Boererate teen hoes
Mei 12, 2008
Die tyd van die jaar begin die mense woes kompeteer met die honde van die buurt – dit hoes en proes en blaf, soveel so dat almal begin senuweeagtig raak.
Ek loop noudie dag die raad raak teen hoes, en ek glo die oumense kon die pot nie te ver misgesit het hiermee nie. So, i.p.v. apteek toe loop en in ‘n lang ry staan, kry die goedjies bymekaar en meng jou eie middel!
1 Bottel heuning
2 Botteltjies Lennon’s Borsdruppels
1 Botteltjie Lennon Pepermentdruppels
Suurlemoensap na smaak
Meng die bostaande in ‘n fles saam, en gebruik wanneer die lus vir blaf jou oorval! Deel sommer in die buurt uit – gelukkig kom daar nie brandewyn in nie, anders is dit ‘n klomp tipsy blaffers!
Mei 12, 2008 at 10:51 vm
Dit werk ook baie goed as mens bietjie Rou lynolie bysit maar dan is dit so sleg mens wil dit om die dood nie sluk nie.
Nog ‘n goeie boereraat is om Vicks lekker dik onder jou voete te smeer en kouse aan te trek. Om een of ander onverklaarbare rede hou die hoes binne 5 minute op. Dit werk baie goed met my bambino’s as hulle so hoes in die nag. Mens wil hulle nie regtig wakker maak vir meds nie, dan smeer jy sommer so skelm-skelm die voete!
Mei 12, 2008 at 12:55 nm
Ek kan vouch vir daardie raat Pikkelik!! Werk soos ‘n bom vir my!
(Ag ok ek weet julle ken almal die een, maar dit bly friggin’ hilarious!)
(As die hoes regtig erg is sit ek ‘n blob Puma agteron my keel – probeer tog net die kleintongetjie vermy!! hy smeer behoorlik die keel en ‘val’ nie soos hoesmedisyne regtig maag toe nie – maar nie Vicks in dié geval nie – dit moet Puma wees!) – ek moet ook bysê dat ek dit nou darem nog nooit vir my kinders of liefie gegee het nie – liefie lag hom ‘n papie en die kinders gee ek nie sommer iets in wat nie darem ‘n mediese go-ahead gekry het nie.
Ander excellent stukkie advies is natuurlik die ou-ou raat van ‘n lekker sterk lakseermiddel… jy sal te bang wees om te hoes
Mei 12, 2008 at 1:32 nm
Ek onthou hierdie doepa!!!!! Gaan dit weer maak vir my blaffers tuis. Die Vicks onder die voete kan ek ook beaam.
Mei 12, 2008 at 2:25 nm
Ek kan nou nie vouch vir die Vicks onder die voete nie – miskien is dit die kamfer aroma wat die longe ooptrek wyl jy oorbuk om jou voete in te smeer?
Antoinette Pienaar het gese deesdae se Vicks is nie soos destyds se Vicks nie, daarom kan sy nou nie se ‘eet ‘n stuk’ nie. Want netnou sterf die volk uit. Maar ek weet van mense wat glo Vicks verdryf enigiets. Selfs die duiwel.
Ek het ‘n mengsel wat my huismense vreeslik geniet. Sodra die eerste snuffel of kopseer van die winter intree, dan neem ek brandewyn, gooi so 2 vingers hoog in ‘n glas, bring tot kookpunt in die mikro, gooi ‘n teelepel heuning, en ‘n skeut suurlemoensap by, en jy’s ‘n nightcap soos min. Met ‘n Disprin vir garnish. Jy voel more sommer stukke beter.
Mei 12, 2008 at 3:33 nm
Koop net vir jou doodgewone ou goeie Borstol – deesdae maak hulle hom nogal in geure ook. Dis so sleg soos die hel, maar dit werk soos ‘n bom en is nie eers duur nie, so R20 ‘n bottel. Ek kan nou weer ‘vouch’ vir dit
Mei 12, 2008 at 4:01 nm
Ja dit het ek nou daarvan…
Drink myself elke oggend, vir die laaste paar weke, dik aan oor-die-toonbank verkoue/griep medisyne.
Volg snags allerhande (onfeilbare) boererate van ander bloggers.
Voel beter, raak siek, voel beter, raak sieker, voel beter, alweer net nog slegter as vorige keer.
En so probeer ek deurdruk.
Vanoggend uiteindelik doktor toe…
Longontsteking! Dammit!
Augustus 23, 2009 at 11:40 nm
Hi ek wil net graag by jou hoor, ek weier al vir 3weke om dr toe te gaan maar nou begin ek wonder.. Ek hoes iets verskrikliks en niks help ni. Baie slym ook. Maar wat my nou pla is my longe, dis nie seer terwyl ek hoes nie maar as ek klaar is. Jy weet mens hoes so 2 3 keer, skep asem en hoes dan maar weer. Die pyn is dan so erg dat my hele lyf van die bed lig. Ek het al gehuil van pyn en glo my, my man het hom dood geskrik want ek huil nie. Ek is net bang om dr toe te gaan en hul stuur my hospitaal toe, ek het 2klein kids om na te kyk met geen familie naby en werk te skaars dat my man kan afvat. Jy het nie dalk raad nie aangesien jy al longontsteking gehad het-as dit is wat ek het. Btw het n aanhoudende krap in die keel wat met tye so erg toekramp dat ek nie my eie spoeg kan sluk. Kan niks in my lyf hou, en ek dink my bleddy ribbes is af! Skies ek mors jou tyd! Lekker week. Lindie
Augustus 24, 2009 at 8:40 vm
Lindie
Jy beter so gou moonlik by ‘n dokter kom – eerder nou siek, en op pad na herstel, as om kids te he sonder ‘n ma!
Jy raak duidelik nie beter nie, en die skade wat jy onbewustelik aan jou gestel aanrig, is regtig nie dit werd nie.
Die ding met Boererate is dat di nie Boerefeite is nie. Dis ‘n raad wat MISKIEN mag help. Maar ons het vandag die voorreg om dokters naby ons te he, en ons is dit aan onsself verskuldig om hulle kundigheid te vereis om onsself gesond te maak.
Sterkte. Ek vertrou dat jy sommer gou weer beter sal wees, en sal kom se dat jy gesond is!
Mei 12, 2008 at 4:29 nm
Ja nee, Spoooook, as jou longe seer is, of jy ongemak ervaar, en dit nie net ‘n kriewel in die keel en ‘n lastige kuggie is nie, dink ek die GP is maar die beste opsie.
Heita, en dan is daar nog die weerstandige TB ook in die omtes. Daai is ‘n storie wat ‘n pepermentdruppel nie sommer sal stuit nie.
Ou Son, laat ek raai, jou gunsteling Borstol geur is Tjoklit en Biscuits! Of daais met die gekookte rosyne in. Hie hie hie. (dis maar die nerves wat my so treiter…nou dink ek enigiets uit om die realiteit se byt ligter te maak..wat die oog nie sien nie, seg jy?)
Mei 12, 2008 at 7:09 nm
Ek’t geweet daar kort nog iets met die resepie maar kon om die dood nie onthou nie, het gou my ouma gebel (BTW sy’s horingoud maar nog vol oempf) sy sê dis Lennon se Turlington. Nee wat, laat dit maar uit, g’n mens sal dit in jou lyf kry nie….
Mei 12, 2008 at 9:30 nm
hehehe….
Liewers ‘n tipsywoef as een wat weghardloop van ‘n lepeltjie kaster olie
Mei 13, 2008 at 7:38 vm
dit werk soos u bom,my skoonma het mt vertel daar van.
Mei 13, 2008 at 11:15 vm
Ek wonder of Dellie al bietjie hierso gelees het. Ek lees daarso by haar sy het die “hoes lied” al vervolmaak!
Mei 13, 2008 at 12:37 nm
Ek weet nie wat is erger nie, die hoes (blaf) of die rade (byt) nie.
Ek gaan dadelik Vitamiene C soek.
Maart 18, 2009 at 3:05 nm
Die simpelste raad wat regtig werk soos ‘n bom vir knaende hoes: 2 Botteltjies Lenon’s Borsdruppels, 2 Bottletjies Paragoriese Elikser (ook van Lennon) en 2 koppies suiker. Gooi alles bymekaar, sit op warm stoofplaat totdat die suiker gesmelt het en dit ‘n vloeitstof is. Laat afkoel en drink 2 – 3 medisynemate wanneer die hoesaanvalle jou teister.
Hoop al weet ek dit is verniet, dat ons ‘n verkoue en grieplose winter kan belewe.
Maart 18, 2009 at 3:50 nm
Ellen, kom lees op http://www.skoor.wordpress.com wat ek aanbeveel vir ‘n verkoue-lose winter!