Archives for category: Skoor Bek

whyOf vader Krismis het vir sommige bloggers ‘n ‘Protected Blog’ gebring, of daar is steeds ‘n paar verbitterde ou tannies wat agter die skerm sit en probeer om die blogsfeer te beheer soos vroeger in 2008!  Self aangestelde klaskapteine!

Maar waarom jou blog loop protect as dit die bymekaarkom plek van bloggers was om saam te gesels? 

Soos ‘n blogger my gese het, toe ek verlede jaar my blog summier wou delete:  vat dit van die tipe mens van wie dit kom.  Jou blog is JOUNE. 

Daarom, aan elkere blogger wat wonder of die blog delete moet word, of gesluit moet word, oor simpel blog bekgevegte:  dit is JOU blog.  Jou monument.  Hou dit daar en wys vir die wat jou dwing tot sulke gedagtes, dat hulle net in beheer is van hulle eie klein wereldjie. 

Nie van joune nie!

Dit help nie jy probeer vergeet nie. 

Want jy bly onthou…

2005_0710jun050104

 

Lees meer oor die Slag van Magersfontein hier

stick1IRB Sevens.  Oftewel Sewes Rugby, soos gewen, vir ‘n tweede agtereenvolgende naweek deur die BlitsBokke, is pas agter die rug.

Gebeeldsend, al die pad uit George. 

Geluk aan Mzwandile Stick en sy Bokspan.  Ook aan die Ebersohn jongman wat as beste speler aangewys is. 

Jammer Stick, maar ons ‘Stokkies’ jou sommer in die huis.  Dis maar ‘n Boere-ding, die heg van Afrikaanse woorde aan iets ingils.  Jy moet hoor hoe lekker gil die woord ‘Stokkies’ as jy aan die bal vat!  Welgedaan. 

George!  Asseblief, hoekom tog George?  Waar niks aangaan nie, en die stadion soos ‘n plattelandse dorp se skougrond pawiljoene lyk.  Ek sien hulle adverteer ‘City of George’, maar dis ook maar net omdat die plakkerskamp vreeslik groot is, anders was dit maar ‘n dorp.

Die indruk na verlede naweek se Dubai skouspel (die stadion is spesiaal gebou vir die Sewes Toernooi, gepak met 50 000 toeskouers) tot hierdie naweek se George poging, was belaglik, om die minste te se. 

Die TV kyker kyk TV omdat daar iets aan hom gebied word.  Met die Dubai uitsending, het ons sommer in high spirits TV gekyk – dit het geklink soos ‘n 20/20 krieket game met jolige musiek, en toeskouers was uit hulle nate uit.  Mense het opgedress en solo-vertonings gelewer as die kamera op hulle was – te lekker om voor te lag.

George.  Boring!  Swak kamera werk.  Die lig val sleg op die veld, en die kamera het gesukkel om die donker en lig van die veld te prosesseer. 

Ek is seker dit is ook ‘n tweederangse kameraman wat gebruik is, want tegnologie moes seker al hierdie soort van pyn geabsorbeer het?  Die klank het bestaan uit die vervelige ingilse stemme wat uitgesaai het, met pogings om die skare se klank ook by te kry, wat later laat staan is by tye.  Atteljee-klanke.  In surround.  Boring en amateur agtig!

Die skare was boring – niks snaaks om na te kyk nie, niks lekker saamsing en massa gees nie.  Die wereld het seker maar net so verveeld sit en saam kyk na boring George.

En hoekom nie die laaste twee wedstryde in die aand speel nie?  Dit is net soveel meer opwindend en lekker om in die aand te kyk.

Mag die organiseerders die volgende Sewes in ‘n beter stadion huisves.  Deur GENOEG media dekking voorafgegaan, sodat die res van die inwoners van die land ook kan weet dat daar magic rugby op TV gaan wees, en dat hulle die Nasionale span kan ondersteun.  Dit is ‘n skande hoe hierdie sport aan die agterspeen moet suig.

Ek weet ek het nou baie die woord ‘Boring’ gebruik, maar vergelyk die twee naweke, en jy sal verstaan dat dit frustrerend is om ‘n Witvrou in Afrika te wees.  Hierdie is allermins ‘n boring spel, met 10 minute aan ‘n kant, is jy gewaarborg om baie meer op jou voete te wees.  En dit is nie omdat jy die ketel gaan aansit nie.  Dinge gebeur vinnig in die spel!

cat2Ek het die ander dag vir JacoWosonki gese ek het ook vrae wat knaag, maar op daardie stadium was dit stupid goed soos hoekom afgetrede mans dag in en dag uit dieselfde klere dra, en later soos ou bokram ruik.  Sulke goed waarop ek tog anyway nie die antwoord sou kry nie.  Maar miskien sou manne wat dit raakgelees het, dit onthou het, en eendag as hulle afgetree is, elke dag stort, gereeld hare was, en die onderbroeke op ‘n daaglikse bais omruil, en die klere darem nie vir 14 dae aan-een aantrek nie.  YUK!  Die Bosparras het ‘n prentjie van ‘n gesiggie wat opgooi.  As jy daar comment, moet jy :luke: intik, en as jou comment verskyn, is dit ‘n opgooi gesiggie.  Nou ja, sulke manne laat my lus voel om te :luke:  !!! 

Of ‘n vraag soos hoe de hel ‘n gesonde verhouding, oornag kan verbrokkel dat albei partye wil handdoek ingooi.  Hoe gesond moet ‘n verhouding wees om die druk van buite te deurstaan.  Of is ‘n verhouding se raklewe oor maar net X aantal jare, en dan beweeg jy aan?

Maar, dis nie my post nie.  My post gaan oor diere.

Eergister is ‘n bruin seuntjie voor my verby met ‘n katjie waarvan die ogies noudie dag eers oop is, al cat3swaaiend en beangs in die kloue van die klein barbaar.  Toe hy verby ‘n ander groep van sy soort is, skree een vir die kat, en hy slinger die stukkie diertjie na hom.  Om ander daarmee rond te jaag.

Ek het die diertjie probeer afneem, sy hartjie was wild, sy ogies wydgesper.  Maar jy kan nie net iets afneem nie.  Jy sal ‘n rassis of ‘n dief genoem word.

Toe sms ek maar die DBV hier bo my, en twee uur later het hulle die kind en die kat opgespoor.  Behalwe dat kind nognie 10 is nie, en reeds berug is vir inbrake in die omgewing, het hy ook vroeger vanjaar ‘n kat se kakebeen afgeskop.  Die DBV mense haat hierdie monster.

Ek het netnou gaan kyk na die klein katjie by die DBV – hy is rustig en hou van skouer sit.  Nee, ek kan nie nog ‘n kat aanneem nie, dit is ‘n uitgemaakte saak.   Maar ek moes net gaan seker maak dat sy hartjie rustiger klop.

cat2 Ander katte wat op dieselfde dag as hy gered is, is verder gered deur Hemel toe te gaan.  Hulle is uitgesit nadag hulle verwyder is van hulle huis die naweek.  ‘n Babakat is teen ‘n muur vasgeslaan dat die voorbene, borsbene en ingewande gebreek het.  Die ander katte is veiligheidshalwe uit die huis verwyder.  Ook bruin mense.

Dit is soos diere wat diere aanhou.  En nie weet hoe om met ‘n dier te werk nie.

Hierdie tyd van die jaar word die DBV oorval met diere.  Studente wat weggaan en diere in die strate aflaai, mense wat met vakansie gaan en diere los of weggooi.

Ek sukkel om uit te figure wat in sulke mense se koppe moet aangaan.

Word mens gebore dat jy slegter as ‘n dier is, of word jy liefde vir diere aangeleer?

Dis my hoekom vir vandag.

Kyk, ek doen mos nie krismis en die hele hype nie.  Gelukkig het ek nie kinders wat my mal maak met sinnelose geskenke nie, en ja, die hele gedoente steek my dwars in my krop en die liedjies wat baie binnekort weer gaan weergalm deur die crazy shoppingcentres gaan my spiere beproef.

Maar dan lees ek wenslysies van oumense en kindertjies, en my hart raak sag, en ek deponeer iets om ‘n paar behoewendes se dag ligter te probeer maak.

Ja, hier gaan Skoor alweer.  Vra en smeek gaan ek nie, ek laat jou self lees, voel, en dan besluit…

 

‘n 66 jarige man vra: ‘n Figuursaagie of skuurder – ek wil graag weer houtspeelgoed maak of ‘n koopbewys by Game of sommer enige iets asb

‘n 84 jarige oom vra: Toiletware of sommer iets wat lekker is asb

‘n 70 jarige oom vra: Elektriese boor – of ghrinner – of stel boore asb

‘n 68 jarige man vra: Plakkies nr 10 – of Onderbroeke large – of Mum for men spray en aanrol asb.

‘n 72 jarige oom vra: Mach 3 skeermeslemme – of deodorant – of seep asb

‘n 75 jarige oom vra: Hegpleister en sakdoeke – of toiletware – of pantoffels nr 10 asb

‘n 69 jarige man vra: Kouse – of naskeer middle – of ‘n handoek asb

‘n 68 jarige man vra: Klein radio – of kruideniersware – of broek nr 36 – of skoene nr 9

‘n 77 jarige oom vra: Enige koopbewys – of boorpunte – of pantoffels nr 8 asb

‘n 72 jarige oom vra: Enige iets wat ek kry sal ek voor dankbaar wees dankie. 

‘n 63 jarige dame vra: Enige iets – of dove seep produkte asb

‘n 70 jarige tannie vra: ‘n Badkamer matjie – of sonbrandolie nr 3 en hoër – of gesuikerde vrugte en lekkers asb.

‘n 75 jarige tannie vra: Baba poeier – of sjampoo (appelgeur) – of dawn handeroom

‘n 73 jarige tannie vra: Vleis – of eetgereg – of enige iets van waarde asb

‘n 67 dame vra: Dagboek met dagstukkies (Solly Osrovich) DVD van Juanita du Plessis – of suikervrugte en sjokolade asb.

‘n 72 jarige tannie vra: Dove produkte – of ‘n badhandoek – of kombuis vadoek asb

‘n 68 jarige dame vra: Toiletware – of lekker eetgoed – of handoek en waslap asb

‘n 59 jarige dame vra: Dubbelbed lakens – of badhandoeke – of ‘n elektriese klitser asb

‘n 63 jarige dame vra: Ultra Lift Pro-X (om plooie weg te vat) of – ‘n elektriese klitser

‘n 60 jarige dame vra: ‘n Blokkiesraaisel woordeboek, sakdoekies – of badolie – of lekkerruik seep.

 

BY DIE KINDERS:-

 7 jarige seuntjie vra:- Remoud karretjies of ‘n rappie bal of ‘n riemoud bootjie asb.

  • 12 jarige seun vra: Skytbord of nr 6 skoene of arem horlosie asb
  • 8 jarige seuntjie vra: Skone size 11 of speilgoed of ‘n fiets asb
  • 2 jarige outjie vra: Swemtjoep met ‘n frokkie of groot trok of groot speelbal asb
  • 11 jarige seuntjie vra: Fiets groot asb of ‘n rugby set die bal met ‘n place bakkie asb
  • 10 jarige seuntjie vra: Christelike DVD of klere of DVD met kinderstories groot asb
  • 11 jarige seun vra: Boycikel (fiets) of ‘n groot truk of ‘n sakerball (Sokkerbal)
  • 17 jarige seun vra: Sharks trui medium of sharks duvet stel vir enkelbed asb  
  • 9 jarige dogtertjie vra: Baby born of baby born se prem asb
  • 5 jarige dogtertjie vra:- Pop wat praat en ‘n opblaas swembadjie asb
  • 8 jarige dogtertjie vra: Baby born wat kan piepie en praat of ‘n prem vir die baby pop!
  • 8 jarige dogtertjie vra:’n New born baby of ‘n Bratz poppie of enige lekker badgoedjies
  • 10 jarige dogtertjie vra: Barbie pop of badgoedjies of hare goed asb
  • 16 jarige meisie vra: Horlosie wat sal hou, juwele en haarknippies en alyceband asb
  • 16 jarige meisie vra: Gremering (stel) of Hip-hop cd (Chris Brown) Naelstel (tips)
  • 7 maande dogtertjie: Prem of tedbears of ‘n pink towl asb

 BELANGRIK  

Dit maak egter nie saak wat/hoeveel ‘n persoon skenk nie – elke geskenkie is bitter welkom en gaan ‘n hartjie baie bly maak. Ons verpak die geskenke in mooi kleurvolle plastieksakke. Dit is baie handig en ons vul dit meeste van die tyd nog met lekkers en somtyds ook kruideniersware op. Die bedrag per geskenk is R80.00 asb. Ek glo dat mens hiermee ‘n lieflike geskenk vir elkeen kan koop. Ek wil nie graag skryfboehoeftes vir die kinders gee nie, dit doen ons aan die begin van die nuwe skooljaar. ‘n Kersgeskenk moet ‘n heerlike bederfie wees!!! ‘n lekker “nice to have”!!! Ons gaan ook massas eetgoed, lekkernye, koeldrank ens. moet insamel. Bystand hiermee sal ook waardeer word. Ek gaan weer individuele funksies hou. Verlede jaar se funksies was ‘n reuse sukses en baie meer persoonlik omdat daar kleiner getalle was. Ons het ook ‘n hele paar Kersvaders nodig!? Indien u ‘n geskenk wil borg, kan die betaling direk in ons rekening gemaak word met die vewysing: Kersfees 2008 asb . Dan weet ons waarvoor om dit aan te wend

 

Bankbesonderhede:Danville Hulp Projek

FNB  – Brooklyn

Takkode:-  251 345

Tjek rek:  620 546 34128

Swiftkode: FIRNZAJJ926

 Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan

Faerie Glen

Tel  012 991 3914    Sel  082 8282 551

E.pos  – elecnet@mweb.co.za

Webwerf:  www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry

In my dorp werk dinge as volg:

Wanneer jy ‘n voertuig se lisensie gaan hernieu, betaal jy ‘n boete van R30, omdat die regering se e-natis stelsel ‘n flop was, en die publiek daarvoor moet opdok.  Ek wonder of dit egter vir alle Suid-Afrikaners geld.

Wanneer ek pre-paid elektrisiteit koop, word ek ‘n boete opgele van R67 omdat ek pre-paid krag koop, en die munisipaliteit nie anders van my kan steel nie.  Toe ek nog maandelikse rekenings ontvang het, was nie een maand dieselfde nie.  En soms was ek minimaal tuis, met die maksimum heffing.  Meer mense het oorgegaan op pre-paid, wat die geldkaste leeg gelaat het.  Met een of ander heffing verskoning, steel hulle dus nou weer vrylik van ons.  Maar net in SOMMIGE huishoudings.  Afhangende van jou adres.  Ander kry gratis krag eenhede, en betaal nie die heffings nie.

Nou het Dorpstraat Teater op dieselfde bandwagon gespring.  En ek het die volgende paragraaf net so uit hulle nuusbrief geneem:

” Onthou tog van die nuwe reël wat van Julie af in werking is! Ons is ‘n restaurant teater en hef  R30 p.p. wat nie voor vertonings by ons eet nie. Die kaartjiegeld van vertonings gaan direk na die kunstenaars!

Liefde en vrede vanaf die pienk bank

Michelle en Anita “

Goeie fok!  Nou word ek gestraf omdat ek nie belaglike pryse vir kos wil betaal nie.  Ek word ‘n boete opgehef omdat ek kunstenaars wil ondersteun, en nie in ‘n hokkie wil sit waar my buurman se rug teen myne skuur, en kort-kort moet vurk neersit, en opsy skuif omdat iemand wil verby kom, en ek nie hulle boude teen my agterkop wil he nie.

Wow!  Ek hoop meer mense neem van hierdie strafproses kennis, en boikot Dorpstraat.  Gaan ondersteun Klein Libertas, Oude Libertas en die HB Thom, maar daar waar my geld gesteel word, gaan ek NIE WEER NIE.

Ek kan die vermetelheid van hierdie plek nie glo nie.  Ek verlang na Hettie en haar manier van dinge doen.  Want sy sou nie sulke nonsens aanvang nie.

Rassisme, Apartheid, Wandade en Onderdrukking.

 

Die heen en weer beskuldigings tussen etniese groepe in SA.  Ten spyte van Mandela se reënboognasie ideaal, en Mbeki se Afrika renaissance ontnugterings, is daar telkens mense wat, met die nodige aanhitsing uit die regte kringe, dit regkry om jare lange opbou van vertroue en uitleef van ideale, in een dag op te neuk.

 

Ek is ‘n Kapenaar.  Van die Kaapkolonie.  Ons het die see en die berge en die vrugbare Godgegewe aarde.  En die Kleurlinge/Bruinmense.  Ek weet nooit wat hulle verkies nie, want net sodra ek dink ek weet, hoor ek dit is eintlik degraderend, en hulle verkies die ander een.  Tot môre.

 

Pahad het mooi verduidelik hoe negatief die blankes is oor die feit dat SA in 2010 sokker gaan aanbied. 

 

Ek, as Witmens/Blanke/Boer wil graag verklaar dat ek van wen hou.  Dat ek trots voel wanneer ENIGE lid van die SA bevolking presteer.  En skaam en teleurgesteld voel wanneer ‘n span/individu, wat jy gedink het, ‘n goeie prestasie sal kan lewer, dit nie doen nie.

 

Die sokkerspan wat gaan speel in die toernooi in 2010, speel slegs omdat hulle land, die gasheerland van die verrigtinge is.  Hulle is pateties, kos miljoene aan afrigters wat net so power is, en is ‘n verleentheid vir my as Suid-Afrikaner om te ondersteun.  Hoekom sal ek my skaar by mislukkings?  Terwyl dit nie in my aard is nie?  Loop mens nie eerder weg van die sleg, as jy nugter denkend is nie?

 

Gister is die koerante vol van swak prestasies en skandelike gebrekke.  Natalie du Toit wat soos ‘n hond behandel is by die afgelope Spele.  Ryk Neethling wat moeg is van die onvermoëns van SA se sport administrateurs om die regte platvloere daar te stel vir sportmanne en -vroue. 

 

Is dit hoe ons sportsterre behandel word in SA?  En is dit omdat mense eenvoudig te onbevoeg is om dit te doen, of emosioneel en intellektueel net eenvoudig nie saam met die ‘groot kanonne’ van die wereld kan skiet nie, dat die hele land alweer uitgelag word oor hulle arme atlete nie net kak gelyk het in hulle Olimpiese drag nie, maar gaan naam gatmaak het!  Ek dink terug aan die professionele atlete op die aflosbaan.  Ek dink nie ek het dit eers gesien gebeur toe ek aflos op laerskool gehardloop het nie…

 

Vanoggend kla en kerm die rugby publiek, en koerante vertel dat dit 5miljoen sal kos om van die Wonder-afrigter, Pieter de Villiers, ontslae te kan raak.  Hoekom van hom ontslae raak?  Hy is mos aangestel om alles goed op te neuk!  Hoe de hel laat gaan jy die beste afrigter ter wereld, en stel so iemand aan?

 

Dank Vader dit was die Natallers wat vir Matfield en de Villiers uitgejou het, anders was die rassitiese Transvaalse boere of die rassistiese wit Kapenaars weer in die sop.

 

Terug by die Kleurlinge/Bruinmense.  JULLE, wat so graag iets wil wees, en iewers wil kom, en wat lang trane huil omdat julle voor apartheid oorgesien is, en nou weer na apartheid, en nadat julle met stokkielekkers en t-shirts omgekoop is om ANC te stem. 

 

Hoekom staan julle in massas by Nuweland met julle All Black truie en julle Kaapse aksent?  Julle is belaglik en ‘n vernedering vir julle self.  Want julle weier om agter julle land te staan, julle is lafhartig en manteldraaiers.  Hoor my lied.  Boesak en sy bende sal tot in lengte van dae stry om julle ‘n eenheid te maak, en om julle ‘n gerekende volk te kry.  Julle wil nie, want dit is makliker om te kry, as om te gee.  En om die Boer se Moer te skree as julle in groepies is.  Maar more moet die einste Boer weer jou voer.  Julle het geen selftrots nie.

 

Net soos die Witman wat nie kan saamstaan nie, net so sal julle ook vertrap bly. 

 

Dom, stupid en onbevoegde mense is aan die stuur van ons sport.  Hulle vreet hulself rolle agter in die nekke uit, gebruik die internasionale platvorm om die Witmense te na te kom, maar eintlik is dit ‘n verskoning waaragter hulle kan skuil as die Sokker Wereldbeker ‘n reuse flop is.  Want al hoe meer ambassadeurs word wreed ontnugter in hulle land.  Die land wat hulle moet bemark, en waarheen hulle onskuldige sokker-kykers heen wil lok.  Ek verwys na Mark Fish en sy vrou wat ook in hulle baie duur sekuriteitskompleks, deurgeloop het onder misdaad.

 

So, Pahad, omdat Fish wit is, en sy wenkbroue lig vir sy werk wat voorlê, is hy ook nou een van jou WITMENSE??

 

Skoor groet maar Sport in die land.  Dit is ook nou dood en begrawe.  Al die geld wat bestee word en geborg word vir ‘n geploeter, kan eerder die armes van die land, se lot help verbeter.  Maak die inwoners heel, miskien werk hulle self die siek administrateurs uit (ek is ‘n daydreamer).

TOE DIE TROMME SATERDAG die Haka op Nuweland smoor, was ek, en my hoendervleis, byna seker dat hier ‘n ding aan’t kom is.  Maar heellaas, toe nou nie. 

Die nul telling is sprekend van die stand van sake van SA sport.  Kyk, ek hou van sport kyk.  Meeste van rugby, omdat ek van kleins-af ‘n liefde het vir die manne in Streeptruie (ja-ja, spoeg, klap, skreeu en booo, ek mind nie, ek is WP, en trek nie soos die spelers, elke jaar ‘n ander provinsie se trui oor my kop nie.)

In my huis is ons hou al moedeloos gekyk vir ‘n ou medalje’tjie.  Of ‘n SA deelnemer, mind you.  Of ons bly op die verkeerde tyd die TV aansit.

Vanoggend is dit baie mooi uiteengesit op RSG – ek maak soggens klaar met die dag se slegte nuus, in Afrikaans, op RSG.  Ek kan ‘n kinderagtige breakfast radio DJ net nie so vroeg in die dag, verteer nie.  Hulle is almal een of ander wanna-bees, met skril stemmetjies en horrible musiek, maar ek dwaal af.

Die regering is direk verantwoordelik vir die stand van sake in SA atletiek.  Liggaamlike Opvoeding is uit model C skole verwyder, wat kinders met potensiaal, nie die geleentheid kan bied om iewers ‘n oog te vang nie.

Omdat LO onnies verdwyn, verdwyn atletiek afrigters, of is hulle al stok-oud. 

Ouers is te treurig om hulle kinders na sportvelde te neem om fisiese oefening te kry, hulle plak eerder die patetiese kinders voor ‘n rekenaar neer, net om onder hulle voete uit te kom.  Sodoende word ‘n generasie met ‘n krom rug, en ‘n brein van tonnelvisie geskep, wat eintlik useless is as alles nie met ‘n teelepel ingegee word nie.  Die kind leer nie self dink nie, leer nie lateraal dink nie, en kan gladnie ‘n gesprek voer as dit nie oor rekenaars gaan nie.  Dit is om van siek te word.  Ouers gee die ‘veiligheid’ van die land die skuld, maar watter moeite doen hulle om gesprekke met die kind te he, of om hom/haar aan te moedig om ‘n boek te vat, of bordspeletjies of om aktiwiteite anders as elektronika, te probeer bemeester. 

Terug by die regering:  hulle bied geen ontwikkelingskampe of opleidingsinstansies wat atlete kan afrig tot op wereldstandaard nie.

So eenvoudig soos dit.  Ons mense moet in Amerika of ander werelddele gaan opleiding ontvang, en dan kerm en beledig die regeringsamptenare as daar geen medaljes huistoe kom nie.  Ons atlete word slegter as prisoniers behandel met belaglike, in party gevalle te klein klere en die infrastruktuur rondom olimpiese etiek ontbreek duidelik.

Watter tipe swape sit en vreet ons geld op, vlieg om die opening te gaan bywoon, op my en jou koste, lag oopbek vir die kamera, en dan is dit shopping tyd in Beijing.  Bogger die res.

Maar nou ja, as jy net st.3 het, kan jy staatspresident word in die land, so die verwagtinge is dalk effe hoog!

Jinne, wat ‘n begin tot wat die perfekte Maandag moes wees!

Mens toer rond en kyk wie is swanger, wie is verlief, wie is laf en skielik merk jy blogs op wat nie laasmaand hier was nie.

Jy stap binne, en begin heen en weer klets, en wyl jy nog tong in die kies kommentaar lewer, met die nodige gesiggie wat knip-oog, word jy kortgeknip en gevra as jy soos jou naam se, wil kom skoorsoek, moet jy liefs nie weer hier kom nie.

Wow!  Het ek iets gemis, of is liggeraaktheid ‘n vreeslike ding onder die volk!  Ek dog nog miskien is die vrou ook aan die speel, maar ‘woep’ weg is al my comments meteens.  En dit na ‘n lekker geklets oor mieliepap en provinsialisme.

Wees gewaarsku, ou bloggers:  hier is ‘n klomp nuwes wat vir baie lank in ‘n groefie van eiewaan vasgevang was, wat reken hulle is te famous om te speel, en wat Maandae effe te liggeraak voorkom. 

As jou comments dus ewe skielik verdwyn, moenie vrees nie – ONS IS MOS DAREM NIE ALMAL SO NIE – loop maar lig daar tussen die pampoene…

Nou doen ek my naam gestand, maar sy kan bly wees sy het nie vir Vokof verkeerd opgevrywe nie!

Persoon nommer 4 in my kring van mense wat ek ken, is dood.  My ouma se laaste suster.  ‘n Paar posts ondertoe het ek die wens uitgespreek dat nommer 3 genoeg was.  Ek wil nie nog mense wat ek ken, hierdie jaar aan die dood afstaan nie.  Dis net nie lekker nie.

Rosa trip gereeld terug in die verlede, en sy skryf tog te vermaaklik aan dinge wat sy as kind ervaar het.

En hierdie week het ek nostalgies teruggedink, en ook in die proses besef dat ons al hoe meer afgestomp raak in die land van ons.

Ek onthou die Huisgenoot as ‘n vreeslike groot boek.  As kind kon ek sommer daaragter wegkruip, of so het dit gevoel.

In ouma en oupa se huis was daar 2 soorte tydskrifte.  Die Huisgenoot en die Landbouweekblad.  Daarom kan ek my kop vandag nog nie daarom kry, dat wat ek gesien het, nie in een van daardie boeke sou wees nie.

Dit was skoolvakansie, en ek was ‘n laerskool kind, seker so standerd 3.  Onthou, die Kaap was nie ‘n grade plek nie.  Ons het Sub. A en B deurgespeel, en dan die standerds begin klouter.

Dit moes voor 12 gewees het, want die son het skuins by die kamervenster ingeval, en ek was op soek na prentjies om iets mee te maak.  En onder in die kas in die kamer, het ek ‘n tydskrif uitgehaal, en begin soek na prentjies.

Die prentjies wat ek op die ou end daardie dag gevind het, het my geskud tot vandag.  Op ‘n grasperk op ‘n plaas, iewers in ‘n buurland van Suid-Afrika, het ‘n gesin gele wat geskiet is deur terroriste.  Ek onthou nie veel van die ma en pa se foto nie, maar die klein seuntjie en die sussie het swart bloed op hulle gesigte gehad.  In hulle neuse.  En hulle dooie honde het langs hulle gele.

Ek was naar.  En ek dink dit was die eerste keer dat ek gesweet het.  Dit het geprikkel onder my arms, en my oe wou nie meer fokus nie.  Ek het die boek toegeslaan, en onder in die kas ingedruk.

En vir my ma gewys toe hulle my aan die einde van die vakansie kom haal het.  En sy het belowe dat dit ver hiervandaan gebeur het.  Dat ons regering dit nie hier sal toelaat nie.  Daar is ‘n weermag wat teen die terroriste veg.  Haar broer was toe een van hulle.

En ek het my asem uitgeblaas, want jy glo wat jou ma jou se.  Maar die wit kindertjies op die groen gras met die swart bloed is nooit uitgewis uit my gedagtes nie.

Verlede naweek is twee oumense op Kleinmond vermoor.  Twee oumense wat in daardie huis van my ouma en oupa gekom het.  Wat daar gekuier het, gesels het, gelag en gedroom het.

Sinneloos, brutaal, onnodig. 

Omdat ons nie meer mense het wat teen die terroriste veg nie?  Of omdat ons nie weet hoe ‘n terroris lyk nie?

Dis siek om te dink dat mens begin se, sodra jy hoor iemand is dood:  Dank Vader dit is nie deur geweld nie.

Die sweet steek weer onder my arms, my oe blur, en ek voel naar.