer lekker met 5 aan wal gestrompel kom (in daai suits loop ons stokstyf, en strompel voort)
Toe moet ek maar ewe naais EEN op my permit inskryf, en dis nie eens my een nie. Yuk!
Ons het so ewe gister R500 se kreef (indien jy dit in ‘n restaurant sou bestel teen ‘n bargain prys van R250 per kreef) sit en opeet, in ‘n voorgereg, terwyl ons 7de Laan sit en kyk. Hoes daai vir windgat!
Ek sal my nooit so onder druk plaas deur te se ek sal vir jou kreef gee nie, netnou duik en weer in die see se alie vas! hahaha
/me sleep vir Skoor in reverse uit op die strand – seesand tot ini kuif!! Jy kan nou maar ophou duik en elke aand kreef vreet en jou bloggermaatjies so gruwelik afskeep en at least a piece of wisdom deurgee daar!! 👿
Jip ek is laat, sal by nuwe blog ook gaan draai, wou net gou seg: AMEN