stick1IRB Sevens.  Oftewel Sewes Rugby, soos gewen, vir ‘n tweede agtereenvolgende naweek deur die BlitsBokke, is pas agter die rug.

Gebeeldsend, al die pad uit George. 

Geluk aan Mzwandile Stick en sy Bokspan.  Ook aan die Ebersohn jongman wat as beste speler aangewys is. 

Jammer Stick, maar ons ‘Stokkies’ jou sommer in die huis.  Dis maar ‘n Boere-ding, die heg van Afrikaanse woorde aan iets ingils.  Jy moet hoor hoe lekker gil die woord ‘Stokkies’ as jy aan die bal vat!  Welgedaan. 

George!  Asseblief, hoekom tog George?  Waar niks aangaan nie, en die stadion soos ‘n plattelandse dorp se skougrond pawiljoene lyk.  Ek sien hulle adverteer ‘City of George’, maar dis ook maar net omdat die plakkerskamp vreeslik groot is, anders was dit maar ‘n dorp.

Die indruk na verlede naweek se Dubai skouspel (die stadion is spesiaal gebou vir die Sewes Toernooi, gepak met 50 000 toeskouers) tot hierdie naweek se George poging, was belaglik, om die minste te se. 

Die TV kyker kyk TV omdat daar iets aan hom gebied word.  Met die Dubai uitsending, het ons sommer in high spirits TV gekyk – dit het geklink soos ‘n 20/20 krieket game met jolige musiek, en toeskouers was uit hulle nate uit.  Mense het opgedress en solo-vertonings gelewer as die kamera op hulle was – te lekker om voor te lag.

George.  Boring!  Swak kamera werk.  Die lig val sleg op die veld, en die kamera het gesukkel om die donker en lig van die veld te prosesseer. 

Ek is seker dit is ook ‘n tweederangse kameraman wat gebruik is, want tegnologie moes seker al hierdie soort van pyn geabsorbeer het?  Die klank het bestaan uit die vervelige ingilse stemme wat uitgesaai het, met pogings om die skare se klank ook by te kry, wat later laat staan is by tye.  Atteljee-klanke.  In surround.  Boring en amateur agtig!

Die skare was boring – niks snaaks om na te kyk nie, niks lekker saamsing en massa gees nie.  Die wereld het seker maar net so verveeld sit en saam kyk na boring George.

En hoekom nie die laaste twee wedstryde in die aand speel nie?  Dit is net soveel meer opwindend en lekker om in die aand te kyk.

Mag die organiseerders die volgende Sewes in ‘n beter stadion huisves.  Deur GENOEG media dekking voorafgegaan, sodat die res van die inwoners van die land ook kan weet dat daar magic rugby op TV gaan wees, en dat hulle die Nasionale span kan ondersteun.  Dit is ‘n skande hoe hierdie sport aan die agterspeen moet suig.

Ek weet ek het nou baie die woord ‘Boring’ gebruik, maar vergelyk die twee naweke, en jy sal verstaan dat dit frustrerend is om ‘n Witvrou in Afrika te wees.  Hierdie is allermins ‘n boring spel, met 10 minute aan ‘n kant, is jy gewaarborg om baie meer op jou voete te wees.  En dit is nie omdat jy die ketel gaan aansit nie.  Dinge gebeur vinnig in die spel!