blom2Om ‘n link in te sit na die Emma Dixon Projek se webwerf, sou ‘n kliek-mors wees.  ED het besluit om haar blog te sluit.

Sy het ‘n tyd gelede stil op die toneel verskyn, met harde baklei, introspeksie, retrospeksie en monoloog. 

In ons almal is daar seker een of ander tyd ‘n ED wat platgeslaan is deur die ontnugtering van iets wat uitgewerk het anders as wat ons drome daarvoor was.  Met seerkry wat so yna soos ‘n nerf-af arm aan ons kleef.

‘n ED wat glo dat die lewe nooit weer sal reg lyk uit eie oe nie.

Vandag dan ‘n spesiale gedagte vir ED en almal soos sy.  Mag jou pad ‘n Lig op kry wat jou swaar voetval die weg sal wys, sodat, wanneer jy eendag weer buite kom, jy verstom sal staan oor die koor van die natuur in jou ore, en die skielike bruising deur jou are.  blomme

Want jy lewe.  Al voel jy nou dood.  En al voel jy dat jou lewe nooit weer sin sal he nie.

Dankie my Skoorlief dat ek teen jou stam kan terugleun en die suising deur jou are my anker en oor my eelte streel en dat ek weet jy weet wat ons weet.  Ek is maklik lief vir jou.