SEARCH ENGINE TERMES:
Ek het al baie laat gaan, maar vandag het ek besluit om hierdie page te begin, omdat mense se bewoordings my soms laat giggel!
****************************************************************************************************
*hoe maak mens kreef gaar
Wie de donir het begin duik voor die seisoen WETTIG open?
*ek is moeg om soos ‘n hond behandel te word…
Demit – wat seg ‘n mens vir so ‘n search engine term! Lig jou been en pie op sy kop as hy slaap. En as hy wakker word, dan byt jy hom!
*sokker wereld bekker lied
EISH WENA! Hierdie Boervrou het nie tyd vir ‘n game wat op die nuus kom, omdat ‘al die spelers van die Bafana het opgedaag vir hul wedstryd oefening’ nie! Sies, hier kry jy net rugby, en leer bietjie spel: beKer.
*Boererate…
Ek skryf een maal daaroor, en skielik soek almal ‘n kuur by my blog. Die enigste Boereraad wat ek kan bied vir ‘n lelike persoon: moenie in ‘n sandput sit nie, die katte gaan jou toekrap! 🙂
*die bose…!
Wragtag. Ek weet daar is ‘n paar bloggers wat verkondig het dat Skoor uit die bose is, maar ek was onder die indruk hulle het hulself al uitgewoed. Toe nou nie!
*hoe paddas werk…
Ek is oortuig dat hulle NIE werk nie, maar heeldag sit en energie opbou, sodat hulle saans en snags hulle longe kan uitgil en my uit die slaap hou. Dus, paddas werk NIE.
*Anna-Mart van der Merwe…
Daar is ‘n hele klomp mense wat versot is op hierdie vrou. Daagliks, ten minste 3 soeke na haar. En ek het gedink dis net ek!
*hoe om paddas uit huis te hou…
Dit moet ‘n navraag van ‘n gay koshuis wees, anders het ek eenvoudig nie raad nie. Waar op my blog gee ek my uit as kenner van paddas??
0 Comments