Is Facebook gebruikers dom?
Oktober 31, 2007
Die rooikat is tussen die lammers!
Ek het vroeger gal gebraak oor die Facebook storie wat ek nie verstaan nie. Waarom dink mense dis so cool?
Nou wil ek die stelling maak: Facebook junkies is nie kreatief nie, hulle is luigatte, hulle sukkel om hulself uit te druk, en hulle sukkel met gesprek- en debatvoering.
Gooi die baba met die badwater uit en bewys my verkeerd.
Oktober 31, 2007 at 1:51 nm
Ek het so twee maande gelede ‘n interessante artikel raakgeloop en na aanleiding daarvan ‘n inskrywing gedoen met ‘n ellelange titel: …keer-om-te-kommuni-keer-om-te-kommuni-keer…
Ek gee liewer die skakel na die artikel: http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_2164773,00.htm
Ek het toe al gesê ek weet nie veel van FaceBook nie en dink ook nie ek sal ooit nie. Om iets kreatiefs te probeer skryf is wat blogging vir my lekker maak.
Oktober 31, 2007 at 8:04 nm
Ek stem saam met jou! Ek het ‘n “my space” bladsy begin…neem kennis…net begin…dit was slegs geregistreer en toe besluit ek dat ek nie van die storie hou nie…dit was so 2 jaar gelede! Ek het steeds niks daarop nie en beplan ook nie iets nie…o ja, ek het ‘n Ava! ‘n Soenie-bokkie…maar hy wys nie op jou en My kop…se sites nie! as ek oortrek na WP (na Chris my gehelp het)…sal hy seker dan wys…:)
November 1, 2007 at 12:42 vm
ek dink nie facebook gebruikers is dom nie, maar facebook het verseker die potensiaal om gebruikers te “verdom”.
November 1, 2007 at 8:19 vm
Johan stel dit vir my die beste. Soos enige ding in die lewe, het Facebook voordele en nadele.
November 1, 2007 at 8:33 vm
Ek stem daar is seker voordele en nadele – dis net vir my so cool,dat ek weer al my pelle raakgeloop wat saam met my op skool was – voor facebook het ek nie geweet waar hulle in die wereld is nie.
November 1, 2007 at 12:17 nm
Was nog nooit eers op Facebook nie, het nie ‘n clue wat daar aangaan nie. Daar is net soveel ure in die dag, en blogging neem alreeds soveel van my tyd…
Augustus 25, 2009 at 9:32 vm
facebook help baie mense met hulle lewe Earl Thabo Louw my mxit nomer invite my galz
November 1, 2007 at 1:44 nm
Ek het ‘n Facebook profiel, maar spandeer minder as 30 minute per week daar. Ek gebruik min van die funksies omdat dit te “jonk” is vir my. Maar ek hou daarvan om daar te wees om te loer wat my seun doen. Maak dit sin?
Augustus 26, 2009 at 1:30 nm
Facebook is ‘n goeie ding om ons kinders besig te hou ons jonk mense geniet manet ons lewe ladys invite my 0735575062
Augustus 26, 2009 at 1:36 nm
ales wat mal is vi aal die dogs