Jinne, wat ‘n begin tot wat die perfekte Maandag moes wees!

Mens toer rond en kyk wie is swanger, wie is verlief, wie is laf en skielik merk jy blogs op wat nie laasmaand hier was nie.

Jy stap binne, en begin heen en weer klets, en wyl jy nog tong in die kies kommentaar lewer, met die nodige gesiggie wat knip-oog, word jy kortgeknip en gevra as jy soos jou naam se, wil kom skoorsoek, moet jy liefs nie weer hier kom nie.

Wow!  Het ek iets gemis, of is liggeraaktheid ‘n vreeslike ding onder die volk!  Ek dog nog miskien is die vrou ook aan die speel, maar ‘woep’ weg is al my comments meteens.  En dit na ‘n lekker geklets oor mieliepap en provinsialisme.

Wees gewaarsku, ou bloggers:  hier is ‘n klomp nuwes wat vir baie lank in ‘n groefie van eiewaan vasgevang was, wat reken hulle is te famous om te speel, en wat Maandae effe te liggeraak voorkom. 

As jou comments dus ewe skielik verdwyn, moenie vrees nie – ONS IS MOS DAREM NIE ALMAL SO NIE – loop maar lig daar tussen die pampoene…

Nou doen ek my naam gestand, maar sy kan bly wees sy het nie vir Vokof verkeerd opgevrywe nie!

44 Responses to “Moet liggeraakte mense blogs he?”

  1. Tersia Says:

    Ek het ook gemerk van my comments verdwyn, ek vat dit maar van wie dit kom, omdat ek ook nie eintlik veel se nie!

  2. Pienk Zuit Says:

    Moet onnosel mense blogs hê?
    Moet common mense blogs hê?
    Moet almal blogs hê?

    Hang seker maar af wat jy met jou blog wil doen. Dis tog immers die blogger se blog, en hy / sy kan besluit wat daarmee moet gebeur. Dit staan tog ander mense vry om dit nie te lees as hulle nie daarvan hou nie, en die blogger kan seker besluit wat hulle daarop wil toelaat of nie.

    So reken ek maar.

  3. Dellie Says:

    Ag nee rerig hoor! Dit raak nou te erg. Onthou julle die dae toe ons sorgeloos met mekaar skoorgesoek het (no pun intended!) en dit gevat het soos dit kom!? Magtie, dit was lekker tye! Waar is hierdie blog, Skoor, dat ons maar liewers nie daar draai nie? :mrgreen:


  4. Skoor, jy kan maar met my skoorsoek…:)
    Ag hoe lekker LOL ek nou

  5. Skoor Says:

    Ja julle. Was seker ‘n kak vraag. Sit.

    Maar ek was nogal oorbluf. Anyway, ek kan nou verder lelike dinge hier kwytraak, maar dan verlaag ek my tot die mens wat sy blykbaar uit ander wil lok. Dis ‘n ou laai, en mense sit en wag vir die volgende attack, gevolg deur die groot trek daarna. Ek het ‘n paar privaat eposse gekry en daaruit kan ek aflei dat dit maar die modus operandi is van die verskietende sterretjie.

    Ek het, om haarself te beskerm, maar haar comment hier delete, Dellie, want sy het daarop reageer, dus haarself ontbloot as die een waaroor die post gegaan het. Ek moes dit hier gelos het, dit sou haar image mooi aangeblaas het. Veral die wat my ken sal weet dat dit waarvan sy my beskuldig het, allermins die mens is wat sy my afgemaak het om te wees.

    Maar ek is regtig nie lus om betrokke te raak in ‘n bekgeveg met haar nie – wees julle maar net gewaarsku. Og, miskien gedra sy haar hier op WordPress, noudat sy weet almal buig nie vir haar majesteit nie.

    ;-)

    Maar nou gaan ek eers skoor soek by Wille Roos – sy’t my genooi!

  6. Sonia Says:

    Skoor het vanoggend op my blog ingeval met kommentaar wat ek seker as aanvallend beskou het.

    Dalk verstaan ek maar net nie haar trant nie.

    Ek het haar gevra om liefs van my blog weg te bly as al wat sy wil doen, skoorsoek is, en daarna haar plasings gevee.

    Omdat dit juis die rede is waarom mens wordpress se kommentaar-modereer funksie kan benut.

    Sy het daarna ‘n plasing oor liggeraakte mense gemaak op haar blog, en ek het haar daar geantwoord in drie of vier kort sinne, waarvan die laaste een ‘Gaan in vrede’ was. Die kommentaar het sy ook toe gevee.

    Die hele inhoud van my kommentaar op haar blog was dat ek nie in die minste belangstel om met mense in gesprek te tree as al wat hulle lus is om te doen, my te beledig nie. En dat haar kommentaar hier allermins speels was.

    Hierdie kommentaar verskyn daarna op haar blog:

    “Ja julle. Was seker ‘n kak vraag. Sit.

    Maar ek was nogal oorbluf. Anyway, ek kan nou verder lelike dinge hier kwytraak, maar dan verlaag ek my tot die mens wat sy blykbaar uit ander wil lok. Dis ‘n ou laai, en mense sit en wag vir die volgende attack, gevolg deur die groot trek daarna. Ek het ‘n paar privaat eposse gekry en daaruit kan ek aflei dat dit maar die modus operandi is van die verskietende sterretjie.

    Ek het, om haarself te beskerm, maar haar comment hier delete, Dellie, want sy het daarop reageer, dus haarself ontbloot as die een waaroor die post gegaan het. Ek moes dit hier gelos het, dit sou haar image mooi aangeblaas het. Veral die wat my ken sal weet dat dit waarvan sy my beskuldig het, allermins die mens is wat sy my afgemaak het om te wees.

    Maar ek is regtig nie lus om betrokke te raak in ‘n bekgeveg met haar nie – wees julle maar net gewaarsku. Og, miskien gedra sy haar hier op WordPress, noudat sy weet almal buig nie vir haar majesteit nie.”

    En ek skryf dus hier aan haar:

    Beste Skoor

    Ek weet werklik nie wie jy is nie, en ek gee ook nie juis om nie. Ek sal dit waardeer as jy my in vrede laat, maar as jy die behoefte het om my te beledig, te verneder of te beskinder, kan jy dit sommer hier direk aan my doen: cabano2000@hotmail.com

    Ek gee nie in die minste om om myself te ‘ontbloot’ as die persoon wat die kommentaar op jou blog geplaas het nie, want ek het werklik niks om weg te steek nie. Ek skryf onder my eie naam, met my foto daarby, juis omdat ek nie veel tyd het vir mense wat agter skuilname wegkruip nie.

    Ek het jou in die vier sinne wat ek as kommentaar gelewer het, van net mooi niks ‘beskuldig’ nie, bloot gesê dat jy gewis nie speels was nie. Dis al.

    Beste groete

    Sonia Cabano

  7. Adrie Says:

    Skoor

    As liggeraakte mense vreeslik graag wil blog, moet hulle maar eerder comments sluit. Ek dink hier is dit ‘n geval van ‘n moerse chip op ‘n baie klein skouer.

    Dit is dalk my DIK vel, maar ek sien glad nie iets beledigend in jou skrywe nie. Hoe se my ma altyd, as die skoen pas, trek hom aan.

    Blogreel nommer 1: As jy jouself vir ‘n toffie uitgee, sal jy gekou word.

  8. Dellie Says:

    Sonia, miskien het jy dit rerig net verkeerd opgevat? Skoortjie is ons pel al van laaaaankal af. Sy ken van kosmaak en resepte gooi op ‘n unieke manier, en sy het vir baie van ons al heerlike etes gegee. Ek dink nie sy het bedoel om jou te beledig nie. Ag nee julle, ons het genoeg drama op die blogs deesdae. Speel mooi, toe? :mrgreen:

  9. Sonia Says:

    Beste Skoor, liggeraak is ek nie in die minste nie. En ek het geen chips op my skouers nie, LOL.

    Ek het twee keer my Litnetblog gevee omdat daar mense was wat onder skuilname aanhoudend die vieslikste kommentaar gelewer het, en meeste van hulle het weggespring soos jy vanoggend op my blog.
    Omdat ek nog nie eens ‘n week op WordPress is nie, het ek aangeneem jy is een van hulle. Met jou bynaam kan jy my nie juis daarvoor verkwalik nie, hmmm?

    Sommige van hulle sou 7, 8, 9 keer na mekaar dieselfde kommentaar plaas. Ek het Vrydagaand, nadat ek ‘n kennisgewing op Litnetblogs geplaas het oor my nuwe WordPress blog, van een spesifieke persoon ongeveer 25 kommentare gevee, almal in die selfde trant.

    Ek probeer om jou kommentaar oor ‘toffies’ te verstaan – bedoel jy daarmee dat, as ek ‘n blog begin, ek verlief moet neem daarmee dat mense my vanagter skuilname beledig?
    Dis darem so ‘n geykte ou Afrikaanse houding, is dit nie?
    Dit is ook maar bitter naby aan die houding van ”n vrou moet haar bek hou en in die kombuis bly.’
    Daar is ‘n sweempie platvloersgeit daaraan, maar dalk is dit net my mening. Stel dit so, ek is dankbaar dat ek nie jou siening deel nie.

    En dis juis waarom ek die blogwêreld soms so geniet – omdat mens tog wel heel gereeld oopkop, bevryde en ruim-van-gees Afrikansrs daar kan raaklees.
    Ongelukkig is die ou bitterbekke en suurgatte ook maar immer met ons, wat ‘n jammerte.

    As ek jou ontstel het deur jou kommentaar te vee, hoop ek dat hierdie nota aan jou sal help om te verduidelik waarom ek dit gedoen het en ek is jammer dat dit jou omgekrap het.

    Soos ek in my eerste kommentaar hier gesê het: gaan in vrede.
    Ek het niks teen jou nie.
    Groete
    Sonia Cabano

  10. Sonia Says:

    Dellie, ek was besig om my kommentaar te tik terwyl jy joune net bo dit geplaas het.
    Ek stem saam, ek het regtig geen begeerte om met iemand te baklei op blogs nie, ek dink diegene wat daarin wil spesialiseer het ‘n unieke tuiste op Litnetblogs gevind, LOL!
    En ons wil nou nie daarmee kompeteer nie, hmm?
    (Hemel maar hierdie swart blog lees moeilik, ek kan nie ‘n woord sien wat ek tik nie.)
    Tjeers almal, en gaan in vrede.

  11. Sonia Says:

    Skoor, kan jy net asseblief vir my verduidelik hoe verstaan mens die speelsheid aan jou kommentaar (wat my laat besluit het om jou kommentare liefs te vee):

    ‘Gaan dink nou liewers nog ‘n reseppie uit voordat ek jou jammer kry”

    Thanks, ek is seker jy het ‘n goeie verklaring daarvoor. Waar ek vandaan kom word dit as ongeskik beskou.
    Groete
    Sonia Cabano

  12. Adrie Says:

    Sonia

    Ek stel voor jy lees weer en vra Skoor om verskoning.

    Die toffie-uitdrukking behoort aan my. Adrie of Adriana as jy wil. Jip, platvloers met ‘n skuilnaam soos dit my goeie reg is.

    Moenie vrees nie, ek het geen begeerte om jou blog te besoek nie.

  13. Skoor Says:

    Aag Sonia, plaas ons hele gesperek en laat die lesers wat jy wil betrek, self oordeel!

    Een oomblik skerts ons oor die Kapenaars wat vleis laat taai word, en die volgende oomblik is ek iets boos in jou oe.

    Ek dare jou, majesteit, om ons hele gesprek, met my smiley face na daai comment, te plaas, en dan sien jy dalk ook dat jy oorreageer het.

    Gee die griepmedisyne die skuld, maar moet asb jou liggeraakte persoonlikheid hier kom probeer regverdig nie.

    Maar dit is blykbaar jou modus operandi om konflik uit te lok en amok te maak. Dus sal ons in vrede gaan, maar wees verseker jy het ‘n groot fan verloor, en ek sal nie ‘n geheim maak daarvan nie.

    NS – miskien moet jy ‘n opname maak van hoeveel skuilname op WP gebruik word, en dan vir almal gaan vra waaragter hulle skuil!

    My naam verkoop nie my boeke nie, so ek hoef myself nie te promote nie. Pasop net vir klippe gooi uit jou glaspaleis.

    Jy het baie te leer oor hoe om jouself te dra in die real word. Jammer dat ek dit nou namens mense moet se, maar let’s play Hollywood.

  14. Sonia Says:

    erm, Skoor, ek het geen begeerte gehad om enige iemand te betrek by enige iets nie, jy was die een wat ‘n bloginskrywing daaroor kom maak het.

    Ewentwel, ek het vrede daarmee.

    Adrie, jy is reg, maar dis bitter moeilik om hierdie swart blog te lees.

    Nou ja julle, ek voel ek het gesê wat ek wou sê, en nou weet ons ten minste van watter kant die wind af waai.

    Mag dit met julle net goed gaan.
    Groete]
    Sonia Cabano

  15. Skoor Says:

    Hier sit en blog ek op my selfoon en die swart skerm en die wit letters is gladnie ‘n probleem nie! Mensig, hoekom het julle ander nog nooit gekla nie??

    Sien jy nou Boendoe, jy het gese ‘n wit skerm pas my nie, en nou eers hoor ek die swart blog is onleesbaar.

    Ai tog, sit tog op julle brille vrinne, laat ons verder kan klets.

    ;-)

  16. Adrie Says:

    Skoor. Dit is inderwaarheid vir mense met disleksia makliker om te lees met n swart agtergrond.

    As ek jy is, toiletpapier ek die hele storie. Iemand is besig om te skoor. Die opmerking omtrent jou blog design is oor punte score.

  17. aventer Says:

    Hallo…ek’s nuut by jou blog en gaan myself ordentlik gedra deur te se dat dit net pleinweg ongeskik was dat hulle net so comments delete

    Maar jy weet wat hulle se…jealousy makes you nasty…

    So…VIVA SKOOR!!!

    :lol:

    Lekker week, hou van die blog

  18. Skoor Says:

    Welkom Aventer. Ek het ook haar 1e comment delete, so ek val in dieselle kategorie. Nietemin hoop ek dis nou die einde van die sage. LOL, Skoorlief se ons is soos skooldogters in puberteit. Ouch! :) Adrie!

  19. Paula Says:

    Mag die situasie in vrede uitgesorteer word :)

  20. Roer Says:

    Eish… Kom ons probeer weer. Sonia, ontmoet Skoortjie. Skoor, ontmoet Sonia. Skoed hande. Ok, 20 push-up’s elk en die Kaap is weer Hollands. Mwa!

  21. Roer Says:

    *skud!!!!
    magtag…askuus, dis laat, ek’s moeg, jadijadijadi

  22. Roer Says:

    Plus hierdie swart blog is vrek moeilik om te lees… :lol:

  23. boendoe Says:

    En hier kom ou laatslaper ook aan! :lol:

    Skoor, siende dat ek so te se jou blog tema ‘goedgekeur’ het, hou hom asseblief so! Hoe moet EK nou voel as jy hom verander om ander mense beter te laat lees??

    Sonia, jy lyk na ‘n baie oulike meisie, maar ek ken Skoor, en sy is net so jollie oulik. :wink: Gee net tyd. Een van die dae ruil julle nog reseppies uit. Maar vir hierdie rondte skaar ek my by Skoor.

  24. Pikkelik Says:

    :lol: :lol: :lol: Ek is ook altyd net mooi 13 ure na die aksie!!! Daar is geen satisfaksie daarin om ‘n lekker blogfight te lees as daar reeds vrede is nie… Shit!! :twisted: :lol:

  25. Skoor Says:

    Vir julle almal wat agterna gekom het, en vir Delilla, soos Vokof graag seg:

    :) :) :)

    Roer – miskien is jou screen vol wynvlekke? Ek mail jou later vandag. Wag net vir ‘n ander mail om deur te kom dat ek dit kan aanstuur na jou.

  26. Sonia Says:

    More!
    Wel, verlief is ek nie, swanger nog minder (hemel behoed) maar laf is ek beslis.
    Lekker dag vir jou, Skoor, en lank mag die vrede hou!
    :-)

  27. Pienk Zuit Says:

    Freaken hel mense! ‘n Blog is nie ‘n vergadering of ‘n koerant of iets waar almal ‘n reg het om iets te se^. As iemand nie van jou kommentaar hou op HULLE blog nie, kan hulle dit sekerlik afvee. Om dan galsterig te raak daaroor is bietjie kinderagtig of hoe? Net soos ek die reg het om mense wat in my huis rook te vra om asb buite te rook.

  28. skoor Says:

    Hello Zuit – die quarrel is al verby, maar weereens welkom.

    ;)

  29. duskant Says:

    he he he… aijajai Skoor, laat my terugdink aan destyds toe ek en jy op so ‘n grewwelrige voet kennis gemaak het en kyk, nou is ons lekker blogmaters – neewat, mens kan nie na ‘n week of twee wil duiwelsadvokaat speel en gemeensaam raak nie…Sonia, leer ken onse WordPress’ers eers so bietjie beter voor jy moord en doodslag skreeu.
    En by the way, niemand het al ooit oor Duskant Sutherland se swart en wit tema, presies soos hierdie een, gekla nie (ok ok, dalk net Johan Swarts maar dit was na, en as gevolg van baie Winhoek Lagers ;-) )

  30. skoor Says:

    Ha-ha ou Duskant! Ons is maar die ‘duistere magte’ van die blogwereld, ek en jy.

    Die res kan bly wees ons skryf nie ons blogs met ‘n uitveer nie.

    Groete ini K’ro!

  31. Sonia Says:

    Alla, ek het gladnie moord en doodslag geskree nie, allermins!
    al wat ek gedoen het was om kommentaar op my baie nuwe blog te verwyder toe ek gedink het dis ‘n herhaling van die Litnetblogs se snottiness en katterigheid, en dis tog seker my goeie reg?

    Duskant, ek het seker maar net nie Skoor se trant verstaan nie, as jy effens boontoe scroll sal jy agterkom watter kommnentaar dit was wat my irriteer het.
    Ek dink dis ‘n storm in ‘n teekoppie, en ek is bly dis verby.
    Al wat ek regtig wil doen is om in vrede te blog oor dinge wat my interesseer.
    In agteraf geskinder, alliansies en blogfights het ek absoluut geen belangstelling hoegenaamd nie.

    O ja, en voor enige iemand my verder daaroor aanvat, want dit gaan seker een of ander tyd in gesprekke uitkom: ek doen nie kettingeposse nie, ek is nie ‘n Christen óf ‘n rassis nie, en ek soek ook nie ‘n man nie. Ek is ook nie ‘n celebrity nie: sulke mense dra klein hondjies en aandrokke, waarvan ek nie een het nie.
    Ek doen maar net my eie ding, op my eie manier.

    Laat dit met julle goed gaan.

  32. Pagoda32 Says:

    Skoor…die blog lees moeilik hoor. Met alle respek gesê! Ek het ‘n 15 duim monitor en werk op 1024 resolution, en die blog is van die moeilikste om te lees van almal op WordPress. Moenie jou theme weer vernader as jy nie wil nie, ek sê maar net LOL! :D

  33. skoor Says:

    Heyhey, ek maak sommer ‘n copy van die blog vir over 35’s. Lyk my hier’s oogmoeilikgeite so in die WP domain. :-)

    Nee, ek het nie nou tyd vir blogdesigns oor doen nie, so julle moet maar daai screens lekker helder stel, ‘n koffietjie gooi en rustig terugsit en lees. Maar dankie vir die feed back van die Werf se kant af.

    Aai reed joe!


  34. Ek het sulke duur rekenaartoerusting, van die duurste op aarde. dat ek Skoor se blog uit die bad kan lees, om die hoek, en af op straat. Ek sien alles. ;)

    Ek wil ook net se, vir as jy wonder het, met betrekking tot jou post, ek is nie swanger nie.

    1983764 x 37735520 screen met ‘n 166533 resolusie maal 15 op ‘n purple tooth (nog nie in SA beskikbaar nie)

  35. Sonkind Says:

    Ag fok tog – raak rustig, almal van julle. Ek stem saam met Zuit – leef en laat leef.

    Skoor – en dit lyk my as ek nie moeilikheid maak met my comments en uitgevee word nie, dan doen jy dit! Lyk my is tyd dat ons Capeys onsself begin gedra.

    Sonia, baie welkom hier. Vee jou gat aan Skoor af – sy het seker weer PMS gehad ;-) (okay Skorie – ek koes :lol: )

    O ja, en jou blog lees moeilik Skoor, veral vir mense met kontaklense :twisted:

  36. duskant Says:

    …ek beginne dink dat niemand nog ooit oor ons swart en wit temas gekla het nie…omdat ek nognooit gevra het nie.
    MMM….
    Terug na die tekenbord vir my wanneer ek weer ‘n dag of twintig oop het, so wil dit voorkom… :-(
    Sonia, geen harde gevoelens en baie welkom – nou kan ons mos lekker beginne kuier ;-)


  37. [...] en krap waar dit nie jeuk nie word gewoonlik vinnig geïgnoreer en die blogs verdwyn uiteindelik.  Skoor vra toe ook mos nou of liggeraakte mense moet blog en dit sit my toe aan die dink.  Dalk omdat ons al so gewoond aan mekaar is en verstaan as iets [...]

  38. Neil Kroese Says:

    Wel voor mens die vraag antwoord dink eers hieroor…….liggeraak volgens watter maatstaf en volgens wie se opinie en watter kwalifikasies het die betrokke opiniegewer om ‘n akurate assessering in die verband te maak?

    En die antwoor op die vraag…enige mens is vry om te blog, enige mens is vry om die inhoud van sy blog te bepaal mits dit binne die raamwerk van redelikheid geskied soos verwag word van ‘n beskaafde sameleweing.

    En natuurlik…..dit hang seker maar af waarom mense blog. Elkeen het sy eie rede en uiteraard gaan klieks vorm en soos ons gepolariseerde nasie maar is, sal “inkommers” ook getoets word om te bepaal waar hulle inpas en waar hul lojaliteite lê, assuming hulle wil iewers inpas natuurlik. Ek blog nie vir aandag nie, ek blog ook nie om bo aan die bladlese wees nie en ek blog ook nie om ‘n popularity contest te wen nie. Ek blog want ek geniet dit, dis ‘n vorm van terapie. So lees gerus, of moenie lees nie. Keuse is joune.

    Having said all of that, met inbegrip van hierdie en die “Kapoen….” insetsel en die gebeure wat daartoe aanlyding gegee het…ek kan net nie help om ‘n titsel van die groen monster hier tussen die lyne te lees nie, en verskoon my as ek verkeerd is. Dis maar dis hoe ek dit sien…..

    Groetnis en vrede…..

  39. Skoenlappr Says:

    Frank(Neil)??? is dit jy???

  40. Johan Swarts Says:

    Moet liggeraakte mense blogs hê?

    Wel, ons Frank het een… ;)

  41. Neil Kroese Says:

    “Frank”? of is dit ook binnekring blog jargon?


Leave a Reply