Ek het die ander dag vir JacoWosonki gese ek het ook vrae wat knaag, maar op daardie stadium was dit stupid goed soos hoekom afgetrede mans dag in en dag uit dieselfde klere dra, en later soos ou bokram ruik. Sulke goed waarop ek tog anyway nie die antwoord sou kry nie. Maar miskien sou manne wat dit raakgelees het, dit onthou het, en eendag as hulle afgetree is, elke dag stort, gereeld hare was, en die onderbroeke op ‘n daaglikse bais omruil, en die klere darem nie vir 14 dae aan-een aantrek nie. YUK! Die Bosparras het ‘n prentjie van ‘n gesiggie wat opgooi. As jy daar comment, moet jy :luke: intik, en as jou comment verskyn, is dit ‘n opgooi gesiggie. Nou ja, sulke manne laat my lus voel om te :luke: !!!
Of ‘n vraag soos hoe de hel ‘n gesonde verhouding, oornag kan verbrokkel dat albei partye wil handdoek ingooi. Hoe gesond moet ‘n verhouding wees om die druk van buite te deurstaan. Of is ‘n verhouding se raklewe oor maar net X aantal jare, en dan beweeg jy aan?
Maar, dis nie my post nie. My post gaan oor diere.
Eergister is ‘n bruin seuntjie voor my verby met ‘n katjie waarvan die ogies noudie dag eers oop is, al swaaiend en beangs in die kloue van die klein barbaar. Toe hy verby ‘n ander groep van sy soort is, skree een vir die kat, en hy slinger die stukkie diertjie na hom. Om ander daarmee rond te jaag.
Ek het die diertjie probeer afneem, sy hartjie was wild, sy ogies wydgesper. Maar jy kan nie net iets afneem nie. Jy sal ‘n rassis of ‘n dief genoem word.
Toe sms ek maar die DBV hier bo my, en twee uur later het hulle die kind en die kat opgespoor. Behalwe dat kind nognie 10 is nie, en reeds berug is vir inbrake in die omgewing, het hy ook vroeger vanjaar ‘n kat se kakebeen afgeskop. Die DBV mense haat hierdie monster.
Ek het netnou gaan kyk na die klein katjie by die DBV – hy is rustig en hou van skouer sit. Nee, ek kan nie nog ‘n kat aanneem nie, dit is ‘n uitgemaakte saak. Maar ek moes net gaan seker maak dat sy hartjie rustiger klop.
2 Ander katte wat op dieselfde dag as hy gered is, is verder gered deur Hemel toe te gaan. Hulle is uitgesit nadag hulle verwyder is van hulle huis die naweek. ‘n Babakat is teen ‘n muur vasgeslaan dat die voorbene, borsbene en ingewande gebreek het. Die ander katte is veiligheidshalwe uit die huis verwyder. Ook bruin mense.
Dit is soos diere wat diere aanhou. En nie weet hoe om met ‘n dier te werk nie.
Hierdie tyd van die jaar word die DBV oorval met diere. Studente wat weggaan en diere in die strate aflaai, mense wat met vakansie gaan en diere los of weggooi.
Ek sukkel om uit te figure wat in sulke mense se koppe moet aangaan.
Word mens gebore dat jy slegter as ‘n dier is, of word jy liefde vir diere aangeleer?
Dis my hoekom vir vandag.
“Word mens gebore dat jy slegter as ‘n dier is, of word jy liefde vir diere aangeleer?” skryf jy.
Nou ja jy sien diere is nie sleg nie, want hulle doen nooit, ooit sulke goed nie.
Maar ek vang wat jy se. Die kind se familie/gesin/ouers, kan ek jou belowe is net so boos en wreed – of erger. Hy sien sy pa dit doen.
Hy het dit daar geleer. Dit is die uitsondering wat mens so gebore word (erge persoonlikheid-stoornisse).
Ek, ek gee R100 ‘n maand aan die DBV direk uit my bankrekening. As ons almal dit doen, kan dit dalk help.
Man is the only that blushes – or needs to
Mark Twain
😥
😈
Ek werk vir die DBV en sien dinge wat my stelselmatig alle geloof in mense laat verloor.
En die rede is vir die slapeloosheid.
Woorde wek, voorbeelde trek, ne Rosa. En omdat pa die kat skop en vir ma slaan, sal ek dit ook so moet doen om ‘n man te wees! Daar is nog baie werk om op aarde te doen, maar somehow dink ek nie die probleem sal ooit opgelos kan word nie. ‘n Mens gee maar en hoop dit sal ietsie se lot verbeter.
Hoor die vermetelheid: mense kom by die DBV om te kom kyk na ‘n hond. Vreeslik opgewonde sien hulle die ‘sterilisasie kliniek’. Nou kan hulle hul 6 tewe bring vir GRATIS sterilisasie, want hulle wil nie meer teel met hulle nie.
HALLOOOO! As jy ‘n teler was, het jy iewers genoeg geld uit daai 6 broeikassies gemaak om jou Merc te ry, en om geld te he vir daardie koste. Maar nee, hulle wil dit verniet laat doen, terwyl dertuisende diere buite rondhardloop wat zips en knips dringend benodig!
Mense se mentaliteit verstom my.
Ek dink veearts studente moet ook ‘n Zuma jaar doen en sterilisasies vir ‘n jaar uitvoer. Ek weet vir ‘n feit ons veeartse kom gladnie die DBV tegemoed nie – volle prys vir elke pil, kossie of operasie. Dis ‘n donirse skande, maar wie anders gaan die moerse huise en blink karre betaal…
Ja Maxie, jy doen Engelwerk. Serious. Mense is ook net diere. Sommige is darem al bietjie getrain!
Ek stem saam met jou skoor. Dit is ‘n blatante vermetelheid om jou diere gratis by die DBV te laat steriliseer of van hul veeartse gebruik te maak as jy ‘n salaris verdien. Dis ingat en as jy hier lees en jy is een van daai mense, en kan jy maar vies wees want EK se jy is ‘n poef…Okay?
Dis ‘n ander saak as jy ‘n wegloophond/ander hond wat seergekry het, na hulle toe neem. Ek praat van ingat en probeer score daar. Jy sal weet wie jy is….
Stem oor ‘n diensjaar vir veaarste. Is net so duur om hulle op te lei een niemand is nog dood van een jaar se gemeenskapdiens nie.
Sulke dinge maak my wild – wild en woedend! Ek is bitter lief vir diere en sal seker ‘n hele DBV aanhou as my man my wou toelaat, maar heelaas, dit is ‘n duur stokperdjie. As jy nie vir jou diere kan/wil/gaan sorg nie (kos, water, inspuitings, warm slaapplek innie winter, ontwurmings, aandag, gereelde oefening, liefde, liefde het ek al gesê liefde?) moenie in die eerste plek diere aanhou nie! Dis nie ‘n soft toy waarvan jy na ‘n paar weke kan ontslae raak nie!
Ek is glad nie lief vir diere nie, maar ek sal nie ‘n dier wreed behandel nie. Nooit. Ek vermoed dit het iets te doen met opvoeding. Wonder hoe word die kindertjies behandel as die ouers diere so kan mishandel.
Hoe ONmenslik kan ‘n MENS wees!! Hoe ver sal mense gaan om skade aan diere te doen. Ons is gevra om die natuur op te pas en te versorg – in die Bybel – maar wat doen ons daarmee! Dis skokkend wat ek hier lees, Skoor. Dit breek my hart as ‘n kat/diere-liefhebber. Ek kan my net indink hoe daardie arme katjie moes voel! Dankie dat jy daar was om hom te red, waar sou hy nou gewees het as dit nie vir jou was nie, dankie vir mense soos jy!! Ai, tog, ek wens baie keer so dat alle mense net goeie harte kon he! Hoe heerlik sou dit nie gewees het om dan op hierdie aarde te kon wees nie.
Ek kan geen wreedheid teenoor enige diere hanteer nie. Ek is nie ‘n katliefhebber nie, maar snaaks genoeg hou die gediertetjies van my. Ek troetel gewillig as een kom aandag soek, maar sal nooit een aanneem nie.
Daar is mense en daar is mense. Ek wens ek kon in die kop kyk van iemand wat diere mishandel. Ek is bang vir sulke mense. Hulle het geen respek vir enige vorm van lewe nie. Kyk maar, iemand wat moord gepleeg het, het heel waarskynlik ook een of ander tyd diere mishandel.
My brakkie lê by my voete en wag vir enige teken dat ons met sy bal gaan speel; geduldig. Ek het vanoggend in sy ou ogies gekyk en dankbaar gevoel omdat hy my gekies het om by aan te klop vir ‘n huis. Hy is baie spesiaal. Al is sy veeartsrekening soms histeries hoog….
Ek kan baie hartseer word as mense diere verniel! As ek hartseer word, kom daar so donderwolk oor my en ek sal iemand iets vreesliks aandoen. Ook maar goed ek het nie hierdie ding gesien nie Skoor, dan het ek verseker agter tralies geslaap!
As iemand ‘n dier kan mishandel kan hulle ook ‘n mens mishandel. Ek glo dit met my hele wese.
Hallo ALMAL wat hier gecomment het. My brein is gekook, ek sal verkeerde replies sit by verkeerde name vandag.
Jip, dis mos nou weer somer. Nou kan sekere mense smaail wat in aircon kantore werk, en wat NIE sinus kry as hulle met ‘n waaier slaap nie. Me, on the other hand, het nie aircon nie, en ek kry vreeslik sinus van ‘n waaier. En dit was 28 grade binne toe ek vanoggend opstaan. Verskoon dus my gedisorienteerde voorkoms…
Wat sou gewerk het, is ‘n regering wat streng wette toegepas het t.o.v die aanhou van diere. Maar ons almal weet dit is ‘n wilde droom uit ‘n Skoorkoppie. Die realiteit is ‘n regering wat misdadigers hoe”r ag as die belasting betalende gemeenskap. Dit sal ons dus nerens bring nie.
Kan ek voorstel dat ‘n ieder en elk van ons wat reageer het, en saamgepraat het oor hierdie saak, na die naaste DBV gaan en ‘n kleingeld blikkie gaan vra.
Sit dit in jou huis, en die geldjies wat jou beursie so swaar maak, glip jy onselfsugtig deur daardie desperate gleufie. En as hy vol is, gaan ruil jy hom om. Ek het so ‘n blikkie in die huis, en in die kantoor. Altwee is due for a swop.
En dan is daar natuurlik Rosa se manier van doen – die aftrek order. Daai ekstra Coke of tjoklik se geld wat eerder gaan om ‘n diertjie ‘n ete te gee.
Dis min, maar dit is iets.
As mens net die veeartse kon boikot… Dit is regtig wreed soos hulle jou kan bill.
Groetnis
😦 – moes nou die dag die DBV bel vir ‘n hond langsaan – die mense het getrek en met die hoë mure rondom ons, het ek dit wragtig nie geweet nie… een middag so met die verbykomslag die lendelam boerbulmeisiekind by die hek sien staan. Skrik my koud, stop die kar net daar, spring uit – daar staan sy… Hek is gesluit. Ek het geen verweer – sy’t nooit geblaf; nooit getjank; nooit geraas – nooit geniks. Die hek is aan die ander kant van die huis – en sy’t seker maar daar iewers langs die kant van die huis probeer survive. Ek en die bure se ousie aan daai kant het water in ‘n oondpan onder die hek deurgestoot. Ek het van Blue se chickenlivers gaan haal…
Ek weet ek kon nie geweet het nie. Ek weet ek sou mos iets gedoen het…
Die DBV tannie het my die volgende dag teruggebel.
Die meisiekind is Hemel toe…
My hart huil.
So jammer meisiekind, so bitter jammer! 😦
BB, dit maak mos my ti3t3 LAM!!! Jy moet sommer hulle naam hier noem, die donirs. Sulke mense gaan anyway sommer straigh hel toe. Maak nie saak wat nie.
Nou’t ek sommer sooibrand van viesgeit.
Dis goed jy’t vertel. En gebel sodat sy nou op ‘n beter plek kan wees. Mens moet maar betrokke raak.
Geen ander spesie het die selfde kapasiteit vir wreedheid as die mens nie. Somehow voel dit nie reg dat ons aan die bo-punt van die skepping moet staan nie.
“you can learn a lot about the man by observing how he treats his animals”
Ja Jaco. Dan hap ons mekaar mos graag in die gat, m.a.w nie ver van ‘n dier nie!
Die Bybel se opdrag vir die mens t.o.v die Skepping is tog duidelik.
Ek wonder soms diep oor ‘die mens’.
DIE MENS…… kan my tog so teleurstel! Ek mis die blog kuiers! Mail my asb.