13 Uur – Deon Meyer
Oktober 7, 2008
Ek droom laasnag van Deon Meyer. Ek weet nie wat nie, maar toe ek opstaan om te gaan water drink, weet ek dis tyd om te gaan moan op sy webwerf. Het hy dan nie ‘ophou werk’ om voltyds te begin skryf nie? En as Steve ‘n boek in 5 weke kan skryf, hoekom vat Die Meester dan so lank…
Hy het my egter voorgespring – ek steel en cut en paste van sy webwerf www.deonmeyer.com en ek dare almal wat nognie sy boeke gelees het nie, om te gaan vir leesklasse, en dan die boeke van die eeste tot die laaste te pak. (Leesklasse omdat ek nie kan glo enigiemand wat kan lees, het nognie ‘n Meyer boek opgetel nie!)
13 Uur
In Oktober 2008 op die rak:
Speurder-inspekteur Bennie Griessel is nugter. Een-honderd-ses-en-vyftig dae al. Maar die oproep wat hom wakker maak is die begin van 13 uur van ‘n dag wat hy dalk nie gaan oorleef nie – en hom meer as een keer na die bottel wil laat gryp.
Die storie:
Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.
Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat.
Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg.
Behoort ʼn redelik normale dag te wees.
Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geblaas het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris.
Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.
Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand wat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank deurgedraf het?
Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’.
En indelik, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.
Redelik normale dag, jou tipiese 13 Uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.
Só begin Hoofstuk 1:
Om 05:36 hardloop sy teen die steilte van Leeukop uit, die voeteval van haar sportskoene dringend op die gruis van die breë voetpad.
Op dié oomblik, wanneer die vroeë strale van die son haar soos ʼn soeklig teen die berg vind, is sy die toonbeeld van sorgelose grasie. Van agter gesien, wip haar donker vlegsel teen die klein rugsak, haar skouers is ‘n diep sonbruin teen die poeierblou van haar T-hemp. Daar is energie in die ritmiese tred van haar lang bene in die denim-kortbroek. Sy skep die indruk van atletiese jeugdigheid – lewenslustig, gesond, gefokus.
Tot sy skielik gaan staan en oor haar linkerskouer terugkyk. Dan verbrokkel die illusie, want daar is angs in haar gelaatstrekke. En uitputting.
Sy sien nie die indrukwekkende skoonheid van die stad in die sagte lig van die opkomende son nie. Haar oë soek wild en bang na beweging in die hoë fynbos agter haar. Sy weet hulle is daar, maar nie hoe naby nie. Haar asem jaag – van inspanning, skok en vrees. Dit is adrenalien, die verskriklike drang om te leef, wat haar dwing om weer te begin hardloop, om aan te hou, ondanks haar lam ledemate, die brand in haar bors, die tamheid van ʼn nag sonder slaap en die disoriëntasie van ʼn onbekende stad, ʼn vreemde land, ʼn ongenaakbare kontinent.
Voor haar vurk die paadjie. Haar instink dwing haar regs, hoër op, nader aan die Leeukop-rotskoepel. Sy dink nie, sy het nie ʼn strategie nie, sy hardloop blindelings, haar slanke arms is die stange van die masjien wat haar aandryf.
Ek kan nie meer wag nie – myne is by Protea bestel en daai volgende 2 dae is my dagboek leeg gelaat. Want ek weet hoe ek raak as ek hierdie man se boeke lees… please leave a message after the tone…
Oktober 7, 2008 at 11:48 vm
Puik boeke! Ek stem 100% saam, lees dit!
Mal oor Tiny Thobela!
Het al 3 van Deon se boeke gelees, nou wel in Engels, maar ten minste kon ek dit in ons plaaslike Bib kry…
Dead Before Dying, Heart of the Hunter en Devil’s Peak.
Moet sê Devil’s Peak was die beste een sover.
Oktober 7, 2008 at 11:54 vm
O, ja amper vergeet ek van Dead at Daybreak. Dis die eerste een wat ek in die hande kon kry.
Partykeer wens ek ons bib wil Afrikaanse boeke aan hou, maar hulle redeneer dat daar te min Afrikaanse mense in ons dorp is. Maar Pools, Chinees en Russies kan ons na hartelus lees.
Al ken ek nie een Rus of Chinaman nie…
Oktober 7, 2008 at 12:00 nm
Ja Ice, ek se altyd van die laaste boek wat ek gelees het: wow, dis my favourite en definitief sy beste. Tot die volgende boek uitkom…
Ek wonder of Deon ‘n agro ou is? Ek meen, as jy met soveel oortuiging jou lesers (ja ek) kan laat gespanne saampraat en koes by die LEES van ‘n boek, doen jy as skrywer iets reg. Maar wat doen daardie neersit van woorde met emosies op papier aan jou, die skrywer?
Die motorfiets stories was briljant. Kyk, ek was windverwaaid na daai trippies. Net twee skrywers het dit al reggekry. Tannie Dalene met Pieternella, ek sweer ek het soutlippe en haarslierte van seelug gehad na die lees van daai boek, en die heer Meyer wat my adrenalienvlakke druk terwyl ek op die grasperk sit en lees!
Hats off vir jou wat die ingils aandurf. Ek eet eerder pronutro droog! Geen taal kan so lekker vloek soos my moerdertaal nie, en ja, ek hoor jou. Desperate tye roep vir desperate dade!
Lekker lees. Ek hoop jou biblioteek roer met die nuwe boek. Bestel dit sommer solank by hulle en sit jou naam eerste op die ontvanger lys.
Oktober 7, 2008 at 1:18 nm
Die probleem is dat ek dan nog steeds nie van misdaadboeke hou nie.
Oktober 7, 2008 at 5:20 nm
Moenie dit sien as misdaad boeke nie. Sien dit as action/suspense. Mindf*k jouself meisie, jy kan mos!
Mmm, ek weet nie wat om voor te stel nie, ek dink nie hy gaan sommer lovestories skryf nie.
Net een boek, toe. Dan maak jy ‘n informed besluit. Kom ek geheim jou: ek het nog nooit voor of na sy boeke, aan misdaad of selfs aksie boeke gevat nie. Behalwe Trompie, jare terug, natuurlik!
Oktober 7, 2008 at 6:47 nm
Het getry om die boek te bestel, maar klaarblyklik kom die boek eers einde 2009 in Engels uit…
Ja, nee Pieternella was great!
Oktober 7, 2008 at 7:21 nm
Ice, ek sou darem vies gewees het as die boek eers in ingils sou verskyn!
Vra ‘n geliefde om die boek vir jou vir krismis te stuur uit SA – dink net, ‘n goeie boek in jou eige taal.
Oktober 7, 2008 at 7:34 nm
Skoor
Ek voel in my gesig gevroetel. Lyk ek vir jou na die tipe wat lovestories verslind?
Spesiaal vir jou sal ek ‘n boek gaan soek en met ‘n openmind gaan lees.
Oktober 7, 2008 at 9:13 nm
Infanta was puik!
Maar Feniks bly my gunsteling.
Ek kan nie wag vir 13 uur nie (klaar bestel).
Oktober 7, 2008 at 9:15 nm
Dan sal ek wag om terugvoering op hierdie onderwerp! Geniet die lees
Oktober 8, 2008 at 12:15 vm
Toemaar, ek het al reeds geskimp.
Maar antwoorde soos “posgeld te veel” en “wil jy dit rerig hê” het my maar laat besluit om iets anders te try….
Oktober 8, 2008 at 10:03 vm
ok Juffrou Skoor. Ek vat die challenge. Sal terug rapporteer.
Oktober 8, 2008 at 1:49 nm
Jy sal nie spyt wees nie Roer. Maxie, ons kyk wie is eerste klaar. 1-2-3 blok myself. So iets!
Ice, gewone pos, nou gepos sal teen krismis daar wees. Jou familie is wragtag suinig! Se hulle Skoor se so. Gun jou ook niks. Ek sal maar elke dag ‘n blad scan en vir jou mail. Hiehie, jy sal my smeek vir meer!
Let wel, ek maak net jokes, ek gaan geen wet oortree of illegal copies maak nie, vir ingeval my comment dopgehou word….
Oktober 8, 2008 at 7:51 nm
Ons is aan!
Laat weet wanneer jy joune het, ek sal dieselfde doen.
Oktober 9, 2008 at 11:08 vm
Ek kan lees, maar ek het nog nooit ‘n Meyer gelees nie. Baie agterlosig van my.
Oktober 9, 2008 at 11:22 vm
Jaco, vir jou gerief het ek destyds al ‘n boekelys saamgestel in volgorde van appearance….
http://skoorblok.wordpress.com/2007/10/29/deon-meyer-boeklys/
Jy het nou nie meer verskoning nie. Wyl jou liefie jou lyfie jou voete masseer, kan jy begin by die begin. Ek geniet altyd terugvoering…
Maxie, is jy in SA? En wanneer gaan jy jou boek kry? Dit help nie ek beat jou met ‘n week nie!
Oktober 9, 2008 at 11:59 vm
Hmmm . . . ek is bereid om alles ten minste een keer te probeer. Ek sal ten minste een van sy boeke probeer. Dit sal ook die eerste keer wees dat ek Afrikaanse fiksie lees sedert ek die Uile reeks op laerskool gelees het
Oktober 9, 2008 at 12:11 nm
En jy sal sien dat Afrikaanse fiksie steeds bobaas is! Hierdie is die uile op steroids, gekruis met Trompie en fyngemaakte padkaarte met ‘n tikkie seks gemeng. Geprut tot ‘n boek vol heerlikheid.
Sieriaaz.
Oktober 9, 2008 at 8:04 nm
Jip, in SA.
By Leserskring bestel, het geen idee wanneer ek dit kry nie
Jaco, jy sal nie spyt wees nie!
Oktober 10, 2008 at 2:19 nm
/me boor mettie groottoon ini grond…
/me meld aan vi leesklasse
Oktober 11, 2008 at 8:36 vm
Ons kan al amper ‘n leesklas begin!
Oktober 12, 2008 at 10:52 nm
Ek het seker nog net die eerste een gelees, omtrent 3 op my boekrak wat ek bêre vir die Desembervakansie!
Oktober 20, 2008 at 8:25 nm
Maxie! Protea het my laat weet my boek wag!!!
Oktober 20, 2008 at 8:46 nm
Jou gelukkige derduiwel!!!
Lekker lees!
Sê bietjie: watter een van sy boeke was jou gunsteling (tot dusver)?
Oktober 20, 2008 at 8:57 nm
Elke een wat ek klaar gelees het, ernstig! Ek raak so meegesleur, as ek dit neersit seg ek ‘wow’ dit was die beste! Tot die vlg een in my hand is…
Ek moet se, ek het myself so ingeleef in Onsigbaar, dat ek spontaan hardop kommentaar gelewer het.
Ek moet nou oom PG se boek, Fees vd Ongenooides, gou klaarmaak en more my boek loop haal. Dan is ek weer useless vir ‘n aand of wat. Geen aandetes, geen gesels!
Hoop jy kry binnekort jou kopie!
Oktober 23, 2008 at 9:13 vm
Ek wil nie by die werk wees nie. Nie vandag nie…
Ek het 13 UUR begin lees gisteraand, en ek wil nie by die werk wees nie!
Een ding wat my geweldig pla, en ek hoop die regte oe kom draai een of ander tyd op die werf:
Dit is cheap papier wat gebruik is om daardie boek te bind. Die boekwinkel het gekla daaroor, en toe ek gisteraand in die bad le en lees, kon ek sien hierdie papier gaan nie van die stoom hou nie.
Die voorblad is bitter dun, en bied weinig beskerming teen die bruin binneblaaie.
Nee my magtag – die publiek moet duurder betaal, maar die kwaliteit verswak! Kyk bietjie hoe is Onsigbaar gebind, en verklaar hierdie nuwe poging. As oom PG se boek so mooi gebind kan wees, wat weerhou julle om dieselfde te doen?
Deon, kyk tog met die volgende boek dat ons nie ‘n ding kry wat met 2 staples aanmekaar gesit is nie, want dit neig dan nou al hoe meer in daai rigting.
Ai, die dag le wyd en laaaank voor my uit! Kry julle copies, dis ‘n lekker boek vol adrenalien.
Oktober 25, 2008 at 1:33 nm
Maxie! ek’s klaar…wow!
Oktober 29, 2008 at 9:35 nm
Gmf
)
Myne het nog nie eers aangekom nie!
(Dalk het dit uitmekaar geval,
Eers dit, en dan loop sit jy wraggies aan P.G. se voete!
Intussen wag ek geduldig vir daai post wat begin met: “”Dit was ‘n reenerige
Woensdagaand. Ek WOU NIE KATTE he nie, maar ek het gery om een te
gaan haal, en met twee teruggekom….”
Oktober 30, 2008 at 9:17 vm
Hahaha Maxie, en jy weet wat ek van jou verlang…
Slegte ding met Meyer klaargelees: nou gryp geen boek my nie. Miskien moet ek ‘n shocking boek soos ‘Dis ek, Anna’ vat. Ek het dit nou nognie gelees nie. Het nognie die guts gehad nie.
O, die meester is 15 November by die boekwinkel, maar ek kan nie aan sy voete sit nie, want ek het ‘n afspraak met ‘n sekere duikpak en ‘n paar krewe.
Dem!
Oktober 30, 2008 at 1:46 nm
Dis ek, Anna sal jou omdop en uitskud. Baie grafiese detail…en boonop waarheid. Emma.
Oktober 30, 2008 at 4:04 nm
Dankie vir die waarskuwing ED – iets het my altyd gekeer om die boek te lees.
Sal maar weer ‘n FA Venter nader hark.
December 18, 2008 at 9:20 nm
Die langverwagte pakkie het toe mos uiteindelik opgedaag met uhm… die verkeerde boek.
Ek het dit teruggestuur en die hele dekselse bestelling gekanselleer
Maar dis heel bo-aan my wenslysie vir Kersfees en kan nie meer wag vir Kersoggend nie…
December 19, 2008 at 8:02 vm
Ai Maxie, dis ‘n hele teleurstelling! Hopelik word jou krismiswens bewaarheid, en kan jy ook bietjie inhaal met die lekker lees! Njoy.
December 26, 2008 at 9:15 nm
Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar vir jou en jou geliefdes!
Raai wat was in my Kerskous?
**dancing with joy**
Het vanmiddag begin lees, trek by bl. 129. Ai, het gesukkel om dit neer te sit.
Oh wow!!! Meesleurend!
‘n Bekentenis: Anders as Mat Joubert, Nougat en die res, was Bennie Griessel nooit werklik ‘n oortuigende karakter in my oë nie, maar dit begin darem nou stadigaan verander…
Mat wil vir Bennie iets vertel, ai, as hy weggaan of dalkies besig is om te sterf, weet ek wraggies nie of die volgende Deon Meyer meesterstuk op my wenslysie gaan wees nie…
Skies vir die lang kommentaar, ek is in absolute vervoering!!!
December 30, 2008 at 8:51 nm
Maxie, soos ek nou hier sit, praat Deon Meyer op die draadloos!
En hy se hy is besig met die volgende ene.
Hoop jy het dit terdee geniet! Lank lewe Bennie…
Mooi wense vir die nuwe jaar vir jou en joune.
April 19, 2009 at 4:07 nm
Ek kon nie veel vind om opgewonde te raak oor 13 UUR nie , regtig as mens tot die heel einde moet lees en dan op die laaste bladsye n hele warboel ontrafelinge moet lees wat eerder in die verhaal verweef moes wees is dit n teken van n skrywer wat nie weet hoe om sy storie te eindig nie. Geen karakter ontwikkeling nie. Die hele boek word die meisie agtervolg deur n bende op P163 het sy gevorder tot oor n muur agter n bos Bourgainvillas in ……ens ens. Skielik in die laaste hoofstuk op n bladsy of twee lees ons dis oor alles , n afrika avontuur, jong mense op n overland trip, moord, liefde, mense smokkel , orgaan diefstal, boem en alles mooi uitgeklaar. Regtig….bullshit worsmasjien fiksie vir die massas . Hoekom nie die hele plot in die verhaal in werk nie? dis meer om die lyf as n hardloopende amerikaanse student deur die kaapse strate.
April 20, 2009 at 12:31 nm
Hello Lewies!
Jy klink vir my of jy ook die tipe verhale skryf, en redelik gefrustreerd is met DM se poging om 13UUR geloofwaardig te laat voorkom.
Stuur my jou boeke se naam, want as ek regop sit vir DM se boeke, gaan ek seker nael-loos wees met joue!
Dankie vir jou terugvoer en aanklop – DM lees hier, ek is seker hy sal notisie neem en van jou tips in sy volgende boek inwerk.
Groetnis