Ons begin weer Saterdae ‘surface’ om met rooi oe en dik neuse die Eikestad aan te durf. Waar nuwe groei en stuifmeel jou begroet terwyl die teerstrate offerhandes van warm stof in jou rigting slinger wanneer ‘n kar daaroor jaag.
Ja, dis lente. In die Boland.
Die afgelope 2 Saterdae is my voete kortpad na Protea Boekwinkel om eerstens na oom PG du Plessis te gaan luister waar hy oor sy roman, Fees van die Ongenooides, gesels het. Tot ek die nuusbrief van Protea onder oe gehad het, het ek nie geweet die tranetrekker is op pad rakke toe nie.
Ek ken oom PG van sien op die TV. Saam met die land se grootste storievertellers. Totdat die tafeltjie begin leeg loop het rondom hom soos die groot manne ‘kom haal is’. Deesdae kyk ek nie meer die storie programme nie, want dis vol vet, grillerige mannetjies wat dink hulle is snaaks. Ek weet ook nie eens meer of daar nog sulke programme uitgesaai word nie?
Oom Jan Spies en Tolla was mos sommer net snaaks. Want hulle kon ‘n storie, ‘n pragtige skoon storie, vertel dat oom PG sit en trane afvee, en die Olof Berg in die blikbekers met rukke en stote oor die randjies stort. En hiermee verklaar ek hulle nie as heiliges nie, nee, ek weet daar is gruwel stories ook oor daardie lippe, maar vir die TV en die groter volk, het hulle die wag voor die mond gesit.
Oom PG het begin vertel van MNET wat ‘n ingilse reeks wou he, en hoe hy die reeks in die taal van die verraaier moes aandurf. En toe het die boek gekom. En hy het vertel van die verkragtingskinders, en die tannie wat hy geken het, wat, toe hy ‘n jong seun was, hom die storie vertel het van haar verkragtings, herhaaldelik, deur ‘n paar bastards, en die baba wat sy verwag het. En hoe sy van die kind ontslae geraak het by geboorte, en toe begin het om ander vroue ook op so ‘n manier te help. Ek het sit en luister met hoendervleis, want ‘n MEESTER STORIEVERTELLER was aan die woord. En trane het in my oe gele.
En sy storie van sy oupa en ouma…ek dink dit is die mooitste verhaal wat ek hom nog ooit hoor vertel het. My trane het nie meer gele nie, hulle het geloop. Want die man kan waarneem, en oorvertel. En die luisteraar hoef nie prentjies te maak van sy woorde nie, hy bied dit in kleur met surround sound vir jou aan.
Ek is huis toe met die boek. Voor-in het hy geskryf: ‘maak jou reg vir ‘n skok’. Yea right. Ek lees al jare ABO verhale, ek het sit en snot en trane by Feast op TV, wat kan my nog skok?
Tot in die helfde van die boek het ek gese dit is die TV reeks se storie (dit is) en wat ek besef is dat die akteurs hand picked was vir hulle rolle. Elke nuanse is oorgedra deur ongelooflike toneelspel. Gewoonlik is die boek mos ver beter as die skerm. Maar hier is ‘n bewys dat ons akteurs maar kan.
Toe begin die storie onder die TV skerm uittrek, en gisteraand laat het ek vol trane my lig afgesit. Want hierdie boek vertel op soveel maniere, van soveel uiteenlopende mense se pyn, dat dit vir die leser byna ondraaglik raak. En onmoonlik om onaangeraak deur hierdie verhaal, die boek neer te sit.
Almal van julle wat in die buiteland sit, of wat Feast of the Uninvited gemis het, jou kans om dit in roman vorm te verslind, het gekom. Die grootse boek is op die rak. Laat jou mense dit vir jou aanstuur.
En toe tref Antoinette Pienaar en Oom Johannes Willemse die Kaap. Teen 10km per uur in haar rooi Colt, Dapper. En Protea is stampvol, die boek vlieg nie van die rakke af nie, dit LAND nie eens op die rakke uit die boks in die uitgewer se hande nie!
En ons word getriet deur vertellings en stories en kruie-waarhede en die tyd vlieg te vinnig verby vir hierdie oopmond dorpsjapies wat sit en indrink wat hierdie twee te vertelle het.
Die vrou wat van kruie leef, en wat haar lyf met uitgebraaide skaapvet insmeer teen die son se strale, en die dag se skurfheid, het die gehoor aan haar voete. Net so entertaining as wat sy Vrydae middae 16:30 op RSG met Amore Bekker klets en giggel, nog meer entertaining is dit om die full monty te kry!
Die boek, ek kon darem betyds my kopie kry, is ‘n fantastiese stuk vertellings, stories, staaltjies en kruie rate. Van ‘slapstingelstres’ rate, tot raad vir mense wie se ‘vleis geskrik het’! Ek het die boek vinnig deurgelees, lekker gelag en het ‘n interessante verwysingsdokument, met foto’s van haar kruie, vir toekomstige probleme.
Hierdie twee wys eintlik vir ons wat so alles het, dat ons regtig niks het nie. Want hulle het alles wat nodig is. En die veld. En die uitsig! En hulle het ‘n es waarin hulle vuur maak. Ek is so jaloers, ek kap sommer ‘n es op die teer.
Gaan koop vir Kruidjie Roer My, gee dit vir jou mense present, want dit is ‘n Afrikaanse juweel!
Glo my ek gaan my bes try om die boek asook die reeks op DVD te kry!
Thanx!
Dis darem ‘n wonderlike voorreg, wens ek kon so aan oom PG se voete sit . . . *sug*
Sal definitief die boek op my “to read”-lysie sit.
Ek het geen erg aan die boeke waarvan jy praat nie. Sorry. Maar dat jy maar mag resensie skryf is gewis so. Ek het lekker gelees, dankie. Emma.
ICE, of CNA, of Musica adverteer dat hulle die onlangse reekse wat MNET vervaardig het, aanhou. Begin jou soektog daar.
Krista, gelukkig is die somer en vakansie op pad. So jy kan binnekort jou lysie bespring!
ED, dankie vir die kompliment.
PG se TV reeks hieroor was en is skitterend. Ek het nogal vandag met die Feast-boek in my hand gestaan en gewonder of ek dit moet koop want ek ken mos die storie, maar jy het my nou oortuig om dit wel te doen.
O ja op die TV is die vrou mos deur haar eie man verkrag. die regtige tannie wat PG geken het, is sy deur die britte verkrag?
Ja, koop die boek, dis baie goed!
Ek kan eerlik nie se of dit kakies of swartes was wat haar verkrag het nie. Siek gedagte, nietemin.
Geniet die lees.
Hallo Skoor. Nou gaan ek seker krap waar dit nie jeuk nie. Die tommies het nie hul vrouens en kinders in SA gehad nie. Wat is die kans, in jou opinie, dat ons stoere boere nie dieselfde sou doen aan hulle families nie? Wonder net. Emma.
Ek ditto vir Krista! Sal beslis ook my “to read” lysie update.
Emma – dis so, ja! (Oorlogs)misdade teenoor vroue en kinders is wêreldwyd aangeteken vir solank as… ehhhm wel, solank as wat daar oorloë was en manne vir maande (en soms jare) uhm… vingeralleen met hulle self opgeskeep was. Dis sad, but it’s a brutal truth of war.
Mans is mans is mans, Emma. Om die skoen aan die ander voet te probeer trek, is moontlik, maar ons praat hier van die realiteit. Van ons geskiedenis.
En omdat jy nie veel erg het daaraan nie, gaan ek jou nie verveel met feite nie. Of jy kan altyd kom kuier, en ek kan reel met Rosa dat ons jou ontmoet, en dan verduidelik ons vir jou die aanloop, die inloop en die uitloop van die hele magsbehepte oorlog.
Ja, een van die hoofkarakters verkrag sy eie vrou in die boek, sonder dat sy weet dit is hy. En daagliks verkrag mans hulle eie vrouens.
Oorlog is oorlog. Mans is mans.
Ons (Die Boere) wou nie veg nie. Maar Engeland wou ons land kom verkrag en haar saad hier saai. En sy het.
Ek dink vroue moet meer regerende mag he. Die wereld sal sagter wees.
Nie almal is engele nie. Dit gaan oor opvoeding. En respek. Teenoor barbaarsheid en dierlikheid, en ‘n waan wat verstand te bowe gaan. Die Engelse roem steeds op hulle gesofistikeerdheid teenoor die Boere se barbaarsheid. Miskien soveel meer rede dat die bliksems hier so walglik kon kom raak in hulle troppe.
Slaan bietjie vanaand jou kitaar stukkend as jy lekker opgetjaarts is van opruiende musiek. Jy raak crazy. Jy gooi sommer jou boekrak ook om en skop die kat.
Miskien moes jy nooit die musiek aangesit het nie…
Ek kan vir jou ‘n boek skryf – dankie vir jou opmerking! 🙂
BB, as jy ‘n sterk hart het, kry altwee boeke. As jy nie het nie, lees maar die Sarie. Die goeters is op die been eerlik. En steeds bly so baie ongese in Fees.
Jy en Krista kan sommer boeke uitruil, dan meet julle vir koek so tussen-in! hiehiehie, van daai lekker tjoklit koek waarmee Krista so aspris gebrag het by my.
Isse goeie plan daai Skoortjie!! Ek sallie Vriending oornooi – dan knibbel ons aan my “Schürzkuchen”-koekies – dis baaaaaie beter as tjok-koek – want dit hou langer
(moet vir jou tog die reseppie laat kry vir jou skoorbek).
🙂 BeeBee, moet nou nie net dreig nie, doen so!
Hallo Skoor. Net omdat ek nie genoeg belangstel om ‘n boek te koop nie, beteken nie ek stel glad nie belang nie. Ek sit solank die ketel op vir julle besoek. Emma.
ED, ek bedoel einlik as jy in die Kaap kom! 😉
Lekker naweek!
Dagse Skoor
‘n Barbaar sal enige verskoning gebruik om te moor, roof, plunder, steel en verkrag. Die dade van ‘n swak karakter sal jy orals geopenbaar kry, jy het nie spesifiek die oorlog of ‘n ander rede nodig nie.
Teenoor ‘n handvol wat verkrag en onskuldig moor en plunders is daar duidende, self miljoene mans wat oordentlik is nie die dinge duld of doen nie.
Die omstandighede is dus nie die probleem nie, maar die enkeling, baie keer groep wat saam is ongeag waar en waarmee hulle besig is.
Groete
Mooi inskrywing Skoor! Ek hou daarvan om na die kruietannie op RSG te luister.
Emma en BB dit is nie soos julle jul dit voorstel – dat mans verkrag omdat hulle lank laas by hulle vroue was nie. Verkragting is ‘n daad van aggressie en van die onderwerping van iemand wie se menswees jy minag. Dit het niks met gewone seksualiteit te doen nie.
Chris, ek probeer my bes om dit nie te mis nie!
WK, ek stem met jou saam, maar in die oorlog situasie is dit asof die duiwel in die mans ingevaar het. Vandag weet ons ten dele, en oor sulke wandade en walglike vergrype is daar weens die aard van die daad, bitter min geskryf.
Ek verloor egter nie uit die oog dat ‘opgevoede’ bevelvoerders onderdane van die strate af gehad het nie. Daar was weinig beheer oor daardie barbare wanneer hulle tussen die vroue losgelaat is.
Maar, aan die ander kant van die munt, is die sogenaamde ‘opgevoede’ bevelvoerders ook die wat gese het BRAND AF, MAAK DOOD, DRYF WEG. ‘n Goeie voorbeeld van hoe ‘n jintilman toe nou nie is nie.
Ek stem met jou Alleman. Om ‘n vrou se grimering weg te vat is een ding, maar om ‘n vrou se menswees in te dring en te probeer vernietig met so ‘n vieslikheid, het niks te doen met ‘lus’ nie. Hit us where it hurts the most. Niemand kom onaangeraak anderkant uit nie.
Mans se oorloe is genadeloos hard. En vroue en kinders kry die seerste.
Alleman ek stem saam! Dankie vir die inskrywing Skoor!
Hallo Alleman. Ek het nie van mans gepraat nie. Ek het van omstandighede gepraat. Emma.
Emma jammer as ek ‘n wanvoorstelling gemaak het van wat jy geskryf het – dit was nie so bedoel nie.
Ek sal liewer nie die boek lees nie, my ouma het altyd gesê my blaas sit onder my oë…
My laaitie vertel graag stories en mense het al opgemerk dat hy soos Jan Spies klink. Hoop hy behou sy vermoë om stories te vertel.
Xanika, hou tog jou seun se talent aan die groei! Stories vertel sterf mos heeltemal uit in die hedendaagse samelewing.
Ek weet jy hou hom na aan die grond en tussen die diere – dis wonderlik. Hy gaan eendag vir jou ekstra lief wees daaroor – wanneer hy sy verstand op 30 kry! 🙂
Hallo Alleman. Geen kwade gevoelens. Emma. 🙂
Sjoe Skoor, is ek nou bly dat ek hier by jou uitgeval het vandag! Ek ry sommer nou Fascination toe (voor hulle toemaak) want soos jy sê die storievertellers word net minder en die geskiedenis van daardie aaklige tyd toegesmeer. Ek wens van ons jongmense wil die Britte laat aankla van war Crimes, ek stem 100% saam oor hul arrogansie teenoor die Saffas, nogsteeds! Ons het NOOIT oorlog gaan maak nie, ons moes verdedig wat hul wou vat – die blixems!
Sammi, dankie vir die inloer.
‘n Saak het mos altyd 2 kante, en die underdog se storie vertel gewoonlik die lekkerste. Tog wil ek glo dat ons in hierdie geval net moes verdedig. En tweede gekom het. *Al se die Britte ook wat. Sou al die dagboeke, kampgeskrifte en oorlewerings dan op leuens en drogbeelde geskoei wees? Ek twyfel.
Onskuldige mense is dood. Het alles verloor. Vir ‘n land se beheptheid met mag. Victoria en haar honger wat netnie gestil kon word nie. (Kyk nou hoe tjaarts jy my op die Vrydag op!)
Oor die Souties se Saffa probleem, glo ek weereens daar is 2 kante. Daar is die mense wat oorgaan om regtig te gaan probeer om vir hulself beter omstandighede te skep. Of selfs net om werk te he.
En dan is daar die ‘sabbatsjaar’ nemertjies, daai met die ryk ouers en die regte balans in hulle bankrekening, want oorgaan en die vryheid net nie kan verwerk nie. Dis hulle wat gaan k@k aanjaag en die mense de moer in maak. Ek verstaan die frustrasie. Van beide kante.
Maar gee my enige dag eerder ‘n Cape Coloured as ‘n ingilsman. Daai nasie is net nie gemaak om met my te akkodeer nie!
*As jy ooit die ABO roete kan doen in die Noord-Kaap, en by Paardeberg se museumpie aandoen, lees tog die statistieke. Mensig, die Boere het hulle darem geskiet dat hulle skyt. Die duurste oorlog vir die Britte in hulle hele geskiedenis.
En die verleentheid is teweeg gebring deur ‘n handvol ‘onopgevoede barbare’ soos hulle soveel maal te vertelle gehad het. Dit kos mos een om ‘n ander een raak te sien. Ek dink nie die vernedering en die haat/vrae aan beide kante sal ooit gaan le nie.
En ek dink ook nie in die land is daar enige opgewasse Afrikaanssprekende wat jou voorstel/wens sal kan uitvoer nie. Mense raak apaties. Klim op die politieke ‘ek is jammer’ bandwagon, en verag wat hulle herkoms is. Jongmense het nie meer ‘n clue nie.
Klim op jou bike, Sammi, en ry aan. Jy’t nou weer vanmiddag kom krap waar ek al vergeet het dit kan jeuk.
🙂
Dan is ons altwee saam omge ellie deur hierdie verlede – ek ken die geskiedenis TE goed en is nogsteeds moerig dat die blixems se gierigheid ons vrouens en kinders PLUS hul mans en seuns so moes laat suffer. Oja, moenie dat ons die 22 000 swartmense wat lojale werkers was se afsterwe in hul eie “aparte” kampe vergeet nie. Ek raak behoorlik naar wanneer ek Sky kyk en hulle al ‘n week lank prut oor ‘n prank – liewe genade!
Ek klim NOU op my bicycle en weet ek gaan weer afgeskryf wees vir ‘n dag of twee!
Se jy!
Onthou tog net om te kyk dat daai bike olie in het. ‘n Moerige mens en ‘n bike sonder olie is ‘n lelike gesig. Veral as jy redelik agter in die duine loop vassteek…
En ons praat nie eens van sonder petrol loop staan nie!
🙂 🙂 🙂
😆 Skoor
Bike het gehou, soontoe en terug MAAR Fascination is nou TOE, toe hardloop ek gou by CNA in en loop uit met 13 uur ook – my eerste Afr fiksie ooit – hoop jy het aandele! Ok, sien jou oor ‘n paar dae met terugvoer.
Sammi, klank jy die boek? Jy het ‘n naweek gehad. 🙂
Ek is bly ek kon ‘n bydrae maak tot jou opvoeding. Nou nog net Fees ook gaan kry, ne.
Hu Uh. Het die Fees ook gekoop. 13 uur gister gelees en sal annerdag die Fees begin – is nounet nie lus om weer vir die Britte moerig te raak terwyl ek so bly is oor die naweek se gebeure nie.
Hmm 13 uur se eerste 10 bladsye het my brose siel geskok 😉 maar wanneer mens verby die swets kyk is die storielyn goed – Die begin het my net so effe herinner aan “milliseconds of our lives” op TV MAAR sy sinspeling oor wat aangaan in SA asook die hmmm “siekte” van sekere mense in die vermaaklikheidsbedryf – nou ja, GOED gedoen! Veral nadat ek gesien het met wie hy onderhoude gevoer het. Ons arme cops.
Releks die boude Sammi – jy was seker weer te veel op die bike die naweek.
DM het ‘n vreeslike gawe om van die aktuele, ‘n vreeslike lewensgetroue roman vol spanning te skep.
Nee gits, moenie skrik vir bladsy 1-10 nie, die res is erger!
Jy moet maar op die whiskey langs hou wyl jy lees, so om die edge van die nerves af te haal!!!
Geniet.
En kry tissues vir Fees as jy ‘n gevoelsmens is…
KLAAR gelees, Skoor, KLAAR! Sê mos, gister al- jy is reg – wat ek van hom hou (onthou dis die eerste keer dat ek Afr fiksie lees) is dat mens jou kan inleef in die gebeure (juis omrede dit afspeel in bekende plekke) asook die frustrasie. Capish?
Naais Sammi, naais!
Miskien moet jy nou die res van die boeke lees – kry dit sommer uit die bib uit. As jy by die search gaatjie van hierdie blog, deon meyer boekelys intik, sal jy daar uitkom. Vat hulle van voor-af en geniet.
Skoor
Het toe die Fees gelees. Ek was net hartseer/vies oor die einde. Hoekom het die majoor weggedraai? Aggenee man, na al daardie jare?!
Miskien het hy die volgende dag weer teruggegaan, hoe sal ons weet! Hy was al die jare so gefassineerd deur die vrou, hoekom nie deurdruk nie…
Bly jy’t bietjie ure gegee vir behoorlike romans.
Nou kan jy weer die bike opstart
🙂
LOL, Skoor!