Ek’s reg vir ‘n affair…
Maart 4, 2008
Mits dit met ‘n chiro is.
Ek sien nie kans vir hierdie R170 vir 7 minute se ruk en pluk nie. En ek is badly in need vir ‘n ruk en pluk sessie – my nek is weer heel uit. Ek dink Sondag se rowwe see het iets hiermee te doen. Die ou beserings het mos maar ‘n manier om weer terug te kom en jou skene te kom byt.
Ek dog ek gooi maar die lyntjie uit…
Maart 4, 2008 at 4:30 nm
Ek het gereeld vir ruk en pluk by die chiro gegaan, toe hoor ek van Bodytalk (tapping) en my nek het nog nie weer ‘n dag se moeilikheid gegee nie. Kyk bietjie hier (as alternative healing jou tipe ding is)
http://www.bodytalksystems.com/bodytalk/overview/index.cfm
Maart 4, 2008 at 4:38 nm
Dr. Van Breda in Somerset Wes het nogal ‘n slag met die soort van ding. Sonder om elke been in jou lyf te breek. Ek voel ook hoeka dis weer tyd om hoofkantoor te gaan besoek.
Maart 4, 2008 at 4:38 nm
Dankie! Ek sien daar is sowaar een in my dorp! Ek sal kontak maak en meer uitvind.
Mens voel net so goeeeeed na so ‘n ruk en pluk sessie. Wil jy vir my vertel Bodytalk is beter?
Maart 4, 2008 at 4:41 nm
Jaco, sy is ongelooflik goed en het magic hande. Ek was vir lank by haar. Enigste probleem is om van Stellenbosch na SSWes te ry, in die hedendaagse verkeer, is geen grap, so dit is sommer amper 2 ure weg van jou werk.
Dis hoekom ek plaaslik begin gaan het by ‘n vreeslike nice man, maar soos ek meld, die geld is darem bitter baie vir die see om my elke week weer uit lit te ruk.
Maart 4, 2008 at 4:45 nm
Die ding met Bodytalk is dat dit die onderliggende goed regmaak. My nek was elke maand in sy moer, so dat ek nie my kop kan draai nie.Dr Ray het vir my lekker geruk en gepluk (eintlik het hy ‘n lekker sagte manier gehad), maar ek was gatvol om oor en oor terug te gaan en so baie te betaal! Na so 2 Bodytalk sessies was my nek reg. Seker nou al ‘n jaar al. En ek doen niks anders verskillend as wat ek dit toe gedoen het nie. It’s worth a try!
Maart 4, 2008 at 4:49 nm
Ja, ek raak ook gatvol vir die geld, teenoor die minute wat ‘n ou daar spandeer. Ek het wragtag die verkeerde beroepsveld gekies, want die ou is elke dag propvol.
Hy is gorgeous, miskien is daar ‘n klomp warm girls wat nie omgee om die geld te betaal sodat hy hulle kan aanraak nie, maar ek mind nogal. Oor die geld, that is!
Ek het nou ‘n mail gestuur na die man/vrou hier op die dorp wat dit doen, hopelik reageer hy/sy, en skryf ek binnekort my nekpyn op my maag!
Koekies toe op??
Maart 4, 2008 at 5:03 nm
Nee, ek het myself toe mooi gerantsoeneer, maar die tweede laag is nog daar…
Maart 4, 2008 at 5:29 nm
u need some bump and grind on da kombuis tafel!
Maart 4, 2008 at 5:47 nm
Nee Anne, my kombuis is te klein vir ‘n tafel. Ek sal maar wag dat jou Vaderkrismis vir my ‘n groter huis bring. of maybe met die volgende election val daar huise uit die lug!
Maart 4, 2008 at 5:49 nm
Vang jy lekker vir my Skoor-kreef.
Ek sit net so lekker terug…jy weet. Om te lees. Eers wil-wil ek die woordeboek oopmaak om te sien wat ‘n chiro is (want dalk is ek een) en toe kliek dit in die koppie.
Maart 4, 2008 at 7:19 nm
Hie hie! Sien, mens is nooit te oud om te leer nie, Wille Rosa! Log gereeld in en jy leer dalk nog dinge.
Sit nou met my whiskey en wonder oor die spierverslapper wat skree uit die botteltjie op die rak. Ek draai my lyf om as ek my nek wil draai!
Maart 4, 2008 at 8:14 nm
Simpatie, mens. Ek weet net iemand hier gaan ‘n chiro nodig he as Ek met hom klaar is. Ek en liefie en baby klim ewe in die kar vir ‘n night on the town, en hier kom roep hulle hom uit vir werk. Daar is nie ‘n slegter feeling as om opgetof te wees en weer droebek terug huis toe te moet stap nie. Iemand moet boet!
Maart 4, 2008 at 9:40 nm
Agge nee Skoor man, dog ek gaan nou ‘n lekker soetsappige storie hier lees.
Hoop jou whiskey verslap darm daardie ou seer spiere!
Maart 4, 2008 at 9:44 nm
Le op jou maag, dat Skoorlief sommer bietjie op en af op jou rug loop en net so met die voetsole liggies oor die nek streel. Dit verrig wondere!
Okay, okay!
As daai Bodytalk ding werk, ek wil ook gaan. So elke dan en wan ruk ek my nek uit lit van heeldag agter die rekenaar sit.
Maart 5, 2008 at 12:34 vm
Huh???
Maart 5, 2008 at 7:36 vm
Jinne maar ek het amper bly geraak toe ek hierdie post se opskrif sien.
Maart 5, 2008 at 8:18 vm
Ek het nog niks gehoor van die persoon wat ek gemail het hier in my dorp nie, so ek sit maar nog stokstyf en doodstil, met die naweek wat nader kruip, en die see wat roep…
Son, daai Chinese ruglopers, het ‘n balk waaraan hulle vashou. Ons het ‘n dakfan. Ek wil nou nie uitbrei op die snaaksigheid hiervan nie, maar ek weet nie so mooi nie. Sal jou se as iets gebeur met die BT, miskien gaan ons sommer saam, dan koop ek vir jou koffie in MY dorp, en kan jy sien hier’s nice mense en plekke!
Ja Da Mario, daar spring ek jou toe nou voor met ‘n uitlokkende header, ne!
Boendoe, mag ek whiplash voorstel? It comes back to haunt keer op keer… Jy al jou plant gekry?
Maart 5, 2008 at 9:11 vm
Jy het my ook uitgevang!
Ek dog so by myselwers, hoe kan jy reg wees vir ‘n affair, ek het dan afgelei dat jy en Skoorlief baie happy is… ai, moeilik om so ‘n one-track mind te hê!
Hoop jou nek voel darem al beter!
Maart 5, 2008 at 9:42 vm
Lekker Dellie! Ons is nog dood gelukkig. As DOOD gelukkig iets positiefs kan beteken…ai, waar kom ons aan al die dinge wat ons Taal volmaak?
Maart 5, 2008 at 12:02 nm
21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011
(Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
(Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
Maart 5, 2008 at 12:28 nm
Johannes Coetzee – dankie vir jou neertik van die Bybelverse op my blog, onder die onderwerp wat net jy sal weet die betrekking is.
Ek het egter al geleer dat om jou aan mense en hulle voorspellings en datums te steur, ‘n groot deel van jou lewe opgeeis kan word deur bekommernisse en vrees.
Solank jou hart reg is met Jesus, het jy nie nodig om datums neer te skryf, of te vrees nie – jou plekkie sal geboek wees as Regterhand van God.
Vriendelike groete
Maart 5, 2008 at 3:12 nm
Hiehie…lag ek vir jou comment vir Johannes!
Nee, Skoor, die lugplant is nog in transit, maar ou moeder gaan kyk elke dag of hy nie al gearriveer het nie. Gelukkig is dit ‘n ‘lugplant’, ne!
Maart 5, 2008 at 3:40 nm
Liewevader Boendoe, ek het vir jou en Woestynsand op dieselfde dag iets gepos – hare het sy 2 dae later se oggend gekry, en die ou agter die counter het belowe joue sou op die Vrydag land.
As ek my sonde nie ontsien nie, se ek sommer dit hang iewers in ‘n ou se agtertuin, WAAR DIT NIE VERONDERSTEL IS OM TE HANG NIE!
Maart 5, 2008 at 10:19 nm
Toemaar, toemaar! Ou moeder het vanmiddag gesms: die lugplant het ge-arriveer. In een stuk. Lewe nog steeds…van lug. Thanks again!
En begin werk aan daai fokkol reseppie! Ek hou jou by jou woord!