Vir jare loop ek met ‘n klippie in my broeksak, baadjiesak, handsak.  Een wat ek opgetel het jare terug, toe Klara Viljee met haar damskrop en donkie, rooi-wang gesleep het aan die duin waaragter sy haarself gaan begrawe het.

Dra ek aan die klippie wat deur die jare ‘n blinkhelder glans gekry het. 

Wou-wou ek dit al uithaal en oplig, maar het ek, verstaanbaar vandag, net nooit sover gekom nie.

annamfeastt2-297x250.jpg

Of daar nog enigsins toekennings aan akteurs en aktrises, anders as die odd kunstefees toekennings gegee word, weet ek ook nie meer nie.  Seker vir die SABC twak-akteurs wat nie eens behoorlike opleiding het nie, who knows.  Wat het Karen Zoid gesing van ons wat dink die continuity presenters is celebs?

5 Weke terug het hierdie klippie deur my broeksak geval, en in my skoen beland.  Maar ek het hom nie uitgehaal nie.  Ek het hom saamgedra.  Sodat ek kon se die klip skaaf my, as iemand sou sien hoe ek sit en hul voor die TV by die MNET reeks, Feast of the Uninvited.

Die Here in die hemel is omtrent al wat weet van die pyn en die seer wat hom in hierdie land van ons afgespeel het.  Meer as 100 jaar terug.

En hier kom Martie van Wyk, en met haar briljante vertolking, gee sy weer soos wat ek al gedink het, dinge moes wees.  En ons sit en huil saam met haar, aand vir aand.  Dit raak amper te erg.  My asem raak so min op party van die tonele, dat ek agterna wonder hoe de hel hierdie vrou die ability het om so spot-on te doen wat sy doen.

Anna-Mart, ek buk af en haal die blink klippie vandag uit my skoen.  Ek lig hom hoog teen die Kaapse son, sodat die strale hom vang en in ‘n kleurontploffing, jou naam helder verlig.

Jy is groot.  Nee, jy is eintlik bleddie klein, ek het al langs jou gestaan.  Maar jou teenwoordigheid is reusagtig.  Jou toneelspel laat my stotter, want ek verloor my woorde as dit kom om jou te beskryf.

Mag jy geseend bly in dit wat jy met soveel oorgawe en eerlikheid doen, en jou naam in mense se geheues ingeprent word as een van die grotes onder die hordes.  Indien nie DIE GROOTSTE nie.

Ek salueer jou.  Ek wou dit al vir jare doen. 

Vandag is die tyd ryp. 

Kliek op die link (ek kan nie daai stuff doen van ‘kliek hier’, en jy word na die artikel geneem nie), daarom sit ek die hele adres hier neer.  Dit is ‘n artikel wat gister in Die Burger verskyn het oor AM in Feast of the Uninvited.  http://www.dieburger.com/Stories/Entertainment/17.0.180452224.aspx

annamart.jpg

16 Responses to “Vir Anna-Mart van der Merwe”


  1. Skoor, jou klip-verhaal is aangrypend. Dit sê soveel.
    Ek kan nie meer bylas as wat jy reeds gesê het nie, want jy se dit so intens.
    Anna-Mart het elke week my wese aangeraak. Ek is so spyt want ek dink Feast maak vanaand klaar.

  2. Skoor Says:

    Ja, so baie wat nog gese kon wees. Dis jammer dit eindig so gou. Kort en kragtig, ne.

    Ek het die reeks op video opgeneem. Indien dit nie op DVD beskikbaar gaan wees nie, sal ek dit laat oorsit op DVD – dit is nogal ‘n kosbare reeks om te he.

    Ek het noudie aand gedink aan ‘Ouma en die Kakie’ toe ek so sit en snot en trane. Daar is darem ‘n magdom kosbare storie begrawe met mense.

    Weet jy wat my die meeste geruk het van die hele reeks. Daai van die ma wat die dooie baba vir die familiefoto op haar skoot gehad het. Want daar was heel moontlik so ‘n insident. Bleddiehel, he!

    Ons het 3 jaar gelede die ABO roete gedoen uit die Noord-Kaap en tot in Bloem. Ek is so spyt ek het toe nognie geblog nie. Ook spyt ek het nie dagboek gehou nie. Maar ons beplan weer so ‘n trippie, en hierdie keer gaan ek voorbereid.

    Vanaand op RSG, net mooi in die gleuf van Feast, is daar ‘n hoorbeeld van die Irene konsentrasiekamp. Ek is in 2 geskeur, want ek kan nie albei doen nie, en Sondag, wanneer Feast heruitgesaai word, is ek aan die kreef duik. Ek tape die reeks sonder advertensies, anders was record net vinnig.


  3. Ja jy is reg, oor die ma met die baba. Dit was erg aangrypend.
    My agterouma (Kleinma in my storie) het my vertel sy kon onthou in die kamp was die grond so hard in die winter hulle het sukkel om diep grafte gegrawe en dit het lank geneem.

    Daar is soms lank gewag om mense te begrawe en die vroue het vasgeklou aan hulle dooie kinders. Hulle wou hulle nie laat gaan nie. Hulle was ook so ontsteld oor daar nie kiste was nie.

    Die navorsing van Feast is regtig so briljant gedoen.

  4. mykopop Says:

    Anna-Mart is ‘n diamant.

  5. Roer Says:

    Stem 100%. Mal oor die vrou.

  6. boendoe Says:

    Jou huldeblyk gee my koue rillings. Net jammer ek kan nie saampraat nie, Feast wys nie hier by ons nie. Dem!

  7. Skoor Says:

    Moenie worry nie, as MNET nie genoeg sense het om dit op DVD beskikbaar te stel nie, of hang dit van die filmmakers af? is daar altyd die moontlikheid dat ek dit van video na DVD sal oorsit. Dan moet jy maar kom kuier.

  8. boendoe Says:

    Aanbod aanvaar, dankie!

    Feast saam met ‘n (hele) paar rooilywe…. :roll:

  9. ^stoutsus^ Says:

    Sy is my Davel dwelm. Sedert Sonkring jare gelede. Ek hoop sy lees jou post.

  10. Jasper Says:

    Boendoe
    as jy ADSL het waar jy is kan jy feast kyk op kuduclub

    Ai die donkerkop darm….

  11. sonkind Says:

    Ek sien die storie van Klara Viljee wys ook weer op TV, is nou net onseker oor die waar en wanneer. Daar is net een vrou wat ‘n duin SO sal skuif :-)

    Feast het my elke keer snot en trane laat huil, maar dit het te stomp geeindig. Ek het nog te veel vrae. Nou sal ek maar moet gaan oplees oor daardie tyd.

    Kan jy enige boeke aanbeveel, Skoor?

  12. skoor Says:

    Sodra ek my oe opslaan na my Africana boeke in die boonste rak van die veelbesproke boekrak, sal ek jou ‘n lys kan deurgee, Son.

    Daar is ene in ‘n boekwinkel waarop ek my oge nou vir ‘n week of wat het. Een wat ek nog nooit gesien het nie, wat ek tien teen een vandag sal gaan kry. Thomas Pakenham se Boere Oorlog is in Afrikaans beskikbaar (nie baie volop) en is baie omvattend.

    Anders laai ek jou maar in as ons weer die ABO roete doen, maar ek moet jou waarsku, jy sal nooit weer dieselfde wees nie!

    Verskroeide Aarde, die boek, is nog ‘n briljante bron. Kyk op Kraal uitgewers se webwerf, daar is ook versamelstukke, bleddie duur, maar fantastiese boeke. Ek moet nog die de la Rey een aanskaf, dan is my reeks voltooi.

    At van Wyk se ‘Kniel Krygsman’ is ‘n stok ou boek, ‘n roman, wat jou sommer lekker moerig sal laat, maar dit is nie meer verkrygbaar nie – miskien in een van daai twee bokse van jou.

    Oom HS van Blerk het ook pen ingele en heerlike romans geskryf met ABO as tema, die titels is vanoggend nie deel van my brein nie. Ek dink Tuin van Herinnering is een, maar mag twak praat.

  13. Nikita Says:

    Ek sal maar kuduclub moet uitprobeer..soos Jasper se…dankie vir die inskrywing…ek hou van haar en haar spel!

  14. 95jean1801 Says:

    Anna-Mart gaan ook een van die dae n rol in Binnelanders vertolk…. Kannie wag nie!!!!

  15. Skoor Says:

    Ai, ek kyk nie Binnelanders nie, maar ek sal darem seker so ‘n ‘glimps’ kry as ek vir Egoli wag om te begin! :lol:


Leave a Reply