Is mens nie net veronderstel om te ontspan as dit vakansie is nie?  Of is jy effe meer oplettend, en dra jy vol aan die sak van herinneringe en lesse na so ‘n wegbreek van die werk?

duikEk het ‘n paar gewaarwordinge gehad die vakansie:

Jy staan makliker om 05:00 op (vir ‘n hele week) as 07:00.  Die verskil tussen die twee tye – die vroegere een is om reg te maak vir gaan duik.  Nie 2 ure later, waar jy moet klaarmaak vir werk nie!

Dit is wys om NIE op 1 Januarie van enige jaar, die kuspad deur Gordonsbaai te ry nie.  Dit neem jou ongeveer 25 minute om 4 kilometer te vorder, en op ‘n warm dag is die gevolge vir jouself en jou voertuig minder aangenaam.  Dit is egter wys om jou kar se engine nie aan die gevaar bloot te stel om te oorverhit nie.  Sit dus die kajuit lugreguleerder op sirkuleer, stel die hitte op maksimum, en sit die waaier volspoed aan.  Sodoende forseer jy die water om deur die engine te sirkuleer, wat die temperatuur sal afbring, en skade kan verhoed of beperk.  Wat egter met jouself binne-in daardie hell hole gebeur, is ‘n storie vir ‘n ander dag!

Jy tan verskriklike snaakse, onverklaarbare strepe van net bo jou enkels tot op jou hak.  Die teenoorgestelde word ‘n “Boere tan” genoem, waar die sokkies gewoonlik in die ou dae hoog opgetrek is, en dan ‘n wit enkel en voet tot gevolg gehad het.  In my geval is dit egter die ure ‘afloat’ in die see, met die duikpak broek wat bo my enkels eindig, en die flippers wat my hak toemaak.  Vreemde, vreemde tan wat ek oor het van my heerlike dae!  So ‘n donkerbruin streep oor my haksenings! (een manier om my tans te identifiseer)

Jy kan uitgeeet raak aan kreef, al het jy die somtotaal van 1 gehad die hele vakansie.  Ek weet nie of dit al die gekook is wat na die duik moes gebeur nie, maar my lus is tans met vakansie.  Ek hoop darem dit is teen die naweek terug, want die vrieskas soek nog voorraad, en so ‘n krefie op die kole klink nou vir my lekkerder as om vanmiddag te gaan slaap.

Gepraat van.  Moenie jou lyf gewoond maak om na 2 in die middag ‘n bietjie te gaan skuinsle nie.  Hou aan, bly wakker.  Want die eerste dag by die werk is HEL!

Zone Reality het VREEMDE VREEMDE programme.

Jy kan BAIE episodes van Prison Break in een dag inpas.  Moet net nie skrik as jy klaar gekyk het, en dis skemer buite nie.  Dis ‘n gegewe dat die tyd sal vlieg.

Die Boereraad van klapperolie in jou kopvel en hare inmasseer na ‘n seevakansie, werkduik2 nogal.  En dis nie so moeilik om van die olie ontslae te raak nie.  Gooi sommer ‘n paar druppels laventel olie ook by vir oemf!

Daar is NIKS wat ‘n Kaapse grasperk so mooi groen laat soos ‘n somerreentjie nie.

Mental note to myself:  bly weg uit die Waterfront op 26 Desembers… Maar as jy daar is, moenie nalaat om ‘n Forrester’s Draught te drink vir brekvis nie.  Hou egter by een.  Jy wil nie opstaan en voel of jou bene aan die stoel vasgegroei het nie!

Die mees Goddelikke plek, waar vrede en harmonie absoluut in een vloei, is in die water, deur die lens van jou duikbril.  Geen selfone, geen stemme, geen geraas.  Here, dis mooooi.

Het ek al gese dat Zone Reality vreemde programme het?