Archives for category: Lawwe Bek

Is mens nie net veronderstel om te ontspan as dit vakansie is nie?  Of is jy effe meer oplettend, en dra jy vol aan die sak van herinneringe en lesse na so ‘n wegbreek van die werk?

duikEk het ‘n paar gewaarwordinge gehad die vakansie:

Jy staan makliker om 05:00 op (vir ‘n hele week) as 07:00.  Die verskil tussen die twee tye – die vroegere een is om reg te maak vir gaan duik.  Nie 2 ure later, waar jy moet klaarmaak vir werk nie!

Dit is wys om NIE op 1 Januarie van enige jaar, die kuspad deur Gordonsbaai te ry nie.  Dit neem jou ongeveer 25 minute om 4 kilometer te vorder, en op ‘n warm dag is die gevolge vir jouself en jou voertuig minder aangenaam.  Dit is egter wys om jou kar se engine nie aan die gevaar bloot te stel om te oorverhit nie.  Sit dus die kajuit lugreguleerder op sirkuleer, stel die hitte op maksimum, en sit die waaier volspoed aan.  Sodoende forseer jy die water om deur die engine te sirkuleer, wat die temperatuur sal afbring, en skade kan verhoed of beperk.  Wat egter met jouself binne-in daardie hell hole gebeur, is ‘n storie vir ‘n ander dag!

Jy tan verskriklike snaakse, onverklaarbare strepe van net bo jou enkels tot op jou hak.  Die teenoorgestelde word ‘n “Boere tan” genoem, waar die sokkies gewoonlik in die ou dae hoog opgetrek is, en dan ‘n wit enkel en voet tot gevolg gehad het.  In my geval is dit egter die ure ‘afloat’ in die see, met die duikpak broek wat bo my enkels eindig, en die flippers wat my hak toemaak.  Vreemde, vreemde tan wat ek oor het van my heerlike dae!  So ‘n donkerbruin streep oor my haksenings! (een manier om my tans te identifiseer)

Jy kan uitgeeet raak aan kreef, al het jy die somtotaal van 1 gehad die hele vakansie.  Ek weet nie of dit al die gekook is wat na die duik moes gebeur nie, maar my lus is tans met vakansie.  Ek hoop darem dit is teen die naweek terug, want die vrieskas soek nog voorraad, en so ‘n krefie op die kole klink nou vir my lekkerder as om vanmiddag te gaan slaap.

Gepraat van.  Moenie jou lyf gewoond maak om na 2 in die middag ‘n bietjie te gaan skuinsle nie.  Hou aan, bly wakker.  Want die eerste dag by die werk is HEL!

Zone Reality het VREEMDE VREEMDE programme.

Jy kan BAIE episodes van Prison Break in een dag inpas.  Moet net nie skrik as jy klaar gekyk het, en dis skemer buite nie.  Dis ‘n gegewe dat die tyd sal vlieg.

Die Boereraad van klapperolie in jou kopvel en hare inmasseer na ‘n seevakansie, werkduik2 nogal.  En dis nie so moeilik om van die olie ontslae te raak nie.  Gooi sommer ‘n paar druppels laventel olie ook by vir oemf!

Daar is NIKS wat ‘n Kaapse grasperk so mooi groen laat soos ‘n somerreentjie nie.

Mental note to myself:  bly weg uit die Waterfront op 26 Desembers… Maar as jy daar is, moenie nalaat om ‘n Forrester’s Draught te drink vir brekvis nie.  Hou egter by een.  Jy wil nie opstaan en voel of jou bene aan die stoel vasgegroei het nie!

Die mees Goddelikke plek, waar vrede en harmonie absoluut in een vloei, is in die water, deur die lens van jou duikbril.  Geen selfone, geen stemme, geen geraas.  Here, dis mooooi.

Het ek al gese dat Zone Reality vreemde programme het?

‘n Man boek in by ‘n hotel in Pretoria .

Daar is ‘n rekenaar in sy kamer en hy besluit om vir sy vrou ‘n e-pos te stuur, maar hy maak ‘n tikfout en dit daag by die verkeerde adres op.

Intussen kom ‘n weduwee in die Kaap by die huis na die begrafnis van haar
man.

Sy besluit om haar e-pos te lees, verwagtende dat daar pos sal wees van
familie en vriende van ver af.  Sy lees die eerste boodskap, gil, en Val flou.  Die weduwee se seun storm die kamer binne en nadat hulle haar gelaaf het, beduie sy net na die boodskap op die skerm en word weer flou.

Op die skerm lees hy toe die e-pos wat die man van Pretoria geskryf het:

Onderwerp: Ek is hier liefling.

Ek weet jy sal seker  baie verbaas wees om van my te hoor!
Hier is Internet en mens mag boodskappe stuur aan jou geliefdes.  Ek het so
pas arriveer en is nou net ingeboek.  Ek het ook seker gemaak als is in orde
vir jou aankoms oormore.  Ek sien uit daarna om jou weer te sien, en dis
gelukkig binnekort.  Hoop jou reis is ook so rustig soos myne was.

Jou verlangende man.

NS.  Dis vrek warm hier.

(Dellie, ek hoop dit beantwoord jou vraag! :D)

Die muisgesin sit om die tafel en gesels.  Kat kom ingehardloop.

Pa muis skrik hom in sy moer, vlieg op en begin vreeslik blaf.

Kat skrik so groot, hy draai om en hardloop weg.

Toe pa muis weer sit en tot verhaal kom, se hy vir sy kinders aan tafel:  “BESEF JULLE NOU DIE BELANGRIKHEID VAN ‘N TWEEDE TAAL!”

Ek weet nie hoeveel van die bloggers vermaak is deur MNET se COCONUTS nie, maar ek was een wat redelik naby die einde van die reeks, ingeval het vir my weeklikse dosis woordspeling en geite.

Aanvanklik het ek my nie aan die advertensie daarvan gesteur nie, want hoe kan ingilse komedie op SA TV nou enigsins snaakser wees as die BBC se ingilse komedies. 

Ek was verkeerd.  Van die eerste kyk wat ek perongeluk raakgekyk het, het ek gegiggel vir die stuitighede van die wit gesin wat swart gemaak is omdat hulle op sg. voorvader grond loop kamp het.

Gisteraand het die Coconuts koebaai gese, en ek het nie ‘n kontak by MNET om uit te vind of hulle al skiet aan reeks 2, en of die regering se anti-coconut en kffer woord campaign, nou maak dat ons nie verder kan lag nie.

Ek hoop egter dat genoeg mense saamgelag het, sodat dit ‘n tweede reeks regverdig.

As dit dalk op DVD uitkom, en jy staan besluitloos in die winkel en weet nie wat om te huur vir die aand nie, doen jouself die guns.  Dit sal jou nie teleurstel nie. 

Veral die laaste minuut van die finale het hierdie Kapenaar se hart byna laat staan van al die lag!

Die goeie siel, Sonkind, tag my toe om my muis te wys.  Ek het haar uiteindelik opgespoor, maar dit is nogal ‘n rowwe storie.  Dit lyk eintlik of my muis ook Saterdag aand tussen die studente in Bohemia en Mystic Boer was

2008_0311muis0080.jpg

maar ek sien darem nie enige uitwendige skade nie.  As sy haar roes klaar afgeslaap het, behoort ek meer te hoor.

Mits dit met ‘n chiro is. 

Ek sien nie kans vir hierdie R170 vir 7 minute se ruk en pluk nie.  En ek is badly in need vir ‘n ruk en pluk sessie – my nek is weer heel uit.  Ek dink Sondag se rowwe see het iets hiermee te doen.  Die ou beserings het mos maar ‘n manier om weer terug te kom en jou skene te kom byt.

Ek dog ek gooi maar die lyntjie uit…

kaapse-padda.jpg

Ai, die vakansie het skaars begin, of die eerste mallighede steek kop-uit.

Ek en Skoorlief sou gisteraand ‘n play by die Oude Libertas gaan kyk.  Ons was effe verbaas oor die Sondag aand vertoning, maar alles is moontlik in die Eikestad van ons.  En gelukkig was Saterdag soooo warm, ons kon teen son-sak die bodyboard in die bakkie laai, en see toe om te baljaar en af te koel.  Daarna is ons vir heerlike Chinese, en tuisgekom, die huis oopgegooi en le en fliek.

Terug by Sondag aand.  Ons is deur die stort, ready to go in ons Sunday best, en ek gryp die kaartjies net om te sien of ek die regtes afgeskeur het van die pak (ons boek vir die hele somer seisoen, so die pakkie is dikkerig).  My goeie %^#$@(&%@!  Daar staan in groot swart letters:  22 Desember 2007 om 20:15.  Gaan kyk maar op jou almanak watse aand was 22 Desember 2007, en huil saam oor die R230 wat ons gemors het, en oor die vertoning wat ons gemis het, en oor ek so die duiwel in voel!

 Toe gaan kyk ons maar Surf’s Up, en gaan sit in die siedende wind en coctails drink met die volmaan wat flirt bo ons koppe.

Vandag was ‘n tipiese Transvaalse dag in die Kaap – of so neem ek aan, ek praat maar uit oorvertellings.

Behalwe vir die wind wat my weinig slaap gegee het vannag, het die tuin ‘n lelike knock onder sy aanslag gehad.  En toe begin die donderweer en blitse, en ek moet net katte troos (ons ken mos nie daai styl van weer hier nie!)  En die reen sak uit in emmers, sommer so 6mm binne 5 minute, en gooi alles papsopnat.  En dit hou op.  En die bedompigheid duur voort, en die wind gaan voort. 

Is dit omdat so baie Transvalers hier in die Kaap is, dat ons weer nou vir hulle moet entertain?

I don’t like – ek hou van my reen met lekker koue, en dan kan dit sommer ‘n dag of 3 aanhou!

Gegroet.  Hoop julle datums gooi nie breingolwe deurmekaar nie. 

Platterfuss, ek het jou gaan google, en toe gooi die rekenaar vir my net hierdie teken uit!  Toe besluit ek maar om dit met die res van die bloggers te deel.

Jou ‘toekenning’, of sal ons dit jou y8350.gifnommerplaat noem!

Smiles