Eergister aand het ek my duimnael opgevreet. 

Nie eens toe die Bokke Saterdag so amper in Tonga se wilde hare vasgeval het, het ek so aan my naels gekou nie.

Jon Blair het ‘n film gemaak oor die ‘tsunami of murders’ in Suid-Afrika.  Anthony Sher was die ‘aanbieder’.  Die middelpunt was die moorde op Brett Goldin en sy jeugvriend.

Tutu blameer gerieflikheidshalwe die diep nalatenskap van apartheid (weens die gebrek aan onderhouds tyd, of iets anders?). 

Wat my die meeste skok, en soos my geliefde dit stel:  swartes moet baie keer die eerste vlaag van misdaad absorbeer.  Daarna tref dit die res van ons.  Die stories is walglik.  Net soos met plaasmoorde se modus operandi.

Ek sou graag wou dat Blair terugkeer, en ‘n deeglike film kom maak oor die onbevoegde leierskap wat hierdie land in sy moer in regeer.

Ek skaam my om te dink ek woon in ‘n land waar dit soos ‘n nagmerrie gaan, en waar die leierskap nie die betekenis van die woord ken nie.

Fok!