‘n Blinde man sit op die sypaadjie. Op sy karton wat hy teen sy lyf aandruk, het iemand vir hom geskyf: ‘I am blind. Please Help’
Al wat hy hoor, is die voetval van mense wat verby hom loop, sonder die geklingel van ‘n geldjie in sy bakkie.
Skielik stop ‘n man by hom, neem die karton, skryf iets op die agterkant, en stap verder.
Die blinde man hoor steeds die voetval, maar daar is nou ook mense wat geld in sy bakkie gooi – hy kan hoor dat dit munte EN note is.
Toe hy die aand by die huis kom, vra hy vir sy maat om te lees wat die man op sy karton geskryf het. Dit lui:
It is Spring. And I can not see the flowers.
Dankie liewe Skoorlief, dat jy die storie met my gedeel het.
Hartseer-mooi.
Hmmm, jy sal nie glo hoe ek en my man hierdie stukkie van jou nou ontleed het nie!
Is waar – ek raak steeds vreeslik tranerig as ek dit lees. Weet nie of die pms nog saamspeel, en of dit die harde mooigeit daaraan is nie!
Supaskoor
Jy smokkel nou ding se kop met die ene.
Ja, laat dit vir ons ‘n les wees. Baie mooi Skoor.
Nog ‘n tag – http://tekkies.wordpress.com/2008/02/13/n-boek-in-n-prokureurskantoor/
Hopelik makliker vir jou as vir my aangesien jy nie te lank gelede nie besig was met boeke!
Lekker dag.
Is die laaste paar maande gepeper met die konsep van perspektief. Dis wat hierdie is, die perspektief het geskuif na die leser. Jy lees jou blessings raak op ‘n stuk karton.
Feeling blue sus? 😉
En wat sou jy vra as ek rooi was? Hittegloede??? Het jy gesien ek en jy gaan saam Roxette kyk as hulle kom!
ek wil graag op n sypaadjie sit op my kombuis tafel met n bord…”climb on if u dare”
Laat my asb weet as dit gaan gebeur Anne, ek wil pics neem vir my blog!
Miskien moet jy die kantoor dwis waarmee jy en Roer so sukkel, op die tafel vasmaak, dit buite die kantore sit, met dieselfde bord op sy bors. O, dis natuurlik nadat jy hom kaal uitgetrek het!
Sien of iemand lus is vir daai ride – die ou se ego sal geknak wees, en sy lus vir kantoorarse, geblus.
ha ha! lekker gelag.ek en jy gaan nog groot tjommies wees!
oulike storie…ek het gedink dit sou anders eindig…nadat die man op die blinde ou se bord geskryf het, sien die ‘blinde ou’ wat geskryf is en draai die bord weer om en skryf ‘blind,no work,no money,God bless’ en bedel voort. Sorry…maar daar is soveel van die ‘blindes’ wat deur hulle baie gewillige helpers by robotte en straathoeke rondgelei word om te bedel…en al wat fout is…hule is te donners lui om iets te doen.
Lyk my Roxette se sell by datum is verby as ek so loer
why u say that?
Anne, waar is jou tafel se adres?
Ek try daar by jou avatar rondkliek, maar jy’t vergeet om die poskanaal oop te gooi.
Maak reg, as jy sulke wilde kommentare lewer, wil ek loop kyk watse stoutighede gebeur om, op en onder jou tafel!
Platkuif, hier in my dorp bedel die blindes deesdae so. Maar as hulle op die sypaadjie moet op, wanneer die verkeer begin vloei, dan trap hulle sonder struikel tot op die middelmannetjie. Maak my sommer moerig! Ek gee ook nie.
Dis net ‘n nice storie, ons vergeet dikwels om rond te kyk en die mooi te sien, omdat ons so moet uitkyk vir die lelike deesdae, wat ons van alle kante wil bekruip.
Skoor, jy kan vir kranksinnige Anne daar op my blogroll kom opspoor… sy is altyd erens doenig met ‘n kombuis tafel, maar ons verstaan… ons lief haar anyway! 😆
PS. Jou avatar freak my nogsteeds uit! 😯
Anne moet haar eie tafelpote waterpas kry! Dis van al die nonsens wat sy aanjaag, dat sy vergeet om haar links klaar in te vul.
My avatar? Stoutsus vertel dis SA se eie Incredible Hulk! Ek het gereken dis waar Shrek afstam, maar ek is gese om nie vir Shrek so te beledig nie.
Op Sonneblom se blog is daar vir jou ‘n antwoordjie op jou skok en ongeloof! 🙂