demp die bruchetta
Januarie 18, 2008
Net vir die wat nou begin paniek en hiperventileer oor die knoffel op die bruchetta:
Regte egte vars knoffel stink nie ‘n twintigste so erg soos knoffel op die winkelrak wat le en gis in olie nie.
Vra vir Skoor, ons het een aand ‘n knoffel eet kompetisie in Panarotti’s gehad, jare terug, en ek het byna in intensief gaan draai…
As jy egter ‘n gerusstelling soek, kou ‘n bos vars pietersielie voor jy gaan slaap, en as jy opstaan. Met bos bedoel ek ‘n takkie met drie of vyf vertakkings, en sluk dit in.
Dit werk. Regtig!
Januarie 19, 2008 at 12:49 vm
Skoor,
Dalk is my sin vir humor heeltemal twisted, maar ek het nou gele soos ek lag vir jou resepinskrywings! Dit lyk my jy ken van kosmaak, en ek sweer, ek sal seker nie een van jou resepte uittoets nie (ek pes kosmaak), maar ek kan jou sommer sien kosmaak vir BBC Food met ‘n hele kamera crew voor jou.
Die storie van die kat wat teen jou rug opklim en DEMAND, is vreksnaaks!
Hoop jy plaas nog resepte!
Januarie 19, 2008 at 7:01 vm
Die resepte is ‘n goeie idee, hou aan om ons so te verras. Die ‘tip’ oor die vars pietersielie is ook iets om te onthou.
Januarie 19, 2008 at 6:39 nm
Lekker! Ek gaan hulle almal probeer! Ek hou van kook, maar kry net regtig naweke kans daarvoor. Ek en Liefie love albei knoffel, maar omdat ek met mense werk, waag ek dit net op Vrydag aande om dit te eet. Sal maar daai pietersielie trick van jou nadersleep as my lus nie kan wag in die week nie…
En Boendoe, ek stem! Daai kat op die skouer…
Januarie 21, 2008 at 12:14 nm
Van nou af as ek vleis werk gaan ek die kamera reg hou. As Blanka weer haar klim klouter, dan moet Skoorlief dit kom snep.
BBCFood Boendoe? Nou gee jy my idees. Ek wil netnie so vol sights en boring wees soos selfbewuste Justine Drake nie – ek kon nie na haar program ‘Just Africa’ op Food kyk nie, ek het skoon nervous geraak as haar bo-lip se een hoek eers so na buite krul.
Dellie, vars knoffel gaan jou nie skade berokken nie, vat my woord. Solank jy pietersielie kou en insluk daarna, is niks onmoontlik nie! O, Del, kyk tog dat alle groen stukkies tussen jou tande uit is, jy seg mos jy werk met mense…
Januarie 22, 2008 at 4:48 nm
Oe! Knoffel! Gelukkig het ek met ‘n man getrou wat net so baie van knoffel hou soos ek. Kyk, enige ding. Van skaapboud tot pizza. Hy moet ordentlik geknoffel wees en ja, die pietersielie help. (Dis amper so lekker soos koffie…die knoffel meen ek nou).
Januarie 23, 2008 at 10:06 vm
Ek het altyd gese paaseiers (daai bokse met die tjoklit buite, en die wit en geel mallows binne in) is lekker der as seks…. Maar dit was voor ek sushi ontdek het!
Nee wat, jy is ‘n goeie mens Roer, jy laat jou nie afsit deur ‘n geur nie. Ek ook nie, want hoe anders moet ek anit-oksidante inkry?