My blog gaan nou aan die agterspeen suig. 

‘ Vrijheid III ‘ het Vrydag aand gearriveer.  Vir almal wat wil kots en kerm oor my keuse van voertuig – ja, die eerste voertuig OOIT deur ‘n scrapyard se werf, WAS ‘n Landy – hy het die Toyota ingesleep!!!

‘ Vrijheid I ‘ het ek nog – ‘n 1957 Series I, sonder deure wat kan sluit.  Daai jare was misdaad duidelik nie ‘n faktor nie, so ek kan nie stop en shop met haar nie!

II het ek mee gespeel, en toe verkoop, en III is ook in vir ‘n paar lekkertes.

Ek lief ou Landrovers – dis soos ‘n verslawing om een te ry, EN TAXI’S TRY GEEN FUNNY STUFF MET JOU NIE!

Tot later – die roofrack se hout moet behandel word…