‘n Blinde man sit op die sypaadjie.  Op sy karton wat hy teen sy lyf aandruk, het iemand vir hom geskyf:  ‘I am blind.  Please Help’

Al wat hy hoor, is die voetval van mense wat verby hom loop, sonder die geklingel van ‘n geldjie in sy bakkie.

Skielik stop ‘n man by hom, neem die karton, skryf iets op die agterkant, en stap verder.

Die blinde man hoor steeds die voetval, maar daar is nou ook mense wat geld in sy bakkie gooi – hy kan hoor dat dit munte EN note is.

Toe hy die aand by die huis kom, vra hy vir sy maat om te lees wat die man op sy karton geskryf het.  Dit lui:

It is Spring.  And I can not see the flowers.

Dankie liewe Skoorlief, dat jy die storie met my gedeel het.