Wie het Inge Lotz dan vermoor?
November 29, 2007
Fred vd Vyver is pas vrygespreek.
Wie het dan vir Inge Lotz vermoor? Het die onbevoegdheid van die ondersoek beamptes haar moordenaar laat vry kom, of het hulle onbevoegdheid haar moordenaar laat wegkom?
Ek is jammer vir haar ouers – dit sou haar nie teruggebring het nie, maar ‘n skuldige agter tralies sou darem iets wees om die hel mee af te sluit.
Fred se lewe is vir die res van sy lewe in sy kanon. Of hy skuldig is of nie, min sal aan hom wil raak na dese.
Sjoe!
November 29, 2007 at 12:55 nm
Ek wil myself bek*k!!
Haar arme ouers – hulle sukkel reeds so om met hulle lewens aan te gaan.
November 29, 2007 at 5:11 nm
Dit was nie Fred nie. Dit weet ek. Moenie my vra hoe ek dit weet nie. Ek weet dit net. Fred is onskuldig. Punt.
November 30, 2007 at 6:51 vm
Net wat ek ook gewonder het toe ek dit gisteraand op die nuus sien. As hy dan werklik onskuldig is beteken dit dat die Staat twee jaar gemors het om die verkeerde ou skuldig te laat bevind en dat die skuldige meer as genoeg tyd gehad het om al sy spore dood te vee.
November 30, 2007 at 8:50 vm
hierdie saak is nie toegemaak nie … hou maar dop … iewers gaan iemand nog praat … of Fred gaan ‘n foutjie begaan.
November 30, 2007 at 9:29 vm
Maak mens wonder…..
November 30, 2007 at 12:48 nm
Fred is vry omdat hy onskuldig is (lees die Regter se uitspraak). Die ware skuldige is vry omdat die Polisie droog gemaak het. Ek wil net so graag die vark wat Inge vermoor het agter tralies sien, maar om ‘n onskuldige man tronk toe te stuur ‘for the sake of closing a file’, is oneties om die minste te se^.
December 1, 2007 at 9:44 nm
ek het gerugte gehoor oor ‘n jaloerse vriend, maar dis net wat dit is – gerugte. onwetenskaplik en heel moontlik verkeerd…
December 3, 2007 at 6:34 vm
Jy’s reg Johan. Daar was die gay insinuasies, die satanistiese vloek wat uitgespreek was oor haar, en al daai nonsens.
Ek kan nie lekker onthou nie, maar was inspekteur Piet Byleveldt nie ook betrokke op een stadium, en toe gevra om te onttrek nie? Ek dink dit was dom. Daardie man het ‘n 100% sukses syfer, al neem dit jare.
Feit bly staan, iewers is ‘n moordenaar, en dis verkeerd! Maar soos Skoorlief se: liewers ‘n skuldige laat buite loop, as om ‘n onskuldige te laat opsluit in die land!
December 8, 2007 at 6:04 vm
Net vir die interessantheid http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2234588,00.html
Oktober 3, 2009 at 10:19 nm
En ek dink Fred het dit gedoen.
Oktober 5, 2009 at 8:25 vm
Jannie, feit bly dat die SAP nie in hul geledere die vermoe het om hierdie raaisel op te los nie.
Daar is tog nie so iets soos die perfekte moord nie?
Dis nogal hartverskeurend dat ‘n mens dood is, en die moordenaar vry loop.
Dis ongelukkig ‘n high profile saak gewees, maar daar is duisende soortgelyke gevalle wat deur nalatigheid en onbevoegdheid, nooit opgelos sal word nie.