My regterhand het AIDS!

Julie 28, 2008

My getroue laptop is Donderdag gediagnoseer met fullblown AIDS in die vorm van 50 Trojan Horses wat haar binneste betrek het, en dit oordat ek ‘n epos van Hallmark oopgemaak het, want ek was onder die indruk Skoorlief of een van my skelmpies het vir my ‘n e-poskaart gestuur.

Dit het keer en panic gekos, maar dit lyk ons het antiretrovirals gekry en kon die Trojaanse perde in hulle moer stuur (as jy skielik ‘n rekenaar bom in die vorm van 50 virusse kry, wil ek JOU taal hoor…).

As jy steeds onbeskermde kuber lopies loop, stel ek voor jy loop by twee webwerwe om vir gratis knoffel, beet en afrika aartappel.  Dit kom alles in die vorm van ‘n gratis anti-virus program, wat spyware en dies meer bevat.

Ek het tans beide op my rekenaar, en hulle gil as iets net meer verdag as Mantoe se jongste haarstyl lyk!

www.free.grisoft.com sal jou neem waar jy die free version kan download.  Amper 50 megs.  Dit is AVG se program en jy kan dit stel dat ‘n complete system scan gedoen word wanneer jy middagete het, en nie op die rekenaar werk nie.

www.avast.com/eng/avast_4_home.html sal jou neem na AVAST wat ek pas opgelaai het, en saam met AVG behoort geen rakker verby hulle te kom nie.

Beskerm jou beste vriend vandag nog – dis sleg om hulle so te sien swaarkry onder wurms en kieme in hulle binnestes.

NS:  Norton maak rekenaars geweldig stadig!  As jy daarsonder kan, vervang dit dadelik.  Dis net die Norton agente wat swaarde met my hieroor sal kruis…

19 Responses to “My regterhand het AIDS!”

  1. Paula Says:

    Dankie vir die raad :)

  2. Jaco Says:

    AVG en Avast is beide skitterende gratis programme. Ek gebruik AVG nou al vir 7 jaar en my rekenaar het in die tyd nog nie een virus onder lede gekry nie. Firefox 3 en AVG 8 gel nog net nie lekker met mekaar nie synde dat daar 1 AVG komponent is wat nie compatible is met Firefox nie, maar dit is ‘n kleinigheidjie.
    Kry dit nou, dis die regte ding om te doen.

  3. boendoe Says:

    Sjoe, dit lyk my die Hallmark job is ‘n wesenlike probleem. Het daarvan by Dellie gelees – Kaalvoet en Wipneus het albei daaronder deurgeloop. Dankie vir die raad, ek neem dit ter harte.

  4. Eilandkind Says:

    Hi, ek het alreeds Avast en het nou probeer om AVG te instaleer, maar dit se dat dit nie advisable is om twee anti-virus progamme op te he nie?
    Kan jy my dalk advies gee hier omtrent?

  5. Wipneus! Says:

    My virusse het nie van die Hallmark een gekom!! Maar ek gaan nou sommer hierdie Avat en Avast goedjies ook oplaai!! Hierdie rekenaars van my moet erger as Ford Knox wees! :)

    Baie dankie Skoor.


  6. Sorry om te hoor van die aids wat jy gekry het. Ek stuur vir jou suurlemoene. Moenie op vreemde perde ry nie, Helen dan Troy hulle jou.

  7. Zee Says:

    Skoor dankie, ek is nog gelukkig maar gaan nou hierdie aflaai!

  8. Roer Says:

    Norton kyk nou al 7 jaar mooi na my, maar dankie inelkgeval. Hoop jou hand en beste vriend voel gou weer beter.

  9. Pikkelik Says:

    Net gisteraand gaan ek ook na my ‘gratis-email’ adres, en daar lê hulle, 3 Hallmark kaartjies… Ek het ook die eerste een oopgemaak, gedog Mynick het slim geword en ‘WIIIIIIEEEEEE’ gaat my alarm af! Ek het nog nooit in my lewe iets so vinnig delete nie. Ek het tans Kaspersky Internet Security op – Bietjie pricy maar na die laaste 2 weke se marakas op WP kon ek nie anders nie. Dankie vir die raad. As ek maar net gister al gelees het sou ek ook nie daardie foefies oopgemaak het nie! Damn… :mrgreen:

  10. Skoor Says:

    Eilandkind, dis soos Landrover wat vir jou se as jy hulle produk ry, het jy nie nodig om ‘n Toyota te ry nie (alhoewel ek saamstem!) – dis sales talk. Wat by een gaan verbyglip, gaan die ander een optel. Dit beinvloed gladnie my rekenaar nie, en die job word gedoen. Ek het eerste AVG gelaai, en Avast het gladnie probleme getoon om te help nie.

    Leka Roer. Haal bietjie Norton af en kyk hoeveel meer spoed het daai masjien! ;-)

    Ja, Pikkelik, solank die alarms afgaan, maar imagine die alarms in jou kop as die alarms op die rekenaar met vakansie is!!!

    Rosa, die laaste perd wat die Helena (hoe verlang ek nou) gery het, was toe sy afgegooi is in Rawsonville se hoofstraat. Laerskoolkindjie van ‘n ponie af, op die kop!

    Nie naastenby so snaaks soos toe ‘n pel op hoe”rskool iewers in die Vrystaat by haar ouma gaan kuier het, en die perd haar ook in die hoofstraat afgegooi het nie. Jinne, ons het dalk almal AWB bloed wat perdry abilities betref! Maar haar manier van dit kom oorvertel was eintlik die beste. Erg dramaties.

    Nou ja julle, laai daai anti-virus-kondoompie dat ons kan klets!

    NS: WRosa, thanx vir die suurlemoene, ek sal dit op Skoorkos inspan :D

  11. Skoor Says:

    Eilandkind, oorweeg tog ‘n WordPress blog, dan kan ons mense ook comment op jou blog!

    Almal het al geskuif, moenie dat ‘n eiland jou terughou nie. :-)

  12. Dellie Says:

    Ek stem, AVG beskerm al my rekenaars in die sentrum nou al vir byna 9 jaar. En daai kaartjie virus is al vir baie lank in die omloop, net elke keer in ‘n ander gedaante. Ek het dit al permanent geblok, en darem nog nie dramas gehad nie.

    Update die anti-virus gereeld, en moenie so nuuskierig wees en alles oopmaak as jy nie weet waar dit vandaan kom nie. :wink:

  13. boendoe Says:

    Net om jou te laat weet jy kan jou spamboksie nou ignore – ek is weer terug met volle regte en voorregte! En kyk. Jy kan nou op my naampie kliek! Slim, ne! :lol:


  14. Ek maak nie kaartjies oop nie, want dit is nie my verjaardag nie. En op my verjaardag maak ek net my ma se kaartjie oop.

    Is waar Dellie, vir wat is mense so nuuskierig, loer eerder vir die bure.

  15. skoor Says:

    Ja Dellie en Rosa, julle gatte om te se ek is nuuskierig.

    En my bure, bless their souls, perform net in die somer – tans hiberneer hulle, en bou spoed op vir die bakleisessies as die aande soel oor die buurt hang!


  16. Skoor: LOL shame man, is OK om nuuskierig te wees, is darem beter as steel.

    ps. ons het ons bure weggebid en hulle vir ons. hulle het uiteindelik getrek.

  17. Nikita Says:

    Dankie Skoor en jammer om van jou virusse te hoor! Ons het ook Norton op ons rekenaars hier en ek stem saam, my rekenaar is stadiger vandat hy op is, maar ek verkies hom. En oor die WP blog…ek sal nie vir Eilandkind wil aanraai om oor te gaan WP toe nie, ek het ‘n hele klompie maande met Blogger geblog en is deur-en-deur spyt ek het my laat ompraat om WP toe te gaan. Met die dat ek skaak ook blog en toernooie wat aan die gang is en ek ‘n possie “update” (ek wil nie hordes nuwes begin oor dieselfde topic nie, daarom update ek liewer)… moes ek al heelwat poste totaal oordoen( soos in heeltemal oordoen)…as gevolg van allerhande goet van WP..ek kan nie my vinger daarop le nie, maar van my inskrywings het al totaal opgemeng geraak nadat ek net “bygesit” het…dan was foto’s was bo was, in die middel of onder en ander dele was op ander dele van die blad…’n NAGmerrie…ek het gister weer so een OOR gedoen…dit vat soms 3-4 ure om dit oor te doen, want ek met in die HTML ingaan en allerhande “code” uithaal sodat die ding 100% is…ek het dit eergister met twee gedoen! nee dankie! vir WordPress…ek is nou daar, so ek vat die pyne…maar dis nie lekker pyne nie… jy weet nie van al die “pyne” as jy nie “update” soos ek nie..en van die inskrywings het baie inligting..ek het al op die forum gaan “advies” vra (moan)…maar hulle kon nie vir my ‘n antwoord gee nie. ek sal enige persoon aanraai om eerder by Blogger te bly.
    Ek het selfs oorweeg om te gaan kyk of ek my WP een terug kan neem Blogger toe… maar dit sal te veel “hussles” wees.
    lekker dag!

  18. Skoor Says:

    Aag Nikita, dit het my nou net mooi 3 dae geneem om moed bymekaar te skraap en te se EK IS SORRIE, want ek weet ek was een van daai wat destyds so op jou stoep kom staan het en klippies gegooi het teen jou ruit.

    En dan het ek geskree: WORDPRESS IS DIE BESTE, KOM OOR!

    Nou moet ek se, ek is ook nogal soms fed-up met hulle twak, maar waarheen is die alternatief?? Hier kan almal ten minste redelik kopseer-vry comments los en saamgesels.

  19. Nikita Says:

    hi Skoor, ek het gister iets “wonderliks” ontdek, ek moes juis WEER so ‘n possie oordoen…nadat ek nuwe inligting gekry het (Ingrid Jonker). Ek gaan copy toe die teks (nie in “write-mode” nie) oor na Notepad. Toe delete ek ALLES in “write-mode” (alle html-teks+code) die hele kaboel. Onmiddellik was daardie probleem (waarop ek nie my hand kan le nie) opgelos…ek copy/paste toe alles terug (in die “write-mode” – jammer die Engels hier) en daar is daardie URE se probleem onmiddellik opgelos. Maar ek moet se, daar was nie links in die pos nie, en die foto-inligting het ek net so gelos en alles was 100%…wens ek het dit LANKAL uitgevind! jy hoef nie sorry te se nie! ek kon gekies het of ek wou oorgaan… ;)
    Dankie tog vir Wordpad!
    Ons het so halfuur terug hier gekom, vang nou eers op met alles, was na Jane Austen se huis! PRAGTIGE foto’s geneem…sien uit om dit te blog.
    Lekker aand/naweek!


Leave a Reply