Kreatiewe Karnallies
Augustus 12, 2008
Ek maak deesdae ‘n punt daarvan om my daily smile te kry op GOOGLE se homepage.
Die olimpiese varkies wat daar perform, is vir my net te cute. Dit is wonderlik hoe kreatief mense in alle aspekte van die samelewing kan wees. En hoe entertaining die veranderende opskrif vir die webgebruiker kan wees.
Augustus 12, 2008 at 11:42 vm
Dis regtig laf-oulik, ja.
Augustus 12, 2008 at 12:17 nm
Augustus 12, 2008 at 5:01 nm
Ek sien dit ook elke dag – ek google mos alles wat ek wil weet!
Augustus 13, 2008 at 2:48 nm
My studente geniet hulle net so! Baie creative!
Augustus 13, 2008 at 3:03 nm
Ek stem Dellie, elke oggend GOOGLE ek eers gou om te sien wat die nuutste event is.
Paula, ek kon nie comment op jou blog vroeger nie – ek is seker geblok weens my vreeslike reputasie. hiehiehie
Krista, is dit nie net te fantasties om so antwoorde in ‘n kits te kry nie? Ek mis wel die naslaan met papier tussen die vingers, maar gelukkig is die HAT en die Afrikaanse woordeboeke in my boekrak nie op my rekenaar nie.
Augustus 14, 2008 at 5:29 vm
Augustus 14, 2008 at 10:55 vm
Kyk nou die drakie vandag – seker ‘n Suid-Afrikaner wat dit geteken het. Uit moerigheid omdat ons net niks kan vermag by die Spele nie!
Augustus 14, 2008 at 11:10 vm
Hehe, ja nee, daai drakie lyk moerig!
Ek hoor die atlete kan glo nie lekker perform nie, omdat hulle klere so lelik en ongemaklik is.
Sommige ouens het sommer verkeerde groottes gekry. Die tennis spelers het blykbaar gesit en wag vir die reën om op te hou, en toe ‘n meningspeiling gedoen waarin SA se klere as die lelikste in jare aangewys is! As iemand van SA glo wil hempde ruil met die ander atlete, gee hulle met plesier hulle s’n, maar wil asb nie ene van SA hê nie. Hulle het ook glo nie die borsspeldjies met die vlaggies op gekry wat hulle moet uitruil met atlete van ander lande nie, en staan op daai stadium dan soos poeholle rond. En daai speldjies moes glo in China gemaak word…
Shame! Wat op aarde gaan die wêreld van ons dink met die sokker?
Augustus 15, 2008 at 7:03 vm
eh eh eeehhhhhhh!
Augustus 15, 2008 at 3:57 nm
Hey Skoor, kon jy al enigsins oppie lug kom? Jy’s geweldig stil!
Augustus 16, 2008 at 9:44 nm
Lekker ja! Meer webwerwe kan gerus sulke dingetjies uitdink om die lewe interessant te maak.
Augustus 18, 2008 at 10:21 vm
Ek kan weer in die blog kom, dankie Boendoe.
Kop, ek dink aan die einde van die spele sal die karaktertjie ‘n spook wees met ‘n SA vlaggie op die bors…. vind die SA atleet en wen ‘n medalje.
Ai, dit is darem teleurstellend hierdie medalje-lose spele. Dellie, ek gis nog oor ‘n skrywe oor hierdie es tee er oo en tee! Dit is ongelooflik dat ons atlete soos poepolle vertoon. En behandel word.