So ‘n tyd gelede het ek geskryf oor internet kopies. Hierdie is ‘n opvolg oor die gevare wat kan gebeur op die net.
Skoor is ene vir gadgets. Nie seriously verslaaf nie, maar ek hou daarvan om te speel met tegnologie. Terwyl sommige dinge my heeltemal verstom, en te rond is vir my plat brein, is daar ander goed wat my laat smaail, soos as ek my eie resepte kook, en net nodig het om met die sel na skoorkos te gaan om seker te maak van wat ek gebruik het om die skeppings eie te maak. Behoede my voormense wat alles in ink neergeskryf het in die eie resepteboek van lyntjies. Soos ‘n klaswerkboek.
Veilige webwerwe soos amazon.co.uk, en bidorbuy.co.za en kalahari.net, beskerm die verbruiker in ‘n mate teen skelm bliksems wat le en wag vir die dom verbruiker. Maar webwerwe wat werk soos die Cape Ads koerant hier onder by ons, dit is die spasies waarvoor ‘n mens moet ligloop.
Ek is nou al ‘n geruime tyd agter die gadget: Apple iphone, en het links en regs geswerf op soek na ‘n behoorlike kopie. Hierdie outjie kan jou sak lekker ruk as jy nie weet dat jy kan rondshop nie.
So kry ek dan ook op gumtree.co.za ‘n hele boks vol van die fone. En van die kopies is net te goed
om waar te wees. Een kwoteer in US Dollars, maar die location se Kaapstad, so ek stuur ‘n mail. Iemand antwoord my, met ‘n epos adres wat bestaan uit nommers en @yahoo.co.uk. Maar vertel my hulle is in Amerika. Die hele brief is nie die tipe korrespondensie wat mens van ‘n maatskappy verwag nie, en hulle wil net so gou moontlik my adres he, sodat hulle hierdie wonderlike foon kan verpak en regkry vir pos.
So is Skoor hals-oor-kop aan die mails forward, dat ek reply druk, ipv forward, en die feit dat ek ‘n pel se epos moet insit, is net nie in die denke raamwerk op daardie stadium nie.
Ek maak ‘n comment. Iets soos: dis vir my vreemd dat ‘n maatskappy in die VSA, VK epos adresse gebruik, of is die Boerehart nou net weer te suspisieus teenoor die Pommies.
As hierdie epos aan ‘n rou Soutie gestuur is, sou dit soos Chinees klink vir die Boer. Maar, ek kry ‘n reply wat verduidelik dat hulle ook ‘n afset het in die VK, daarom die .co.uk adres. Wow! Afrikaans word deesdae wereldwyd verstaan. En steeds pols sy my nou dringend vir my epos adres – die laaste skip gaan binnekort vertrek.
Ek vra vir ‘n webadres. Ek kry ‘n adres, maar die site is ‘onder konstruksie, want hulle berei voor vir ‘n promosie’ aldus die kuber gesprekvoerder uit die VSA. Of is dit nou VK? Maar ek moet asseblief SPRING met my adres, want hulle MOET die pakkie dadelik stuur.
Ek vra oor die betaling. Sodra ek betaal, gooi hulle die pakkie in die pos. Tjop-tjop.
Ja, tjop-tjop is ek minus my geld, en hulle kan nie getrace word nie, want enige skelm kan ‘n epos adres opmaak. Ek dink terug aan Stoutsus se storie met die Nigeriers (of was dit Somaliers?) wat haar amper so gevang het met haar selfoon se verkoop.
Daar is baie wolwe wat wag vir suckers wat mense goedsmoeds vertrou. Wees maar bedag daarop. Sal dit beter wees om R2000 meer vir iets te betaal, as om R5000 sommer eensklaps te verloor?
Die dobbelaar in my is lus om R2000 te spaar, maar dan wil ek nie regtig my kop stamp met skelms wat die Boer vir ‘n ride vat nie.
Pas maar op.
NS: is daar van julle wat my kan se of die iphone al die moeites werd is?