Hierdie blog se naam moes eintlik ‘Skoorbek’ heet, maar in my haas om dit te doen, beduiwel ek toe die epos adres se adres, en kom die aktiveringsgedeelte nooit by my uit nie.
Dus is die domain ‘skoorbek’ geregistreer, en swerf hy sonder aktivering, in die kuberruim rond.
Ek is ‘n introvert, wat by geleentheid lekker uit my vel kan spring. Ek baklei gou met mense wat teen ‘n muur van ander se gedagtes vaskyk, en ek glo die belangrikste persoon in my lewe, is ek self!
‘n Elektroniese dagboek sal hierdie nooit wees nie, want ek kon nog nooit ‘n dagboek volhou nie. Maar ‘n opinie oor die omgewing waarvan ek deel is, daarvan sal jy meer dan genoeg vind!
En dat ek jou met ‘n gedagte sal laat, is my wens vir jou.
As jy na My Dashboard/Users/Your profile toe gaan, kies Afrikaans as jou taal van keuse. Op dieselfde bladsy verander webpage na https://skoorblok.wordpress.com en update settings. Dit sal maak dat jy op die afrikaanse bladsy verskyn en ook dat mense jou page kan access deur op jou naam te click op jou comments. Sterkte
o ja, gaan na options/general en verander die taal na afrikaans. Onder options/discusion kan jy ook maak dat jy nie alle posts moet modereer voor dit geplaas word nie (ek sien jy het dit aan)